Volksmoord: dit gebeur!

Deel op

Nog tot verlede naweek het ek gedroom om terug te keer na Suid-Afrika. Hierdie week het sekere dinge egter vir my begin duidelik raak. Soveel as wat ek wil glo dat die ergste nie in SA gaan gebeur nie, begin dit al meer so lyk.

Dis min dat ek so seker is van my interpretasie van gegewens. Wel, miskien is dit nie eens ‘n interpretasie nie maar bloot die besef dat gebeure besig is om vinniger te beweeg as wat selfs ek sou kon dink.

Oor die afgelope paar weke het ek iets begin doen wat ek al lankal moes gedoen het. Ek het toenemend die Engelse koerante begin lees. Dis veral die skokkende eerlikheid van gematigde (en radikale) swart rubriekskrywers wat my laat steier het onder wat buite die Afrikaanse dampkring bespreek word. Dis nie net ons wat die onweerswolke sien nie. Ons land is in ‘n baie groter gemors as wat Naspers, selfs PRAAG en ook die hordes Bybelversbesaaide regse blogs dit uitbeeld. Om dit pront te stel: SA is in drieletterwoordstraat.

Gaan lees maar Justice Malala se jongste rubriek in die Londense Guardian. Dis ‘n riller. Dis nou wel nie sy woorde nie, maar my eie opvatting daarvan:  Juju is Bloemfontein. Volgens Malala is Melema reeds Suid-Afrika se skadupresident of “president in waiting”.

Op die koop toe kry ek Maandag ‘n baie onstellende brief van dr. Gregory Stanton van Genocide Watch. Wel, ek wil nie ‘n brief wat aan my persoonlik gerig is woord vir woord aanhaal nie, maar kortom: Die mense by Genocide Watch tywfel nie eintlik meer of daar ‘n volksmoord in SA gaan wees nie. Dit blyk dat dit vir hulle ‘n gegewe is.

Vir my is dit klinkklaar dat ons primêre doelwit nie meer moet wees om oor volkstaatmodelle te redekawel nie. Die tyd is op! Ons hoofdoel moet wees om sterftes te voorkom. Ek is werklik daarvan oortuig dat daardie organisasies wat hulle met die Afrikaners se veiligheid bemoei, vinnig geraadpleeg moet word.

Dis hoe erg dit is!

Diegene wat mense voorberei het om in die uur van nood vinnig die voorstede te ontruim en diegene wat mense opgelei het om hulself te verdedig, sal vinnig met mekaar moet koördineer. Klaarblyklik gebeur dit reeds. Dank die Vader daarvoor!

My advies aan Afrikaners wat nog in SA is, is soos volg. As jy nie kans sien om te leer hoe om ‘n wapen te hanteer nie of hoe om met kampeertoerusting te oorleef nie moet jy jou paspoort regkry en vinnig. Moenie wag tot die chaos uitbreek nie want jy sal nie by die lughawe uitkom nie.

Stuur die kinders en die oues betyds landuit. Maak kontak met vriende en familie in die buiteland. Die weerloses gaan ‘n afklimplek benodig. Vergewis jou van die land waarheen jy beplan om te vlug se asielprosedure.

Vir diegene wat nie kans sien om die land te verlaat nie, sorg dat jy inskakel by daardie groepe wat weet hoe om so ‘n krisis te hanteer. Kry jou opleiding en toerusting nou. Jy kan nie langer wag nie.

прокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.