Die post-1994-dubbeldinkery

Ek het onlangs begin om ‘n amperse verslawing te ontwikkel, maar gelukkig is hierdie ‘n relatief skadelose. Dis aan oudioboeke. Daar bestaan hope klassieke boeke wat gratis beskikbaar is om van die internet af te laai, byvoorbeeld boeke van Dostojewski en Kafka. Een van die boeke wat ek onlangs afgelaai het, is Orwell se 1984. Ek het die gedrukte weergawe jare gelede gelees, maar dit was vóór 1994. (Laai 1984 gerus hier af vir jou MP3-speler of om op jou rekenaar te luister.)

Vandag is 1984 uiters relevant vir die kommunistiese staat wat die Nuwe! Verbeterde! Azanië sedert 1994 geword het. Die titel kon inderdaad net sowel 1994 gewees het.  1984 is al beskryf as ‘n verstommende insig in die daaglikse lewe in ‘n kommunistiese staat, sonder dat die outeur self in so ‘n staat gewoon het. Orwell was wel self eens ‘n toegewyde sosialis, wat aan die kant van die sosialiste in die Spaanse burgeroorlog geveg het. Hy is egter ontnugter deur die vergrype van Stalin, en die fisiese beskrywings van Big Brother se gesig wat in 1984 op plakkate verskyn, klink baie na dié van Stalin.

Dit is ysingwekkend om die ooreenkomste tussen die distopiese Oceania van 1984 en die huidige Azaniese bestel raak te sien. Dan Roodt se rubriek oor die absurde standpunt van prof Pierre de Vos, ‘n homoseksuele aktivis en professor in die regte tydens ‘n sogenaamde SABC-debat, wat meen dat daar nie so ‘n ding soos ‘n Afrikanerminderheid is nie, maar andersyds en op klaarblyklik skisofreniese wyse ‘n belasting op daardie einste Afrikanerminderheid voorstaan, het my juis genoop om hierdie rubriek te skryf. Die alomteenwoordige verteller in 1984 beskryf die kranksinnige vermoë om twee teenstrydige standpunte soos De Vos s’n te internaliseer, soos volg:

“The power of holding two contradictory beliefs in one’s mind simultaneously, and accepting both of them… To tell deliberate lies while genuinely believing in them, to forget any fact that has become inconvenient, and then, when it becomes necessary again, to draw it back from oblivion for just as long as it is needed, to deny the existence of objective reality and all the while to take account of the reality which one denies — all this is indispensably necessary. Even in using the word doublethink it is necessary to exercise doublethink. For by using the word one admits that one is tampering with reality; by a fresh act of doublethink one erases this knowledge; and so on indefinitely, with the lie always one leap ahead of the truth.”

Verteenwoordig bostaande paragraaf, wat in 1948 reeds geskryf is, nie ‘n uitstekende insig in die absurde en inderdaad kranksinnige politieke korrektheid en leuens waaraan onder andere De Vos hom skuldig maak nie? De Vos koester eweneens die teenstrydige gedagtes dat blankes ‘n skuldlas dra en moet opdok, behalwe natuurlik hy, die blanke De Vos self, wat self tog te lekker op die blanke belastingbetaler teer, daar in sy akademiese pos. Konsekwentheid sou uiteraard van De Vos vereis om onmiddellik ten gunste van ‘n swart regstellende-aksie-aanstelling uit sy “onverdiende” pos as professor in die regte te bedank. Eintlik is dit nie net De Vos nie, maar baie blankes wat sulke waansin ons eie gemaak het. Daar is geen beter voorbeeld van “dubbeldinkery” as die teenstrydigheid van regstellende aksie nie. Jy sal byvoorbeeld dikwels kry dat baie blankes apartheid sonder meer veroordeel, maar dan instemmend knik dat die skreiende rassisme van antiblanke regstellende aksie noodsaaklik sou wees.

Rassisme is dus verkeerd, behalwe as die ANC-regime se Big Brother dit toepas, dan word dit eensklaps noodsaaklik.  Baie liberale blankes sal, nes De Vos, ook instem dat blankes kwansuis ‘n onregverdige voordeel destyds geniet het, maar dan op die mees hoogheilige wyse denkbaar steeds self in ‘n voormalig blanke buurt woon, en hulle kinders na ‘n meestal blanke skool stuur. Boetedoenery, in terme van De Vos en hierdie hoogheiliges se dubbeldinkery, is dus iets wat ánder mense moet doen.

Nog ‘n sentrale tema in 1984 is die stelselmatige uitwissing van die verlede en die moedswillige demonisering van die vorige bestel. Die owerhede in 1984 skep dus ‘n karikatuur van die bose kapitalis van die vorige bedeling, wie se dienaars glo die gepeupel uit die pad gestamp het as die kapitalis op die sypaadjie geloop het, en wat die gewone man op straat glo gewetenloos uitgebuit het. Dink bloot aan die onnadenkende demonisering van die vorige bestel in Suid-Afrika, wat sonder meer as boos uitgekryt word, om die ooreenkoms te sien. Niks wat die vorige bedeling gedoen het was goed nie; nie die bou van die beste infrastruktuur in Afrika nie, nie die afwesigheid van werkloosheid onder Verwoerd nie, nie die lae moordkoers vergeleke met vandag s’n nie,nie die goeie gesondheidsdienste vir alle bevolkingsgroepe nie, niks nie. Aan die ander kant word die sogenaamde prestasies van die huidige bestel opgehemel, al stort die rioolplase in duie en al plunder die kaders na hartelus.

In 1984 word die geskiedenis telkens aangepas om die huidige bestel ter wille te wees. Vorige toesprake van Big Brother wat foutiewe voorspellings maak, word in die media aangepas (laasgenoemde is juis die hoofkarakter se werk), denkbeeldige en fiktiewe helde word geskep (Albertina Sisulu en ‘n legio ander sogenaamde struggle-onbenullighede na wie diverse strukture vernoem word, strukture wat ironies deur die vorige bedeling opgerig is). Mense wat by Oceania se regime in onguns verval het, word letterlik uitgewis – hul foto’s word verwyder uit vorige koerantuitgawes. Dink bietjie aan die stelselmatige verguising van die Afrikaner se geskiedenis, die letterlike uitwissing van Afrikanername, die afbreek van Afrikanermonumente, die heldeverering van die Xhosa-afgodjie Mandela en die uitwissing van sy gewelddadige terreurdade, en die ooreenkomste tussen Oceania in 1984 en Azanië in 2011 is onmiskenbaar.

‘n Aanpassing van 1984 sou inderdaad ‘n goeie grondslag wees vir ‘n nuwe, satiriese roman in Afrikaans om die distopiese, gewelddadige anti-blanke en anti-Afrikanerdubbeldinkery van die post-1994-Azanië te beskryf.

интернет магазин товаров для новорожденных

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.