Ons redekawel terwyl ‘n wolkstaat ‘n realiteit word

Deel op
‘n Ou vriend wat al jare lank op Praag se werwe kommentaar lewer, ene Ran Doodt, is tans besig met ‘n interessante gesprek op Litnet se brieweblad. Die gesprek handel oor ‘n kuberstaat, iets wat ek al vir ‘n geruime tyd voorstaan. Ek is dit eens met Ran Doodt dat die virtuele staat of dan kuberstaat ‘n onvermydelikheid vir blanke Suid-Afrika is. Ons baklei onder mekaar oor ‘n volkstaat, wie die leiers daarvan moet wees, ‘n ligging vir die volkstaat, die verkiesing van ‘n komitee om ‘n volkstaat te stig, en terwyl ons so maak, is die stigting van honderde duisende klein volkstaatjies lank reeds in proses. Terwyl ons redekawel, gaan die geskiedenis by ons verby, want die saadjies van ‘n volkstaat is besig om te ontkiem, maar dis ‘n volkstaat wat nie lyk soos iets wat baie van ons verwag het nie. Dit is ‘n virtuele staat, een wat vanuit die kuberruim bestuur sal moet word, omdat Afrikaners die ganse land vol versprei is.

Om te verstaan wat in proses is, hoef ons slegs noord van ons grense te kyk. Swart Afrikalande loop bykans onafwendbaar die pad van verval, etniese konflik en uiteindelike disintegrasie. Dit word meestal veroorsaak deur ‘n kombinasie van geklike beleidsrigtings (Malema se nasionalisering) en ongebreidelde plundery van die land se bronne (al wat ‘n SEB-kader is, asook Cosatu se “wêkkas” met hul buitensporige looneise.) Die proses van disintegrasie het al in Zimbabwe sy uiteinde bereik en SA is goed oppad soontoe. Gaan ry bloot op enige pad vol slaggate in die Vrystaat om die tekens van verval te sien. Mettertyd vind mens dat daar slegs sulke eilandjies van beskawing oorbly in die meeste Afrika-lande, dikwels rondom myne wat deur buitelandse maatskappye bedryf word. In hierdie eilandjies werk dinge nog. Binne die eilande is lopende water, elektrisiteit en dis veilig. Buite daardie eilandjies lyk dit soos, wel, Diepsloot. Wat die eienaars van sulke eilandjies noodgedwonge moes doen, is om die staat se funksies oor te neem (elektrisiteit, water, beveiliging edm) en dit te privatiseer.

Dieselfde proses is lankal reeds aan die gang in Suid-Afrika. Jy en ek is al lank besig om ons eie volkstate te stig, deur onsself los te maak van die mislukte ANC-regime. Suid-Afrika is in ‘n unieke posisie, insoverre dit die enigste swart Afrikaland is waar daar ‘n beduidende, inheemse blanke bevolking is, wat toenemend gedwing word om die staatsfunksies in ons eilandjies, jou en my wonings, te privatiseer. Dit is dus nie net die myne soos in ander Afrika-lande nie, maar honderde duisende blanke wonings wat volkstaatjies in die kleine is. Hoeveel van ons het byvoorbeeld een of ander sekerheidsmaatskappy wat die polisie se funksies oorgeneem het? Ons gaan na privaathospitale en ons kinders woon toenemend privaatskole by. Ons het kragopwekkers want Eksdom is getransformeer. Ons word stelselmatig al hoe minder van die staat afhanklik. Ons word dus onafhanklik, ook in die staatkundige sin van die woord, want ons het nie meer die mislukte swart regering nodig nie. Jy hoef dus nie ‘n volkstaat-ondersteuner te wees om reeds in jou eie volkstaatjie te woon nie. Is dit nie ironies nie? Selfs die liberales wat so neersien op die ou dom regses, woon self in ‘n mini-volkstaat en is besig om die falende Suid-Afrikaanse staat aktief te ondermyn deur vir hulself kragopwekkers aan te koop en ADT te betaal om die polisie se werk oor te neem!

Daar bly slegs een finale struikelblok oor voordat ons onsself heeltemal onafhanklik kan verklaar, en dis om op te hou belasting betaal aan die mislukte Suid-Afrikaanse staat. Eintlik meen ek dit gaan by verstek gebeur, sonder dat ons formeel hoef te weier om belasting te betaal. Ek is naamlik heeltemal bereid om ‘n miljoen Zim-dollars per maand aan belasting te betaal, of nee, sommer tien miljoen Zim-dollars. Die rand gaan dieselfde paadjie loop as die Zim-dollar, namate Cosatu en Malema tussen hulle die ekonomie op sy knieë dwing en die rand ook na benede stort. Hier is my voorspelling: Uiteindelik sal ons nie net polisiëring en gesondheidsorg by die gefaalde staat moet oorneem nie, maar ons sal ook ‘n eie geldeenheid en dus ‘n reserwebank moet stig, soos ons rande elke dag 20% van hulle waarde verloor. Die slag as dit gebeur, het die wolkstaat ‘n fisiese realiteit geword, en is ons nie meer afhanklik van die mislukte Suid-Afrikaanse regering nie. Die uitreik van geld en die skep van ‘n parallele geldelike stelsel is ‘n dringende prioriteit vir die Afrikaners se wolkstaat.

Het ons genoeg visie om te sien wat aan’t gebeur is, en ons energie te fokus op die skep van ‘n virtuele staat vir Afrikaners, eerder om ons tyd te verspil op onderlinge struwelinge?

опции для подъемниковДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.