Verering van konsentrasiekamp se bevelvoerder ‘n skande!

Deel op

Na aanleiding van die artikel ‘Voortrekkers vereer Brit‘ deur Carien Kruger (Rapport) die volgende:

Wanneer enige regering of moondheid burgerlikes in konsentrasiekampe injaag, is dit ‘n misdaad teen die mensdom. Om te voorkom dat ‘n hoogs immorele daad verder daal in moraliteit móét die oortredende owerheied, op sy minste, verseker dat die aangehoudendes se lewens gered word. Indien ‘n konsentrasiekamp (wat reeds ‘n onwettige en immorele instelling is) so bestuur word dat mense sterf, is dit ‘n doodskamp en nie meer ‘n blote konsentrasiekamp nie.

Deur Irene dus van ‘n doodskamp in ‘n konsentrasiekamp om te skakel, maak lt. Alexander Bruce beswaarlik ‘n held. Hy het bloot ‘n groter misdaad in ‘n geringer misdaad verander. Om vir Bruce ‘n monument op te rig, is soos om ‘n aanvaller te vereer omdat hy jou vrou ‘net’ verkrag het en haar nie doodgemaak het nie.

Dat die aangehoudendes baie dankbaar vir Bruce se werk sou wees, sal ek stellig glo. Immers het daar skielik nie meer 17 mense per dag gesterf nie. Hy het hulle lyding tot ‘n groot mate verlig. Tog hy het nie hulle lyding weggeneem nie. Hy het ook nie hul onwettige aanhouding beëindig nie. Dis te verstane dat vanuit hul uiters desperate oogpunt hulle baie dankbaar was. Met alle respek aan hulle, maak dit Bruce nog geen held nie. Hy het bloot sy plig gedoen. Hy was ‘n “goeie” administrateur van ‘n onmenslike instelling.

Boonop is daar vele bewerings dat die Irene-konsentrasiekamp deur die Britse offisiere in Pretoria vir seksslawe gebruik is. Jong Boeremeisies so jonk soos elf jaar oud is uit die kamp ontvoer en herhaaldelik deur Britse offisiere verkrag en is agterna voos en gedaan na die kamp teruggestuur.

Dr. Danie Langner, kommandoleier van die Voortrekkerbeweging en direkteur van Solidariteit se Helpende Hand, se stelling “Die monument is ’n voorbeeld van Afrikaners wat sonder ’n volksromantiese bril na die verlede kyk …” skrei ten hemele. Dr. Langner versinnebeeld die tipe selfverloening wat gedy onder sekere post-apartheid-Afrikaners. Diegene sal enigiets sê of doen wat die Afrikaner se selfbeeld skade berokken. In hierdie geval word die vyand vereer!  Na my mening dui dit hoe laag Langner se kommando en Solidariteit/Helpende Hand gedaal het.

Dit het mode geword om die Afrikaner se geskiedenis te verkleineer. Op ‘n manier ly Langner, nes die gevanges van Irene, waarskynlik aan Stockholm-sindroom. “Ek is sleg en my onderdrukker is goed.”

Wat Langner nie besef nie, is dat ‘n volk juis sy eie gekiedenis deur ‘n “volksromantiese bril” behoort te beskou. ‘n Volk móét sy eie geskiedenis verromantiseer. Dis deel van die volksmite wat elke volk met selfrespek bou. Indien ‘n volk dit nie doen nie staan hy kaalgestroop, oop en weerloos om aangeval en afgebreek te word.

Die afkraak van die Afrikaner het reeds te ver gevorder. Die regime en Naspers doen dit met totale oorgawe. Om te midde hiervan ons eie lydingsgeskiedenis te wil “ontromantiseer” is ‘n kriminele daad teen onsself. Mens sou kon vra: As ons ons vyande met monumente vereer, waarom moet ons dan nog enigsens as ‘n volk bestaan?

Langer en sy organisasie sou veel beter doen indien hulle by die VN of in Den Haag sou aansoek doen om die volksmoord van die AOB tot ‘n misdaad teen die mensdom te laat verklaar, iets wat die Afrikaner al lankal moes gedoen het. So ‘n poging kan dan ook gebruik word om die huidige kruipende volksmoord teen ons onder die wêreld se aandag te bring.

Фильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.