Chinese president prys Afrika se bydrae tot ewolusie

Deel op

Image

Hu Jintao

Die Chinese president, Hu Jintao, het eergister ’n miljoen dollar geskenk aan UNESCO se Wêrelderfenisfonds. Dié bedrag sal aangewend word om die vasteland se erfenisgebiede te bewaar. Dit volg op Hu se besoek aan die Wieg van die Mensdom, by Maropeng buite Krugersdorp.

Deel op

Volgens Hu is die fossiele wat hy hier gesien het “bewys dat Afrikane belangrike bydraes tot menslike ewolusie gemaak het.”

NUUT!

Prof Philip Tobias, bekende paleontoloog, het die skenking verwelkom en gesê dat die geld Afrika in staat sal stel om ’n droom te verwesenlik en sy erfenisgebiede behoorlik te bewaar.

Afrika het tans 63 gebiede op die Wêrelderfenislys, uit ’n totaal van 788.

Hu pak nou die laaste gedeelte van sy Afrikareis aan, wanneer hy in die Seychelles aankom. Hy het die afgelope paar dae Kameroen, Liberië, Soedan, Zambië, Namibië, Suid-Afrika en Mosambiek besoek.

In Suid-Afrika is Hu deur Thabo Mbeki ontvang en die twee staatshoofde het op 6 Februarie ’n handelsooreenkoms onderteken. Suid-Afrika voer jaarliks ongeveer 4.37 biljoen dollar se goedere van China in, terwyl produkte ter waarde van sowat 1.2 biljoen dollar van hier na China uitgevoer word.

Hu het ook ’n byeenkoms by die Universiteit van Pretoria toegespreek. Hier het hy na die “ryk tradisie van samewerking” tussen China en Afrika ten opsigte van internasionale aangeleenthede verwys. China en Afrika behoort standpunt in te neem teen die wêreld se “ryk boelies”, volgens die Chinese president. Aangesien China self “koloniale aggressie” ervaar het, sal die Chinese nooit aan Afrika voorskryf wat om te doen nie.

Gedurende sy Afrikareis het Hu miljoene dollar in aalmoese uitgedeel en skuld afgeskryf. In ruil sal China die grondstowwe bekom wat nodig is om die fenomenale ekonomiese groei in die land aan te help. China se handel met Afrika het verlede jaar 39.7 biljoen dollar beloop. Naas die VSA en Frankryk is China nou die vasteland se derde grootste handelsvennoot.

no deposit slotsданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.