ANCYL en die tweestadiumrevolusie

Deel op

Onlangs skryf Anton Barnard dat ‘n revolusie nie vanuit swart geledere nie, maar wel vanuit wit middelklasgeledere verwag moet word. Ek het heelwat waardering vir Anton Barnard se goed bereneerde menings en geniet sy passievolle skrywes. Met respek wil ek dus met hom verskil oor die waarskynlikheid, aldan nie, van ‘n “swart revolusie”.

Binne die ANC word nog steeds van die nasionale demokratiese revolusie (NDR) gepraat. Tog, met die 1994-verkiesing en die daaropvolgende dekade van grootskaalse “transformasie” is die nasionale demokratiese revolusie eintlik reeds voltrek.

Die klem wat nou geplaas word op nasionalisering en die onteiening van bates pas veel eerder binne die raamwerk van die tweestadiumrevolusie wat die SAKP reeds sedert die 1950s propageer. Dit is vernaamlik die sosialistiese revolusie (die tweede stadium ) wat nou gedryf word.

Opmerklik is dat die tweede stadium deur die ANCYL nagejaag word en klaarblyklik nie deur die SAKP nie. Dit wil amper voorkom asof die SAKP tevrede is dat die sosialistiese revolusie nie plaasvind nie.

Die SAKP is van vroeg af oorheers deur blanke Engelssprekende Marxiste. Die vroeë SAKP het gestrewe na die omverwerping van die wit regering. Vanaf die 1960s ontvang die ANC en SAKP direkte hulp vanaf Moskou. Dit sluit militêre bystand, finansiering, opleiding, advies, kundigheid en verskeie ander elemente in.

Met die ineenstorting van die Sowjetunie word die hulp gestaak en gevolglike aansporing tot revolusie verlaag. Kort daarna verkry die ANC/SAKP-alliansie beheer oor SA. Waar die SAKP eens ideologiese leiding aan die ANC gebied het, is dit vandag klaarblyklik bloot ‘n passasier op die ANC-soustrein. Die SAKP-leierskap geniet die materiële bevoorregting wat hulle in die huidige bestel belewe. Blade Nzimande het hom selfs al teen Julius Malema se nasionaliseringsplanne uitgespreek.

Vandag leef die sosialisties revolusionêre gees voort binne die ANCYL en klaarblyklik nie die SAKP nie. Sowel die wêreldtydsgees van jeugopstandigheid as die enorme werkloosheid (70%) onder SA jeug, maak hierdie groepering uiters vatbaar vir oproepe tot ‘n sosialistiese revolusie.

Dat daar binne die ANC en ANCYL steeds oor ‘n nasionale demokratiese revolusie (wat eintlik reeds afgehandel is) en nie oor ‘n sosialistiese revolusie gepraat word nie, hou waarskynlik deels verband met die slegte verhouding tussen die ANCYL en die SAKP, asook ‘n doelbewuste poging om nie die Afrika-nasionaliste binne die ANC te veel om te krap nie.

Daar word dikwels na Malema as ‘n Afrika-nasionalis verwys. Malema is egter meer as dit. Julius Malema het Afrika- (swart) nasionalsime met die kommunistiese ideologie vermeng in ‘n mate wat laas in die PAC gesien is. Na homself verwys hy as ‘n “communist in training”.

Anton Barnard se aanspraak dat ‘n swart revolusie onwaarskynlik is, grond hy daarop dat die hernieude revolusionêre gees in die ANCYL nie deur ‘n middelklas gevoer word nie. Vir my kom dit onjuis voor en wel om die volgende redes:

  1. Reeds vir die afgelope 17 jaar verkeer SA binne ‘n revolusie, die sg nasionale demokratiese revolusie. Revolusie is dus nie ‘n nuwe verwikkeling nie.
  2. Malema se idees is besig om vinnig veld te wen binne alle lae van die swart bevolking.
  3. Die intellektuele, ideologiese fondament en strategie vir ‘n sosialistiese revolusie is reeds deeglik in die 1950s deur die SAKP gelê.
  4. Die impak van Robert Mugabe se “morele” invloed en leiding op die ANCYL moet nie onderskat word nie.
  5. Gegewe die enorme en groeiende armoede onder SA swartes is die tyd ryp vir die sosialistiese alternatief.

