Die oplossing: Afrikanerkantons onder die Nederlandse koningshuis?

Deel op

‘n Suid-Afrikaanse, soos die Hollanders sê, het so pas prinses van Monaco geword. Skoppensboer het nie TV gekyk nie, maar sy vrou sê die klere was mooi eenvoudig, byna Calvinisties en soveel stylvoller as die vorige koninklike Rooinektroue s’n.

Met alles wat deesdae op die Praagwebwerf gesê word, rondom gebruik van goud of vreemde munte of PayPal om ons te distansieer van die ANC se BEE-ekonomie, het Skoppensboer wat self in elke pak kaarte net onder die koningin staan, skielik ook in ‘n aristokratiese bui verval. Doller as kopaf soos Marie Antoinette, kan dit seker nie. Veral noudat ons binnekort so ‘n tydreis terug na Oktober 1917 toe onder Malema gaan ondervind. Rooi Oktober is toe al die tyd die terminus vir FW de Klerk se “groot sprong voorwaarts”, om nou saam met Voorsitter Mao te praat.

Binnekort gaan Naspers en die SAUK ons probeer oortuig om soos in Kambodja die stede te verlaat en op die platteland te gaan boer saam met nuut gevestigde regstellende boere. Alles ter wille van “versoening”, natuurlik. Antjie Krog sal ‘n Kreoolse gediggie of twee oor luidsprekers resiteer terwyl ons in die heropvoedingskampe swoeg en sweet.

