Redes vir Afrikaner-ellende

Deel op

In Rapport woed die debat rondom die Abel-Malan-Anton-van-Niekerk-debakel voort. Maar die werklikheid is veel erger as enige ideologiese verskille tussen Afrikaners.

Die volksmoord op Afrikaners is sowat drie weke gelede opgegradeer na vlak 6 uit ‘n statistiese maksimum van agt.

Daar word teen die Afrikaner deur die swart regering by alle werksgeleenthede en poste gediskrimineer.

Ons kinders se vermoë bly onontwikkeld as gevolg van die agteruitgang in opvoedkundige standaarde aan skole en universiteite.

Ons Afrikaners woon in staalhokke terwille van veiligheid en selfs dan is dit nie altyd genoeg om ons veilig te hou teen die swart moordenaars nie.

Niemand kan dit in veiligheid waag om meer ‘n brood te gaan koop in die aand vir more se toebroodjies nie.

Ons kan nie meer ‘n vleisie braai saam met ons vriende by ons huis sonder om vermoor te word nie.

Ons kan nie petrol in ons voertuie gooi of by ‘n verkeerslig stop of na enige plek te ry sonder om bang te wees ons gaan gekaap en/of vermoor word nie.

Ons kinders se fietse hang teen die muur in ons motorhuise want fietsry het weens onveiligheid uitgedien geraak.

Die regeringstrukture verkeer in totale verval – paaie onbegaanbaar, hospitale vuil en gevaarlik, munisipaliteite se drinkwater onhigiënies en riool wat in die strate vloei, vernielde geboue met vuil strate, sypaadjies en parke, onopgeleide polisie vir wie ons meer bang is as vir die duiwel self. Ook polisie wat blankes soms sonder enige rede arresteer en dan toelaat dat hulle in aanhouding deur swartes verkrag word voor hulle more vrygelaat word.

Sommiges is gekondisioneer om hierdie werklikheid te aanvaar. Daar is egter nog mense wat nie hulle eerstewêreldstandaard prysgegee het nie omdat hulle sterk was en nie gekapituleer het nie. Gewoonlik word hulle as “regses” uitgekryt, maar ek noem hulle die eerbares.

watch thunderstruck onlineтопкарго кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.