Vryheidsparkseminaar: voorspelbare demonisering van blankes en vorige bestel

Deel op

Die ANC het weereens hul ware kleure getoon tydens 8 Februarie 2007 se seminaar in Kemptonpark wat gehandel het oor die ANC se Vryheidspark.

Deel op

Groepe en indiwidue soos Afriforum en Steve Hofmeyr het onlangs beswaar aangeteken teen die feit dat blanke Suid-Afrikaanse soldate se name nie op die gedenkmuur in die ANC se Vryheidspark sou verskyn nie, maar dié van Kubaanse soldate wel. Afriforum het heeltemal tereg uitgewys dat die uitsluiting van ‘n bepaalde groep niks bydra tot versoening en nasiebou nie, en eerder teenproduktief is.

Dit was grootliks as gevolg van druk wat deur organisasies soos Afriforum uitgeoefen is dat die seminaar belê is. ‘n Redelike persoon sou verwag dat, indien die regime te goeder trou wou optree, die onderwerp van die seminaar sou wees hoe om alle Suid-Afrikaners te akkommodeer. Ten spyte van die retoriek oor die inklusiewe reënboognasie, is redelikheid egter nie iets waarvan die ANC beskuldig kan word nie.

 

Die seminaar is bloot gereduseer tot ‘n voorspelbare demonisering van blankes en die vorige bedeling se veiligheidsmagte. Van die ANC se veelvuldige misdade en lafhartige moorde op onskuldige burgerlikes was daar geen sprake nie. Reeds met die intreerede het die voorsitter van die Vryheidsparkstigting, Dr Wally Serote, met sy binnensmondse en totaal oninspirerende spreekstyl die trant geskep: daar is volgens hom diegene wat steeds nie oor hul “sondes” van die verlede wil bieg nie.

 

Spreker na spreker uit lande soos Lesotho het hoog en laag opgegee oor watter misdade die voormalige SAW in hul lande sou gepleeg het. Daar is egter totaal geswyg oor die ANC se marteling en moord op sy eie lede in sy kampe soos die berugte Quattro, of hoe die buurlande willens en wetens basisse en steun aan terroriste verskaf het, baie soos wat die Taliban in Afghanistan gemaak het.

 

Uit die ganse program, wat ‘n hele dag geduur het, is Kallie Kriel van Afriforum een spreekbeurt gegun van ‘n volle twintig minute, terwyl daar minstens vyf spreekbeurte afgestaan is aan buitelanders wat hoegenaamd geen belang het by hedendaagse Suid-Afrikaanse aangeleenthede nie. Die SAUK het vanmiddag berig dat ‘n duidelik teleurgestelde en ontnugterde Kallie Kriel opgemerk het dat die seminaar allermins oor versoening gehandel het en dat die Vryheidspark niks anders as ‘n ANC-park is nie.

 

PRAAG het nie die volledige verrigtinge bygewoon nie, buiten om ‘n persverklaring aan ‘n verteenwoordiger van die Vryheidsparkstigting te oorhandig, waarin die ANC gestriem is oor sy skynheiligheid en waarin daar versoek is dat alle Afrikaners en Boere se name van die ANC se skandmuur verwyder moet word.

баки дляФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.