Diaspora vs. tuisland

Deel op

Ek verwys na Leopold Scholtz se gebrekkinge hantering van die vergelyking tussen Israel en die RSA meer spesifiek die Afrikaner.

Dat daar ernstige vergelykings gemaak kan word is baie waar, maar Leopold mis die kernwaarheid naamlik dat die Jode tydens hul ballingskap hul geestelike tuiste behou het in die Bybel en toe hul fisieke tuiste en veiligheid teruggekry het in 1968 in 'n volkstaat. Net soos wat later die vrede in die Balkanstate gebring het.
Deel op

Die Jode het volgens die Bybel meer as een keer hul tuisland verloor agv geestelike afvalligheid maar meer spesifiek hul eie Fariseërleierskap – ongeregtigheid ontrouheid en onbarmhartigheid. Onbeskryflike vervolging van die Jode in die diaspora is welbekend.

Daarteenoor egter put die Palestyne en die ganse Islam volgens die segsman van Hamas op die BBC alle motivering om voluit te gaan vir die wêreld-erkende, oop veelpartydemokrasie soos in die nuwe reënboog-SA.

Net soos wat die Amerikaners in Irak probeer doen.

Met dieselfde gevolg, naamlik skrikwekkende geweld en wetteloosheid.

Israel se les vir die Afrikaner behoort duidelik te wees – eers 'n geestelike tuiste en daarna om 'n fisieke tuiste moontlik te maak.

Maar die groot vraag is of daar beter veiligheid in die diaspora van ’n reënboognasie te vinde is.

 

коляски для кукол беби борнлобановский харьков класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.