Naspers se skreiende dubbele standaarde

Deel op

Toe die vermeende straatnaamveranderaars in Pretoria vasgetrek is, is nie net hulle ras nie, maar sommer ook hulle kerkverband (bid jou aan!) wyd en syd deur Naspers se publikasies gepubliseer. Gemeet aan die skokkende standaarde van geweldsmisdaad in Suid-Afrika, is die beweerde straatnaamverandering waarskynlik in die onderste een-duisendste op die skaal van erns betreffende misdaad. Iemand moet veral vir my verduidelik waarom iemand se kerkverband betrekking het op sy beweerde misstappe. Is AGS-lidmate byvoorbeeld meer geneig tot sekere soort misdrywe, teenoor NGK-lidmate wat berug is omdat hulle, sê maar, die kollektegeld steel?

Vandag berig Die Volksblad egter oor die twee sub-virale drekwesens wat die Vrystaatse boer in ‘n vlak graf gesmyt het en hom toe op die mees wreedaardige wyse doodgeslaan het met klippe – sy agterkop is verbrysel. In die proses het een van die twee drekwesens vir die slagoffer se vrou geskree dat sy moet stilbly want “haar man is klaar vrek”. Die twee drekwesens is terloops onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, terloops, en is dus albei ná 1994 gebore. Ek wag egter in spanning dat apartheid of selfs die slagoffer vir hierdie aanval blameer gaan word.

Dus: Aan die een kant het ons mans wat niemand beseer nie, wat geen blywende skade aan eiendom aangerig het nie, maar hulle ras en, jou wrintiewaar, hulle kerkverband word herhaaldelik in Naspers se beriggewing genoem. Aan die ander kant sit ons met die twee drekwesens wat die mees skokkende en afstootlike moord denkbaar gepleeg het, maar nêrens in Die Volksblad se berig lees ek oor hulle rasgroep nie en veral nie oor hulle kerkverband nie. Vir al wat ek weet, is hulle onwettige Chinese immigrante en aanhangers van Boeddhisme . Waarom nie ook hierdie twee se ras- en kerkgroep uitbasuin nie, Naspers? Die moord op die boer is immers miljoene der miljoene kere ernstiger en afgrysliker as die beweerde toeplakkery van padtekens. As julle dan die beweerde padteken-toeplakkers se ras en kerkverband wil publiseer, dring ek daarop aan dat ek ook wil weet aan watter rasgroep en kerk die twee drekwesens wat die boer vermoor het, behoort. Dit is baie pertinent om te weet wat hulle rasgroep is, omdat daar baie mense is, myself inkluis, wat volhou dat swart-op-wit rassistiese geweld ‘n enorme en endemiese probleem in die bloederige Nuwe Suid-Afrika is. As julle dan wil beweer dat dit kwansuis gewone misdaad is, gaan ek julle moet vra waarom die Reitzhuisvoorval nie ook gewone misdaad was nie.

Ek dring eweneens aan dat julle, Naspers, vir dae lank – soos julle laai is – met beweerde blanke “regse” misdrywe, histeries te velde trek teen bostaande rassistiese moord. Was al wat ‘n Naspers-redakteur was immers nie in rep en roer, en het julle nie jul klere geskeur en as op jul hoofde gestrooi oor die Abel Malan-voorval nie? Was dit twee blankes wat ‘n swarte op so ‘n wrede wyse vermoor het, sou Naspers immers vir die volgende jaar huilerige redaksionele stukke geplaas het, waarin wit-op-swart geweld veroordeel word. Waarom die redaksionele stilswye oor hierdie voorval, soos oor bykans elke ander per-definisie-, rassistiese plaasmoord? Dis vir my onaanvaarbaar. Ek dring daarop aan dat soortgelyke striemende aanvalle op die rassistiese swart-op-wit geweldenaars gemik word, al beteken die omvang van swart-op-wit rassistiese geweld dat daar 7 dae per week in al wat ‘n Nasperskoerant is redaksionele kommentaar daaroor moet verskyn.

велосипед детскийалександр лобановский класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.