Neels Jackson, Christen of Mao?s?

Deel op

ImageDie argument wat Neels Jackson op 7 Februarie in Beeld oor misdaad aanbied, hoewel vroom, is deelagtig in die logika van barbarisme.

Ons weet dat die harmonie van die stam in tradisionale Afrikasamelewings swaarder geweeg het as die regte van ‘n individu of van sy gesin. Volgens liberale antropoloë soos Hammond-Tooke kon ‘n moordenaar, dief of owerspeler maklik vergewe word. Die slagoffer se gesinslede moes met hom en sy verwantes versoen raak, want anders het groepsamehorigheid in die gedrang gekom en kon die stam nie meer as oorlewingseenheid in ‘n vyandige natuur funksioneer nie.

Deel op

Die argument wat Neels Jackson oor misdaad aanbied, hoewel vroom, is deelagtig in die logika van barbarisme.

Ons weet dat die harmonie van die stam in tradisionale Afrikasamelewings swaarder geweeg het as die regte van ‘n individu of van sy gesin. Volgens liberale antropoloë soos Hammond-Tooke kon ‘n moordenaar, dief of owerspeler maklik vergewe word. Die slagoffer se gesinslede moes met hom en sy verwantes versoen raak, want anders het groepsamehorigheid in die gedrang gekom en kon die stam nie meer as oorlewingseenheid in ‘n vyandige natuur funksioneer nie.

In komplekse moderne samelewings waar individue van duisende stamme of gesinseenhede mekaar daagliks as vreemdelinge aantref, moet hierdie versoeningslogika tot barbarisme lei. Elke misdadiger kan immers sy dade rasionaliseer – soos wat Jackson doen – in terme van ‘n gebrek aan versoening, die kloof tussen ryk en arm, die rassisme van die ander ras, en dergelike meer.

Elke Westerse land wat ek al besoek of bewoon het, verteenwoordig ‘n polisiestaat met polisie op straat, in die moltrein en oral. Selfs vir die geringste oortreding word mens gestraf. Daar heers ‘n verstikkende graad van beheer, veel erger as in Zimbabwe, met dié verskil dat dit redelik en beskaafd toegepas word. Die soort samelewing wat Jackson voorstaan – waar mense uit innerlike oortuiging en naasteliefde korrek optree – bestaan nêrens op aarde nie, behalwe miskien in dele waar mense nog tradisioneel in kleinerige stamme saamwoon en die prys betaal deur gebrek aan individuele regte.

Neels Jackson is ‘n gevaarlike denker. Sy utopiese opvatting van die reg moet noodwendig, soos die fascistiese en kommunistiese idealismes van die vorige eeu, tot verskrikking lei. Onderliggend aan die Jackson se begrip van “versoening” is ook ‘n radikale herverspreiding van rykdom wat niks verskil van die ou kommunistiese of sosialistiese gelykheidsideaal nie. Een van die slimste propagandatruuks van die ANC/SAKP tot dusver was die manier hoe hulle Marxisme-Leninisme in Christelike taal ingeklee het.

Moontlik is Jackson net ‘n naïewe Afrikanerdweper wat besig is om vir Tutu, Boraine en die res na te praat as dit by versoening-as-sosialisme kom. Aan die ander kant is hy moontlik ‘n Marxis-Leninis wat sy idees in ‘n kwasi-Christelike baadjie vir Beeld-lesers opdis.

Die verstommende opkoms van ‘n ekstreem-linkse faksie sedert 1994 onder Afrikaners is een van die aspekte van die sg. nuwe Suid-Afrika waaroor niemand nog geskryf het nie. Neels Jackson is een van diegene, soos Max du Preez, Antjie Krog en ander wat ‘n soort Maoïsme aanhang. ‘n Blote maatskaplike revolusie na die Sowejtmodel is vir hulle nie genoeg nie en slegs ‘n omwenteling van die omvang van Mao se “kulturele revolusie” sal hulle bevredig.

Boonop is Jackson besig om die gewone, wetsgehoorsame Afrikaner so te demoraliseer dat hy emigrasie as die enigste uitweg sal sien. Min Afrikaners sal immers uit eie vrye wil aan die kulturele revolusie wil deelneem waardeur hulle alles, hetsy hul besittings, hetsy hul taal en kultuur, gaan verloor.

финские саунылобановский александр харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.