Genocide Watch benodig u hulp

Deel op
Ek het verlede week die opleiding van 8000 “landelike jeugwerkers” deur die weermag onder Genocide Watch se aandag gebring. Hierdie organisasie was nie bewus van hierdie verwikkeling nie.

Hierdie opleidingsprojek, wat gesamentlik deur die department van landelike ontwikkeling en grondhervorming en die departement van verdediging uitgevoer word, wek vermoedens van gemene spel. Die opleiding van ‘n “landelike jeugwerkerskorps” deur die betrokke staatsdepartemente wat onderskeidelik vir grondhervorming en verdediging verantwoordelik is, wek kommer.

Dat ANCYL en die Jong Kommuniste as rekruteringspoel gebruik word, verdiep die vermoede dat onheil gepleeg word. Voeg hierby die department se weiering om jeugdiges van ander organsiasies (lees wit jeugdiges) te betrek en dit raak duidelik dat hier ‘n rasseprojek bedryf word.

Voeg by hierdie werklikheid die ope ondersteuning wat die minister van verdeging, Lindiwe sisulu, aan Julius Malema verleen. Hierdie situasie staan teen die agtergrond van Julius Malema se haatspraak jeens blankes en sy agenda om ‘n Zimbabwe-stylgrondroof in SA te onderneem. Onvermydelik bring dit mens onder die indruk dat hierdie “landelike werkers” die ekwivalent van Zanu PF se “oorlogsveterane” is.

Die betrokke staatsdepartmente weier om die curriculum van hierdie opleidingsprogram bekend te maak. Waarom die geheimhouding? Op die department van landelike ontwikkeling en grondhervorming se webwerf word allerhande linkse clichés gebruik om die kursus mee te beskryf. Hierdie beskrywings sal deur die naïewe leser as heel heilsaam geïnterpreteer word. Tog, vir diegene wat met die rassistiese oogmerke van ANCYL bekend is, kan dit anders gelees word. Daar is vae stellings op die webwerf wat ewe seer na ‘n Zimbabwe-tipe grondroof kan verwys.

Afriforum se versoek om ingevolge die Wet op toegang tot inligting die curriculum van hierdie opleidingsprogram te bekom, het nog steeds niks opgelewer nie. Die staat weier om te vertel waaroor die opleiding gaan. Hierdie geheimhouding dui op niks goeds nie.

Genocide Watch se vertrekpunt is dat meer inligting bekom moet word. Die hoë graad van geheimhouding deur die betrokke departemente maak dit moeilik.

Ek wil dus hiermee lesers aanmoedig om hul ore en oë oop te hou. Indien u enige inligting bekom, kan u dit óf na my persoonlik stuur óf na Genocide Watch. Ek het vir hierdie doel ‘n veilig geënkodeerde eposadres gestig wat aan die einde van hierdie artikel vermeld word.

Enige inligting wat u bekom, sal welkom wees. Tog, ek moet versoek dat die inligting outentiek en verifieerbaar moet wees. Blote bangmaakstories gaan ongelukkig nie die toets slaag nie. Indien u egter nie bronne het waarna u Genocide Watch kan verwys nie moet u bereid wees om eerstehands deur hulle gekontak te word. Sodoende sal u self as getuie vir die betrokke inligting kan optree. Indien u egter toegang tot dokumente, foto’s, artikels of enige ander inligting het, stuur dit asseblief aan.

U samewerking in hierdie kritiek belangrike onderdeming sal hoog op prys gestel word. Onthou egter dat hoewel die verskaffing van inligting aan ‘n internasionale, geloofwaardige organisasie soos Genocide Watch ‘n belangrike sending is, sal dit ons volk opsigself nie noodwendig van ‘n volksmoord vrywaar nie.

Genocide Watch het wel die geloofwaardigheid om internasionaal namens ons alarm te maak. Op sy beste sal dit beteken dat die internasionale gemeenskap ons te hulp sal snel. Op die minste mag dit beteken dat ons nie kwalik geneem sal word as ons optree ter selfbeskerming nie.

Nogtans, selfverdediging is eerstens ons eie verantwoordelikeheid. Sorg dat u inskakel by groepe wat u hiermee kan bystaan. Intussen moet ons die strewe na ‘n volkstaat versnel.

Stuur inligting vir my na boergenocide@perfectlyprivate.net

Ek sal vir Genocide Watch ook toegang tot hierdie adres gee om veiligeid te waarborg.

Indien u verkies, kan u inligting direk na Genocide Watch stuur by genocidewatch@aol.com

Фильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.