FW vind Malema bietjie ‘laf’

Deel op

Die FW de Klerk-stigting het ‘n verklaring uitgereik waarin Julius Malema se uitlatings as ‘laf’beskryf word. Malema het in ‘n toespraak in Soweto gesê dat FW de Klerk “steeds as die vyand” beskou moet word. Volgens FW de Klerk is dit “so laf dat dit beswaarlik kommentaar verdien”.

Hoewel Die Burger in Afrikaans oor De Klerk se verklaring berig het, het feitlik geen ander nuusmedia aandag daaraan geskenk nie. Die FW de Klerk-stigting se verklarings word ook slegs in Engels uitgereik.

Volgens De Klerk, druis Malema se gedrag in “onverantwoordelike uitbarstings” in teen die voortreflike “tradisies wat die ANC oor die afgelope 100 jaar ontwikkel het” en moet daarom ‘n “groot verleentheid vir die vele beginselvaste en gedissplineerde ANC-lede wees”.

Hoewel laf, “kan Malema se bombastiese uitbarstings oor ‘n groot aantal ander onderwerpe van nasionalisering tot Botswana – en die onverklaarbare feit dat die ANC-leierskap hom nie tot orde roep nie – nie geïgnoreer word nie,” het De Klerk gesê.

Voorts meen die voormalige staatspresident, wat by die onderhandelingstafel teenoor mnr. Cyril Ramaphosa van die ANC en mnr. Joe Slovo van die SAKP gekapituleer het, dat “Malema en die ANC-jeuliga (ook) ‘n ernstige verleentheid vir Suid-Afrika geword het. Hulle begin om internasionale vertroue in die ekonomie te ondermyn, hulle berokken verhoudinge met een van die mees progressiewe en demokratiese state in Afrika skade en hulle takel die intergemeenskapsversoening af waaraan president Mendela so hard gewerk het om te bevorder.”

Benewens die erfenis van Mandela wat in gevaar verkeer, is FW de Klerk insgelyks bekommerd oor “die gebrek aan respek wat Malema teenoor die ANC-leierskap betoon”.

online casino ukпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.