Mosambiek waarsku SAners oor eiendomsreg

Deel op
Suid-Afrikaners wat vakansie-oorde en -huise in Mosambiek sogenaamd besit, moet onverwyld die toerismevereniging in Gaza kontak. Hulle kan, volgens Mosambiekse wetgewing geen aanspraak maak op volle eiendomsreg nie.

Rogério Gomes, president van die Gaza-toerismevereniging in Gaza, het aan die Volksblad gesê: “Suid-Afrikaners wat dink hulle besit iets, is deur gewetenlose ontwikkelaars mislei.”

Rogério Gomes kan per epos by: rgomes.moz@gmail.com gekontak word.

Duisende vakansiehuise in besit van Suid-Afrikaners word hierdeur geraak. “Buitelanders kan nie grond [in Mosambiek] besit of verkoop nie, hulle kan slegs gebruiksreg verkry,” het Gomes gesê.

Slegs tyddeel-eienaarskap word toegelaat, waar huise of wooneenhede nie eksklusief benut of heeltyds bewoon word nie.

Die Mosambiekse owerhede het sedert hulle op die La Perla-oord van Braam Bruwer aan die Bilene-strandmeer beslag gelê het, skielik wetstoepassing verskerp.

‘n Belegger wat naamloos wil bly het aan Praag gesê dat omkopery dikwels by eiendomstransaksies plaasvind en dat Mosambiekse owerhede graag teen vergoeding allerlei lisensies toestaan en wetsvereistes oorsien. Volgens hom kon die geskil oor eiendomsreg ontstaan het vanweë ‘n rusie oor omkoopgeld.

Mosambiek spog ook deesdae met ‘n florerende en onwettige diamanthandelbedryf wat oorspoel vanaf Zimbabwe.

In een onlangse geval het die plaaslike polisie glo teen betaling twee diewe by ‘n luukse oord in koele bloede doodgeskiet om die eienaar tevrede te stel.

Kwessies soos die onderverdeling en verkoop van grond en huise, kontrakskending, bouregulasie-oortredings, en uitsluiting op grond van ras en etnisiteit, word tans deur owerhede ondersoek.

Tydens die voorval op 15 Julie by Bruwer se oord, het polisiemanne gewapen met AK47-gewere, op vakansiegangers toegesak.

Die Mosambiekse regering het egter gesê hulle verwelkom Suid-Afrikaanse beleggers in Mosambiek en sal alles wat hulle kan doen om te help as wette eerbiedig word.

 

how to build instagram followersФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.