Laat Oliver Tambo oranje proe

Deel op

"Teenoor Jan Christaan Smuts se holisme staan Oliver Reginald Tambo se terrorisme: die Kerstraatbom in Pretoria was sy enigste intellektuele nalatenskap."

Deel op

Nêrens het die sirkusagtige aard van ANC-regering so duidelik opgestyg (en neergestort) soos tydens vandeesweek se tweede naamsverandering van Jan Smuts-lughawe nie.

Naamsveranderings geniet hoë prioriteit by die regime: dit verteenwoordig ‘n belangriker element van regering as om Suid-Afrikaners se veiligheid te verseker of om ‘n behoorlike vervoer-, onderwys- of gesondheidstelsel in stand te hou.

Volgens amptelike statistieke is daar reeds 833 nuwe name sedert 2000 goedgekeur. Hierdie syfer gaan binnekort styg, want ek het op goeie gesag verneem dat die Vrystaatse provinsiale regering 2500 name in daardie provinsie in ‘n naamrevolusie van ongekende omvang  wil verander.

In die volksmond sal die land se grootste lughawe in Kemptonpark altyd as "Jan Smuts" bekend staan. Hoeveel mense is daar nie wat steeds daagliks vra, "Hoe laat moet ons by Jan Smuts wees?" of "Sal jy omgee om my Jan Smuts toe te neem" nie. Selfs in die totalitêre transformasiestaat kan die ANC nuwe borde langs die paaie aanbring of ‘n swartlys vir die SAUK aanhou, maar hy kan nie beheer hoe ons praat nie.

J.C. Smuts was ‘n staatsman, intellektueel en skrywer wat die teorie van holisme in sy boek Holism and evolution ontwikkel het. Teenoor Jan Christaan Smuts se holisme staan Oliver Reginald Tambo se terrorisme: die Kerstraatbom in Pretoria was sy enigste intellektuele nalatenskap.

Tambo was ‘n dinosourus en ‘n marionet wat meesal vanuit die destydse Kremlin beheer is. Die tydvak van sy leierskap – indien so ‘n verhewe woord hoegenaamd van toepassing is – kan vandag net met skaamte in herinnering geroep word. Benewens die ANC se verbintenis tot terreur op Suid-Afrikaanse burgerlikes onder hom, was daar Tambo se verklaarde steun in 1968 vir die Sowjet-inval in die Tsjeggiese hoofstad Praag.

In die sewentigerjare het die ANC se Radio Freedom en ondergrondse pamflette openlike rassehaat gepredik en swart Suid-Afrikaners aangehits om blankes dood te maak, hetsy met gesteelde wapens, hetsy deur gif in hul drankies te gooi.

Die lughawemaatskappy kon net sowel die vliegveld oos van Johannesburg na Osama bin Laden vernoem het. Sowel O.R. Tambo as die radikale Saoediër het onder "politiek" slegs nihilistiese moordaanvalle op burgerlikes begryp.

Hierteenoor was Jan Smuts ‘n Boeregeneraal wat persoonlik sy lewe gewaag het in ‘n regverdige vryheidstryd teen koloniale Brittanje. Ná die oorlog het hy ‘n versoenende rol tussen Boer en Brit gespeel en verskeie kere as eerste minister van sy land gedien. Hy is nie net in Suid-Afrika geëer nie, maar ook in die tuisland van sy eertydse vyand waar hy met vele toekennings omhang is en onder meer tot kanselier van die beroemde Cambridge-universiteit verkies is.

Smuts het die konsepaanhef van die Verenigde Nasies se Universele Verklaring van Menseregte geskryf en was een van die groot internasionale leiers van sy tyd. Om Tambo se afskuwekkende naam in die plek van syne te stel, verteenwoordig ‘n klap in die gesig van elke Suid-Afrikaner wat van beter weet en nie deur die regime se propaganda mislei word nie.

Dog die stryd teen arbitrêre en kwetsende naamsveranderings betree nou ‘n nuwe fase. Die Afrikanervolk is keelvol vir ANC-magsvertoon en -korrupsie en gaan nie langer dié soort verkwisting van belastingbetalersfondse duld nie.

Net soos ons die naamsveranderings van Pretoria, Potchefstroom, Lydenburg en die dorpe in die Noord-Transvaal verwerp, staan ons die verdringing van Jan Smuts-lughawe se naam teen. Teenstand, verset en guerilla-aksies soos die doodverf van naamborde of die gooi van ‘n oranje verfbom na die kitsch borsbeeld van Terroris Tambo wat iewers by Jan Smuts opgerig is, sal verskerp moet word.

Die kleur oranje en veral in die kombinasie oranje-blanje-blou is besig om sy oeroue konnotasie van vryheid in die aangesig van tirannie te verkry soos toe ons voorouers in Nederland nog teen die Spaanse Ryk onder Prins Willem die Swyger in 1570 gestry het. Vandag veg ons teen Mbeki se Xhosa-empaaier wat ons uit ons vaderland wil verdryf en elke spoor van ons vorige teenwoordigheid in die land wil uitwis. Teenoor naamsveranderings en opgeblase magsvertoon staan die gewone burger en Afrikaner op, gewapen met ‘n spuitkan, ‘n verfkwas en sy skeppende verbeelding.

Tambo was ‘n moordenaar wat ons met sy bomme en kleefmyne geterroriseer het. Hy het ons land rooi probeer verf, die rooi van verspilde bloed in Kerkstraat op 20 Mei 1983, maar ook die rooi van sy Stalinistiese ideologie.

Dis hoog tyd dat dié oorskietfiguur uit die Koue Oorlog die smaak van helder oranje proe. Ek kan nie wag om te sien hoe Tambo se naam en standbeeld, asook die bankrot ideologie wat hy verteenwoordig, kleurvol beveg word nie.

Soos Jan F.E. Celliers van ouds gesê het: "Komaan! …daar’s ‘n stryd te stry, daar’s werk!"

{mos_mb_discuss:13}

how to play cludoФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.