Wat die nasionale demokratiese revolusie egter bewys het, is dat revolusionêre verandering sonder geweld gevoer kan word. Weliswaar vervul plaasmoorde ‘n revolsionêre doel, naamlik die verdrywing van boere van hul grond. Tog, in welke mate is plaasmoorde eerder ‘n voorspel vir ‘n sosialistiese geweldsrevolusie?

Op Genocide Watch se webwerf is SA so pas opgegradeer van volksmoord vlak 5 na vlak 6 met die volgende beskrywing:

“South Africa (level) 6 : Potential Massacres

Victims: Whites, women (high rape rate)

Killers: ANC Youth, black Marxist racists”

Behalwe die reeds hoë verskynsel van plaasmoorde en ander antiwit geweld is daar die konstante haatspraak deur Julius Malema. Vandeesweek het ons gesien hoe sy gewraakte moordlied spontaan deur betogers op die UV-kampus gesing is.

Niks laat egter die waarskuwingsligte meer flikker as die opleiding van 8 000 “landelike werkers” deur die Weermag nie. Hierdie program wat nogal deur die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming van stapel gestuur is, verteenwoordig die ooglopende opbou van ‘n militêre mag wat in die landelike gebiede moet opereer. Waarvoor? Hierdie is ‘n besettingsmag wat vir die plase bedoel is.

Net swart jeugdiges word gewerf. Wees verseker dat die ANCYL die hoofvoedingsbron vir rekrutering is. Boere kan maar kennis neem dat wanneer hulle sou weier om hul plase te ontruim hierdie mag ingestuur gaan word. Dit gaan gewelddadig wees.

Stedelinge met tweede of derde huise moet ook nie glo hul beleggings is veilig nie. Die wetlike voorstelle wat ter spake is, tref geen onderskeid tussen soorte “grond” nie.

As Afrikaners nou nog hoop dat die ergste nie gaan gebeur nie is hulle óf onnosel óf baie onverskillig.

‘n Sosialistiese revolusie sal waarskynlik deur regeringsbeleid van stapel gestuur word, soortgelyk as wat met “transformasie” (NDR) gedoen is. Die ANCYL sal met volgende jaar se ANC-leierskapsverkiesing sy mag binne die ANC konsolideer. Daarna sal die ANC ‘n ondubbelsinnige opdrag hê om nasionalisering en onteiening te begin toepas.

Hoewel die grondwet gewysig mag word om grond sonder vergoeding te neem, is dit nie ‘n voorvereiste nie. Regoor Afrika tree regerings buite daardie state se grondwetlike bepalings op. Ook die ANC toon groeiende ongeduld met sowel die SA grondwet as die Grondwetlike Hof.

In Zimbabwe word boere met die dood gedreig as hulle hulself tot die hof wend. Gevolglik ontruim hulle hul plase met die minimum weerstand. Blanke samewerking sal na die Zimbabwe-voorbeeld met geweld afgedwing word. Intussen kan verwag word dat sporadiese geweldsaanvalle en intimidasie teen wittes sal verskerp. Dit kan verwag word dat ‘n mag van “landelike werkers” ‘n sentrale rol hierin sal speel. Wanneer volsterkte (8 000) bereik word, sal die konflik na alle waarskynlikheid tot volskaalse besettings ge-eskaleer word. Weerstand sal met geweld begroet word.

Die nuutste poging deur die ANC-leierskap om teen Malema en die ANCYL-leierskap op te tree is ‘n deursigtige poging om ANCYL voor aanstaande jaar se leierskapsverkiesing te elimineer. Zuma en kie. weet dat Malema te veel mag verwerf het. Met Malema nou teen Zuma se kandidatuur gekant, kan dit die einde van sy presidensie beteken.

Of Zuma-hulle daarin sal slaag om Malema vir 5 jaar te skors is ‘n ope vraag. Indien dit wel gebeur, kan dit grootskaalse onstabiliteit vir SA meebring. As Malema, die populis, op die punt staan om alles te verloor bestaan die risiko van jeugopstande, soortgelyk aan dié in die Midde-Ooste.

Hoe die volgende jaar ook al verloop, sonder die vermoë om geweld met mag te begroet, gaan Afrikaners ‘n ramp tegemoet.

Bollywood StoryДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.