Ná die verligte kramp

Deel op

Vergun my die reg om ‘n paar onwelvoeglike woorde oor ons linkse volksgenote te sê.

Sedert die jare tagtig het hulle die regse beweging met die skelwoord “verkramptes” beskryf. FW de Klerk se broer Wimpie was blykbaar die vader van dié benaming. Natuurlik was die negatiewe inhoud van die stamwoord “kramp” implisiet  ‘n slegte etikettering vir regses.

Die Nasionale Party en sy eie “Prawda”, nl. Naspers, het hierdie gerieflike skelwoord oortyd gebesig. Hulle was die “verligtes”, die antitese van die sg. “verkramptes”. Die “verligtes” was wedergebore Afrikaners wat vanuit hul helder liberale heelal op die donker onderwêreld van “verkramping” neergesien het.

Met “verkramp” aan die een uiterste van die kontinuum was “verligting” aan die ander. “Verkramp” was alles wat teen verandering was. Dit was agterlik, onbuigsaam en ‘n onvermoë en onwilligheid om ‘n kompromie oor enigiets aan te gaan. Die verkrampte was ‘n verstokte ou regse wat hom in sy enge hoekie van onvergenoegdheid sit en verknies het. Dít, terwyl die wêreld van die linkses met snelle vaart na glorieryke verligting beweeg het. Die “verligtes” se droom van liberale verheugde indiwidue het in skrille kontras met die “verkramptes” se oudmodiese en agterlike aandrang op groepsregte gestaan.

Uiteindelik het die “verligtes” die SA gekry waarvoor hulle so hard gewerk het, maar o wee, dit lyk ietwat anders as waaroor daar gedroom is. Hulle droom verteenwoordig ‘n klaaglike mislukking. Die agteruitgang wat op elke vlak ingetree het, is welbekend aan elkeen wat hierdie skrywe lees.

Die linkse ideologie misluk regoor die wêreld, maar veral in SA het dit tot ‘n ongekende graad van verrotting gelei. Dis vinnig besig om soos ‘n fekale massa sy weg na uiteindelike uitwerping te vind. Afrikaners verkeer reeds in ‘n toestand van skok oor die groteste stank van die NSA. Liberale meningvormers se verbale blertse word met mislike walging begroet.

Die ganse linkse idelogie verkeer in die slopemmer van die geskiedenis. Elke nou en dan word Afrikanerdissidente nog as “verkramptes” uitgeskel, maar die woord het geen effek meer nie. Intussen klou die linkses nog verbete aan die naam “verligte” vas. Enige toespeling op die Europese Verligting is onvanpas, aangesien laasgenoemde juis ‘n opstand teen die godsdienstige dogma en onverdraagsaamheid van die Middeleeuse Katolieke Kerk was, asook ‘n opwelling van beskawing teen barbarisme en bygeloof. In Suid-Afrika ondersteun die “verligtes” egter ‘n terugkeer na barbarisme en ‘n nuwe Donker Tyd wat deur die dogma van politieke korrektheid verseker word.

Die enigste kramp wat ooit bestaan het, was die linkses se haat vir hul eie volk. Die linkses het die hele land in die nagwa van Afrikaverskrikking gewerp. Hulle krampe het tot ons land se verslopping gelei. Laat ons hulle nou maar beskryf met die verottende stank wat hulle uitgeskei het. Laat die “versloptes” van nou af hul naam wees.

online casino freeлобановский александр игоревич класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.