Nog gedagtes oor ekonomiese oorlewing en selfbeskikking

Suid Afrika is nou volledig ‘n partystaat en nie meer ‘n demokrasie nie. Binne ‘n partystaat vervaag die grense tussen die staat en die heersende party.

Vanweë Afrikane se historiese geneigdheid om van sy omgewing te oorleef en gesien binne Afrika se denkmodel wat daaruit voortspruit, is dit baie maklik vir westerlinge om die ANC te beskou as die grootste georganiseerde misdaatsindikaat op aarde, maar wat instinktief hul plunderbeleid op ‘n selektiewe moraliteit verdedig.

Die sindikaat se netwerk word daagliks versterk deur ‘n beleid van Transformasie, Swart Ekonomiese Bemagtiging, Kader Ontplooiïng en Regstellende Aksie. Hierdeur word miljarde rande vanuit die ekonomie na die ANC se organe en ondersteuners herlei, met die strategiese doel om ANC-hegemonie te perpetueer.

As gevolg hiervan en deurdat ‘n groeiende belastinglas en krimpende werksgeleenthede hulle op ‘n selektiewe manier verarm is dit onvermydelik dat Afrikaners ‘n ernstige oorlewingsprobleem sal ondervind.

Hoewel hulle die kundigheid besit om ‘n wesenlike bydrae tot die land se ekonomie te maak, word witmense as tweedeklas burgers utgerangeer. Daardeur word ernstige skade aan die ekonomie en landsbestuur berokken.

Die beleid van transformasie en kaderontplooing het verorosaak dat die landsbestuur sy institusionele geheue verloor het en dat kumulatiewe kundigheid en ervaring weggekalwe is. Duisende onbekwame amptenare het ‘n leë dop van alle regeringsvlakke, selfs tot op munisipale vlak gemaak.

Die gebrek aan werksgeleenthede vandag en vertroue in die toekoms het honderde-duisend kundiges die land reeds laat verlaat. Sonder hul kundigheid sal Suid-Afrika waarskynlik binne die volgende 6 tot 10 jaar implodeer.

Aangesien daar by westers georiënteerde mense ‘n kousale verband tussen politieke selfbeskikking en ekonomiese vooruitgang bestaan, sal Afrikaners beheer oor hul politieke toekoms moet neem om ekonomies te kan oorleef en te presteer.

Om dit te bereik moet Afrikaners beheer oor ‘n gedeelte van die ekonomie verkry, want daar is geen volhoubare toekoms onder die huidige politieke en ekonomiese stelsel nie.

As witman staan die Afrikaner nou alleen, ongeag die politieke party wat hy ookal vandag mag ondersteun. Alle witmense word as ‘n demografiese groep uit die ekonomie en landsbestuur deur wetgewing en regeringsbeleid uitgesluit. Armoede en ellende is Afrikaners se gemeenskaplike vyand en daarom is dit verstaanbaar dat Afrikanernasionalisme en ander ideologiese oorwegings vandag ondergeskik is aan ekonomiese oorlewing. Om te kan oorleef moet alternatiewe magshefbome derhalwe gevind word.

Regsgeleerdes beweer dat ‘n wisselwerking bestaan tussen menseregte, minderheidsregte en die kollektiewe reg op selfbeskikking en het die selfbeskikkingsbegrip die norm in baie lande geword .

Selfbeskikking word as volg verwoord:
“…die keuse om volgens eie vrye oordeel en sonder enige inmenging of dwang te handel. Selfbeskikking is dus die reg van ‘n volk wat ‘n spesifieke gebied beset om sy politieke status en regeringsvorm self te bepaal.”

Daar is hoofsaaklik drie vorms van selfbeskikking:
· Eksterne selfbeskikking wat verwys na ‘n soewereine staat wat deur die internasionale gemeenskap as volwaardige staat erken word.

· Interne selfbeskikking verwys na selfregering van ‘n volk binne administratief outonome gebiede, maar wat deel bly van die staat, soos byv. Walonië en Vlaandere in België

· Kulturele selfbeskikking waar internasionaal erkende minderheidsregte beskerm word om die kulturele voortbestaan en groei van ‘n volk te verseker.

Om te verhoed dat duisende nuwe staatjies eensklaps soos paddastoele verrys, bestaan daar streng internasionale reëls vir eksterne selfbeskikking. Om lande se territoriale integriteit te beskerm, word daar gewoonlik op interne selfbeskikking besluit, maar dit is ‘n saak wat uitsluitlik by die eisers berus.

Om te kan slaag word selfbesklikking dus ‘n politieke magspel wat volgens die voorskrifte van die Volkereg asook die VN resolusies en multilaterale ooreenkomste (Internasionale Reg) gespeel word om te kan slaag.

