Mbeki druk ‘n mes in publiek se gesig

Deel op
In ‘n koue tegnokratiese toespraak wat weereens sinspeel op “die lelike en afstootlike verlede” het Thabo Mbeki vandag ‘n mes in die publiek se gesig gedruk. Verwagtinge dat hy oplaas die erns van die misdaadsituasie in die land sal besef, is wreed teleurgestel.
Deel op

Al wat Mbeki kon aanbied, was beloftes dat nog 30 000 polisiemanne oor die volgende drie jaar aangestel gaan word om hul geledere op 180 000 te staan te bring. Gegewe die korrupsie, onbekwaamheid en misdaadgeneigdheid (25% van alle polisiemanne beskik oor misdaadrekords) wat in die polisie heers, gaan dit kwalik enige effek op misdaadvlakke uitoefen.

Mbeki het nie die boodskap gekry nie. Die smeekbedes van die sakesektor, die koerantredakteurs, burgerlike aktiviste, maar bowenal die pyn van die derduisende misdaadslagoffers, het nie tot hom deurgedring nie.

Net gisteraand het die BBC se Newswatch ‘n program oor misdaad in Hillbrow en ander stedelike gebiede aangebied. Suid-Afrikaanse misdaad is besig om berugter as apartheid te raak. Terwyl die anti-apartheidspropaganda ruimskoots van hiperbool gebruik gemaak het, word die misdaadvlak in die land tans grotendeels onderskat.

Ons leef in anargie en ly elke dag onder die aanslag van moord- en roofbendes.

Soos min ander presidente voor hom, het Mbeki in sy amp gefaal.

хамам этодепутат лобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.