Jeugliga neem SA se buitelandse beleid oor

Deel op
Na die ANC-jeugliga se aanval op Botswana se president, Ian Khama, het die liga se hoof van internasionale betrekkinge, Abner Mosaase, sy invalshoek op geopolitiek en internasionale betrekkinge aan die M&G uitgelê.

In sy onderhoud verduidelik Mosaase dat ‘n besluit geneem is by die World Festival of Youth and Students nadat daar verlede November ooreengekom is dat in lande waar Africom [die Verenigde State se African Command] belange het, moet daar gekonsentreer word op jeugtaakspanne.

In lande waar die VSA nie militêre basisse het of wil oprig nie, is die werk van die dié jeugtaakspanne om Africom te veroordeel en om seker te maak dat die Amerikaners nie vastrapplek kry nie.

Mosaase sê hulle is ook besig met die implementering van ‘n besluit wat deur die Pan-Afrikaanse Jeug Unie geneem is, om Botswana se opposisie op te skerp en dat daar nie sprake van ‘n staatsgreep is nie.

Hierdie jeugtaakspanne sal saamwerk met “progressiewe kragte” in Botswana soos die Botswana National Front, wat as bondgenoot van die Jeugliga optree, in plaas van die regerende Botswana Democratic Party. Daar is ook glo ‘n wegbreekfaksie in die BDP wat dieselfde anti-Amerikaanse agenda as die BNF najaag en groot kommer wek.

Die ANC Jeugliga is ook besig met vakbonde. Die ANC-jeugliga se ander kritiek is dat Botswana nie stem volgens hoe Afrika-lande in multilaterale forums soos die Verenigde Nasies “behoort te stem” nie.

Die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se standpunt oor Zimbabwe is ook ‘n probleem, volgens Mosaase. Die SAOG beskou Morgan Tsvangirai as die leier van Zimbabwe, terwyl ‘n geskikte politieke ooreenkoms nog nie bereik is nie.

Oor Botswana se besluit om die Ivoorkus-leier, Alassane Ouattara na Botswana uit te nooi, is hy ook krities. Ouattara is ‘n gunsteling van Frankryk en dit is volgens Mosaase hoogs simbolies dat Botswana verkies het om te werk met die “imperialistiese mag” Frankryk.

Alhoewel die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe daarop gewys het dat Botswana ‘n stabiele land met ‘n demokratiese regering is, wil die Jeugliga nie alleen regimeverandering sien gebeur nie, maar ook politieke verandering. Politieke verandering behels die vervanging van een politieke party met ‘n ander een wat ‘n progressiewe Afrika-agenda nastreef, sê Mosaase.

Op ‘n vraag of die mense van Botswana nie liewer self moet besluit oor hulle toekoms nie, het Mosaase gesê die Botswana National Front het die liga se hulp ingeroep en hulle reageer bloot op ‘n bondgenoot se versoek in Botswana.

Die liga wil egter nie by die Swaziland, wat onder ‘n outokraat steier, betrokke raak nie, maar is nogtans gekant teen die lening wat die Suid-Afrikaanse regering wil toestaan.

Mosaase het gesê die liga sal die ANC se subkomitee vir internasionale verhoudings inlig oor die kwessie en liga-amptenare sal ook die ANC se top-amptenare ingelig hou. Hulle sal dan met die opposisie partye in Botswana skakel en begin met die stigting van taakspanne, sowel binne en buite die land.

Botswana het intussen begin om Chinese beleggers in die land te ondersoek.

best online casino slotsАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.