Tunisië of Rwanda?

Deel op

Moeletsie Mbeki verwag dat SA sy “Tunisië-oomblik” binne die volgende 20 jaar gaan bereik. Dis wanneer China  se huidige fase van industrialisasie ten einde loop en daardie land dus nie meer so ‘n sterk vraag na SA se minerale sal toon nie. Dit sal lei tot ‘n gepaardgaande afplatting in ons ekonomie, ‘n ineenstorting van die welsynstaat en dus massa-opstande.

Dit moet egter in gedagte gehou word dat die Tunisiese rewolusie ‘n populêre opstand teen ‘n korrupte despoot was. Dit mag heel waarskynlik sowat 20 jaar vir die swart publiek neem om werklike versadigingspunt met die ANC te bereik. Dit maak sin, want die meeste swartes steun tans nog die regime. Immers stem 62% vir die ANC en dra die regime dus hul goedkeuring weg. Waarom sal hulle dit nou deur geweld omverwerp as dit baie makliker by die stembus gedoen kan word?

Die Malema-verskynsel kom boonop vanuit die ANC en is nie soseer teen die ANC gemik nie. Weliswaar lewer Malema heelwat kritiek op die huidige leierskap, maar wesenlik hou ook hy die ANC voor as die massas se voorbrandparty. Die primêre teiken van die Malema-verskynsel is die besittersklas en meer spesifiek die blanke minderheid. Konstante haat word teen die wit minderheid opgejaag.

Uiteenlopende meningsvormers soos Max Du Preez, Dan Roodt in Dis die parfúúm van revolusie, Max, e.a. is dit eens dat daar wel ‘n rewolusie aan die broei is. Hulle praat egter van ‘n opstand binne die afsienbare toekoms en nie dié oor 20 jaar, waarna die jonger Mbeki verwys nie. Eintlik kan enige regdenkende persoon sien dat SA op ‘n interne konflik afstuur.

Dat daar ‘n rewolusie van jeugdiges en werkloses aan die kook is, blyk duidelik te wees, maar anders as in Tunisië (et ander Arabiese state) het dit ‘n sterk rassistiese grondslag. Terselfdertyd is dit nie geheel onverbonde aan die tydsgees wat daardie lande by rewolusie ingesleep het nie, hoewel die broeiende konflik in SA ook ‘n eiesoortige historiese aanloop het.

Lank voor die scenario wat Mbeki voorsien, stuur ons dus na alle waarskynlikheid wel op ‘n gewelddadige ontwrigting af. Oor twintig jaar mag SA dalk sy Tunisië-oomblik bereik, maar op ‘n baie korter tydskaal mik ons vir ‘n  Rwanda-oomblik. Hierdie afgryslike werklikheid kan selfs enkele maande weg wees.

лечение зубов под наркозомЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.