Zuma se hond Julius

Deel op

Nugter waarnemers, in die aanloop tot die 1994 algemene verkiesing, het voorspel dat die ANC nie kultureel en intellektueel gerat is om ‘n land suksesvol te bestuur nie. Die ANC het dié sieners se duisterste profesieë oortref en ‘n welvarende land tot in groot en groeiende ellende bestuur. Maar Afrikaners moet ontsag hê vir een intellektuele en praktiese vermoë van die ANC: Daar is nie ‘n beter, vlugvoetiger of meer instinktiewe politikus as die Afrika-inboorling nie. As ‘n mens dít in gedagte hou, lyk dit tog of daar iets meer steek in Julius Malema se optrede. En die choreograwe daarvan is die ou gesoute drietal: Gwede Mantashe, Kgalema Mothlanthe en Jacob Zuma self.

Zuma se groeiende probleem is om twee onversoenbare vleuels in sy party te akkommodeer. Aan die eenkant moet hy aan die onrustige, geharde rewolusioniste bewys dat hy ‘n radikale Afro-Nasionalis is, bedag daarop om die blanke gevaar te ontlont en om witmense se kluise, spense en graansuiers leeg te stroop om aan die honger massas te oorhandig. Doen hy dit luidkeels, tot hulle bevrediging, vervreem hy ‘n groeiende ANC middelklas wat toenemend onrustig is dat hulle nuwe welvaart by die dreinkolk van ‘n populêre rewolusie af gaan spoel.

Hoe moet ‘n verrinneweerde president iets sê en nie sê nie? Hoe moet hy dreig en skel… en terselfde tyd hardop sug vir vrede? Hoe moet hy twee uiteenlopende dinge uit een mond sê? Wat hy nodig het, is nog ‘n mond, een onder sy beheer maar oënskynlik onafhanklik, soos ‘n buikspreker se pop. Zuma het sy tweede mond in Julius Malema gekry.

Malema het vir die eerste maal sy waarde bewys met die aanloop van die ANC se nasionale konferensie te Polokwane in 2007. Die jong Turk het die vryheid gehad om die ekstremistiese gepeupel agter Zuma te snoer. Ter selfde tyd kon hy onder Mbeki en dié se ondersteuners inklim, om hulle te vermorsel… te byt as’t ware, byt vanuit sy amp as Zuma se hond. Zuma kon vroom genoeg die sentristiese magsblok met sy sjarme ontwapen.

Na Malema se onverwagse sukses in die ondergrawing van Mbeki, het ‘n ellelange lys moontlikhede by die ANC se topbestuur geregistreer. Hulle het gou ‘n klopdans-en-resitasiekonsert van hulle eie ontwikkel. Malema kan die massas aanspreek en oprui op ‘n vlak waar selfs Zuma die populis hulle nie kan bereik nie.

Dit staan Malema vry om te betoog vir nasionalisering van myne, die versnelling en uitbreiding van Swart Ekonomiese Bemagtiging en plaasonteiening op die patroon van Zimbabwe. Elkeen van hierdie uitsprake, wat hy met soveel entoesiasme en drif voordra, is duisende stemme werd. Die ontgogelde, verarmde en talryke jongelinge van die land, kan nie genoeg hiervan kry nie.

Die meesterstreep is egter dat Zuma nie net die ondersteuning van die gematigde stemblok kan behou nie – hy kan hulle selfs beïndruk. Elke keer as hy of Mantashe vir Malema in die openbaar berispe – met ‘n skaars bedekte knipoog in Malema se rigting – brom die gematigde ANC-lid goedkeurend.

Tans word Zuma se hond net losgelaat om te blaf. Dit sluit nie die moontlikheid uit dat hy sal byt wanneer hy reken die situasie regverdig dit nie – of wanneer sy hanteerder hom loslaat om dit te doen nie. Die ANC kan nie onbepaald verwag om sy onbeholpe, korrupte gang te midde van wye applous, of selfs die gebruiklike onvoorwaardelike ondersteuning, te gaan nie. Terwyl die party altyd op ‘n harde, bygelowige kern ondersteuning kan reken, is dit duidelik dat die ANC binnekort, vir die eerste keer, werklike stembusdruk gaan ervaar. Die DA het die ANC se handboek met drif en koors ontleed en gememoriseer en deesdae speel hulle die spel wat die regerende bende ontwerp het met oorgawe en met verbasende vernuf. Hulle lok beslis al hoe meer ontgogelde ANC’ers. Maar die les van Afrika is dat wanneer ‘n diktator – as enkeling of party – op die hakke gedruk word, kom die lang messe uit. Dan word die honde van die wurgketting afgehaal om te byt.

Mao het sy vrou gehad, Mugabe sy Hitler Hunzvi… Zuma het sy Malema. Maar hy moet pasop.

Die persoon wat uiteindelik die diepste en noodlottigste deur sy hond gebyt kan word, is die eienaar self. Malema is as’t ware hondsdol van magslus. Glo dit maar, die leierskap van die Jeugliga is vir hom maar net om op te staan en te reik vir die enigste presidentskap wat werklik vir hom saak maak – die een wat tans in Zuma se besit is. Met ‘n paar honderdduisend straatbrakke wat saamblaf en –byt, kan Malema die landskap in ‘n post-Zuma puinhoop verander. Die trapsuutjiemanier waarop die senior ANC-bestuur op eiers dans in die skynverhoor van Malema rafel hulle eie gesag oor hom net meer uitZuma se aanwending van sy hond kan egter ook ‘n tweede, verreikende gevolg hê: Hoe meer Malema skuim om die mond, hoe meer hy sing oor Boere wat geskiet moet word en plase wat oorgegee moet word, hoe dieper grawe hy die kloof tussen swart en wit in die land.

Uiteindelik gaan genoeg Afrikaners die onvermydelike gevolgtrekking maak dat hulle ‘n eie heil in hulle eie land sal moet uitwerk; ‘n land waar sulke honde is waar hulle hoort – op hok.

данильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.