Soesjikoning bedank wittes vir sy sukses

Deel op
Kenny Kunene, Suid-Afrika se swart soesjikoning sê: “Toe ek uit die tronk gekom het, was dit blankes wat my ‘n werk gegee het” en “Malema ondersteun my in my uur van nood – Ek is nou nie van plan om hom in die koue te los nie”.

Die swart man wat graag soesji van nakende wit modelle se lywe af eet, Kenny Kunene, het sy sukses in besigheid toegeskryf aan wit mense.

In ‘n onderhoud met die Sowetan by die nuwe Southern Sun Hotel in Hyde Park, Johannesburg, praat Kunene, wat ‘n hele kameraspan op sleeptou het wat elke beweging van hom op film vaslê, vir die eerste keer openhartig oor sy klim na die bopunt van die sosiale leer en die korporatiewe wêreld.

Die omstrede sakeman sê swart mense, wat die grootste deel van sy kritici geword het, het hom nie gehelp om armoede te ontsnap nie.

Dit was blankes wat hulle deure oopgemaak het vir hom na 18 maande van werkloosheid, nadat hy uit die tronk gekom het.

“Toe ek uit die tronk kom, het ek geen werk vir 18 maande gehad nie, en toe ek uiteindelik ‘n werk by ‘n privaatskool kry teen R3 000 per maand (voordat geheimsinnig saketransaksies ingeskop het), dit was deur wit mense se toedoen.

“Ek is deur wit mense gemaak en nie ‘n enkele swart persoon nie, insluitende diegene wat my nou kritiseer,” het Kunene Dinsdag gesê.

Hy sê toe hy werkloos was en gesukkel het, het die meeste swart mense hulself van hom gedistansieer.

топкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.