Totdat ‘n streek se stabiliteit bedreig word bly dit egter ‘n binnelandse aangeleentheid waarby medestate nie sal inmeng nie, tensy hul belange bedreig word.

Die Volkstaatraad het die kwessie van selfbeskikking deeglik bestudeer en sy verslae aan die regering voorgelê, wat as volg opgesom kan word:

· Afrikanergemeenskappe het die reg om hul selfbeskikking uit te oefen waar hulle hulself ookal in ‘n meerderheid mag bevind (vgl Outonome gebiede). Deur die grense van tradisionele Afrikanergebiede, waar hulle ‘n demografiese meerderheid vorm, eensydig te verskuif om hul demokratiese regte te ontneem omdat hulle altyd ‘n minderheid binne hul eie bwoongebiede te maak, word internasionaal as onwettig beskou. (Dit is dus onwettig vir Soshanguve om oor Pretoria se inwoners te regeer).

· Kulturele selfbeskikking, minderheidsregte oftewel gemeenskapsregte mag regoor die land opgeëis word waar dit prakties haalbaar is.

· Vir ‘n lang termyn volhoubare soewereine volkstaat sal daar waarskynlik ‘n volksverskuiwing moet plaasvind om verswarting te vermy.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die verskillende vorms van selfbeskikking nie uitsluitend van mekaar is nie – hulle is meelopend en alle vorms daarvan word benodig om die volkswil te bou. In Suid-Afrika is daar dus vier aktiviste groeperings onder Afrikaners. Hulle moet nooit onder mekaar te twis nie, omdat elkeen sy eie afgebakende terrein beset. Elkeen bevorder Afrikaners se belange:
· Die etnies georiënteerde groep wat op eksterne selfbeskikking aandring.
· Die Suid-Afrikaner georienteerde groep wat op beskerming van taal, kultuur, sake en boerdeybelange aandring.
· Die 230 Belastingbetalersverenigings wat op gehalte van derdevlak dienste aandring.
· Die Burgerlike regtegroepe soos Solidariteit en Afriforum wat ingestel is om sy lede se grondwetlike regte te beskerm.

Die volkswil waarna ek verwys, is tans dormant en ondergeskik aan individue se stryd om ekonomies te kan oorleef.

Benewens hul buiteparlementêre bedrywigheid, word ‘n aktiewe teenwoordigheid ook binne-parlementêr benodig waar inspraak by portefeuljekomitees verkry word en om die Afrikanersaak formeel op Hansardverslae te kry. Ironies genoeg, het die ANC as swart nasionaliste ‘n mate van begrip begrip vir selfbeskikking, maar die DA, as liberale party staan direk gekant teen enige vorm van differensiasie tussen etniese groepe. Hy wil egter nie van sy Afrikanersteun afstand doen nie en sal saam met die Naspers Mediagroep enige poging van Afrikaners om selfbeskikking te verkry as die idees van ‘n klein groepie rassiste afmaak. Hulle sal gedemoniseer word as ‘n klomp dom agtergeblewe verregses wat nie aan die huidige demokratiese stelsel wil deelneem nie.

Die VF+ is derhalwe die enigste politieke party wat die binneparlementêre funksie vir Afrikaner selfbeskikking sal kan verrig. Hulle moet dus ‘n integrale deel wees van die nasionale poging om as die binn parlementêre speek van die Afrikanerwiel te funksioneer.

Soos aangedui, moet daar op die onmiddellike ekonomiese oorlewing van mense gefokus word waar hulle hulself bevind. Elke dorp het sy eie ekonomie en leierskap wat as steunbasis kan dien vir gemeenskappe om hulself te orden, hul dorpe te ontwikkel en hul dienste self te lewer. Daarvoor moet belastingbetalers hul eiendomsbelasting aanwend om die dienste self mee te befonds waar gebrekkige dienste bestaan. Ervaring van die NBU met geaffilieerde BBV’s het bewys dat dit prakties en wetlik haalbaar is.

Oral waar gebrekkige dienste ervaar word kan dorpsburgers hulself dus as ‘ekonomiese kantonne’ of as vrystaande administratiewe organe van die burgerlike samelewing beskou en orden. Tans is dit die geval met meer as 200 van die 285 munisipaliteite in die land.

Mettertyd kan hulle in politieke kantonne ontwikkel, waar die volkswil gebou word om vir groter magte te stry.

Die morele basis vir hierdie benadering is dat orde aan plaaslike gemeenskappe herstel word en dat die hele platteland ekonomies daardeur sal baatvind.

Op hierdie wyse word die eerste tree gegee om ‘n mate van politieke mag te bekom en om ekonomies te kan oorleef.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.