Ewenwel, Skoppensboer klim toe op sy e-pos Nederland toe en vind toe allerlei interessanthede uit. Hoe meer dae, hoe meer dinge, lui die gesegde mos. Reguit soos die Hollanders is, vertel iemand hom toe dat die Koninkryk der Nederlanden eintlik reeds ‘n konfederasie is, wat deur die Statuut voor het Koninkrijk der Nederlanden van 1954 opgerig is. Trouens, dié koninklike konfederasie bestaan uit vier onafhanklike lande: Nederland, Aruba, Curaçao en Sint Maarten. Laasgenoemde synde drie eilande in die Karibbiese see wat neffens Nederland taamlik goed met Orania vergelyk, ten minste wat oppervlak en bevolking betref.
Skoppensboer se Nederlandse politieke adviseur wys hom toe verder op die bestaan van “plan N” wat deur die Baarle Werkgroep voorgestel is. Dié werkgroep beywer hom vir ‘n “verenigde Nederlande” wat Vlaandere in die teenswoordige België sal insluit. Daar word algemeen voorspel dat België mag ineenstort, of ten minste uiteenval in die Nederlandssprekende Vlaandere en die Franssprekende Wallonië. Vlaandere sou dan as onafhanklike land by die Nederlandse konfederale koninkryk kon aansluit. Soos hy dit stel: “Daar kan straks de Afrikanerrepubliek gewoon bij.” As ‘n klompie Kreole in die Nederlandse Antille duisende kilometer van Nederland af deel van die Nederlandse koninkryk kan wees, waarom nie ook Afrikaners nie?
Mnr. Jaap Kelder het ‘n vergadering van ‘n klompie invloedryke Afrikanerintellektuele en aktiviste belê wat binnekort die gedagte van ‘n kantonstelse vir Suid-Afrika gaan bespreek. Kelder deel links en regs eksemplare van ‘n boek uit wat in 1986 deur Leon Louw en Frances Kendall geskryf is, met die veelseggende titel: Suid-Afrika – die oplossing. Daarin word die Switserse kantonstelsel vir Suid-Afrika bepleit. Professor Marinus Wiechers het die voorwoord geskryf. Kelder is die afgelope jare baie aktief in die alternatiewe munisipale politiek en was die eintlike brein agter mev. Carin Visser se belastingweerhoudingsaksie op Sannieshof. Tot dusver is Sannieshof die enigste dorp in die land, benewens Orania, wat sy eie munisipaliteit buite die ANC-orde bedryf, ‘n soort onafhanklike kanton in eie reg.
Met behulp van artikel 235 van die SA Grondwet wat vir selfbeskikking voorsiening maak, meen Kelder dat dit moontlik is om volgens die Switserse stelsel gewoon af te stig en jou eie onafhanklike kanton uit te roep, nie in die Noord-Kaapse woestyn waar Orania geleë is nie, maar sommer in Sandton of Centurion. Soveel gholflandgoedere en veiligheidsbuurte het reeds hul instandhouding van paaie, sypaadjies en veiligheid geprivatiseer dat dit maar ‘n klein treetjie na volle kantonale outonomie gaan wees! Party van hulle spog selfs met hul eie vlae en Italiaanse of Provençaalse name, dus het hulle as’t ware reeds deel van die eurosone geword.
Diegene wat nie kantons wil hê nie, kan steeds onder die Zoeloe- en Xhosa-koninkryke van die ANC staan en demokratiese sentralisme à la Wladimir Lenin geniet. Soos Kelder dit stel: “Niemand dwing jou om jou eie kanton te hê nie; as jy die ANC se stelsel verkies, is dit jóú saak. Dan wens ons jou alle voorspoed en sterkte toe.”
Die ontstaan van sulke territoriale “eilande” oftewel kantons oral in Afrikanermeerderheidsgebiede het Skoppensboer nou aan die dink gesit. Waarom nie sommer die Prinsevlag hys en by Nederland konfedereer soos die onafhanklike eilande van Aruba, Curaçao en Sint Maarten nie? Dan het ons sommer dadelik ‘n weermag wat deel is van NAVO wat ons teen Julius Malema kan kom beskerm, indien nodig.
Die enigste probleem mag wees dat die Nederlanders sou vereis dat ons pro rata tot die koste van hul – of dan “ons” – koningshuis sal moet bydra. Hoogs bekommerd het Skoppensboer alles wat hy kon oor koningin Beatrix gaan oplees. Tot sy verligting het hy gekonstateer dat haar Calvinistiese hoogheid se jaarlikse uitgawes, wat al haar veiligheidsmaatreëls en instandhouding van paleise insluit, slegs 100 miljoen euro beloop, ongeveer een miljard rand. ‘n Bakatel! Veral as ons net ‘n tiende of ‘n vyfde daarvan hoef by te dra. Die Bantoe-aristokrasie wat verby u en my met blou ligte op die snelweë jaag, kos per jaar ten minste ‘n paar honderd keer soveel en hulle het geen kunswerke of antieke meubels in hul paleise om namens die volk te onderhou nie.
Dit mag nou ‘n teenstrydigheid vir republikeinse Afrikaners wees om na ‘n monargie te aspireer. Maar dan het die Vrystaatse Republiek mos in die negentiende eeu toestemming by die Nederlandse koningshuis gevra om wit en oranje strepe op hul vlag te mag gebruik. Aan die ander kant, was Suid-Afrika al ooit werklik onafhanklik, behalwe nou in die dae van die Boererepublieke? Sinici sou sê dat ons in elk geval tans onder Elizabeth II staan, met haar Nguni-satrape wat ons so uitspattiglik regeer. Alles in Engels, natuurlik. Behalwe nou die vertalings van Britse ideologie wat u in Beeld of Die Burger kan lees en wat veronderstel is om ons onderdanig aan die Kroon en haar satrape te hou.
Gaan Griekeland se finansiële probleme die EU kelder? Skoppensboer se Nederlandse penvriend meen van wel. Soos hy dit stel:
“Qua geopolitiek. De EUSSR staat op instorten. België ook. Dat geeft ruimte voor nieuwe ideeën. Dan wordt in ieder geval de Hereniging met Vlaanderen actueel.
“Nu jullie nog.”
Hopelik gaan die Volksrepubliek van Suid-Afrika dieselfde gang as die EUSSR! En word ons almal binnekort inwoners van kantons en onderdane van Beatrix, koningin der Nederlande. Die Kaap mag onder mev. Zille, die epitoom van ‘n Engelse liberalis, wel Brits bly, maar dan is die betere dele van die Vrystaat en Transvaal weer Hollands!
Intussen oefen Skoppensboer solank aan “Kent gij dat volk”. Hy hou van Langenhoven, maar daardie frase “Ons vir jou Suid-Afrika” steek hom deesdae dwars in die krop. Binnekort is Malema president van Suid-Afrika en dan gaan dit amper wees soos om te sing: “Ons vir jou Julius.”
En ons aanstaande vorstin sal sekerlik gevlei voel as ons volkslied darem ook in haar dialek oor ons Toskaanse villas weerklink.‘n Suid-Afrikaanse, soos die Hollanders sê, het so pas prinses van Monaco geword. Skoppensboer het nie TV gekyk nie, maar sy vrou sê die klere was mooi eenvoudig, byna Calvinisties en soveel stylvoller as die vorige koninklike Rooinektroue s’n.Met alles wat deesdae op die Praagwebwerf gesê word, rondom gebruik van goud of vreemde munte of PayPal om ons te distansieer van die ANC se BEE-ekonomie, het Skoppensboer wat self in elke pak kaarte net onder die koningin staan, skielik ook in ‘n aristokratiese bui verval. Doller as kopaf soos Marie Antoinette, kan dit seker nie. Veral noudat ons binnekort so ‘n tydreis terug na Oktober 1917 toe onder Malema gaan ondervind. Rooi Oktober is toe al die tyd die terminus vir FW de Klerk se “groot sprong voorwaarts”, om nou saam met Voorsitter Mao te praat.Binnekort gaan Naspers en die SAUK ons probeer oortuig om soos in Kambodja die stede te verlaat en op die platteland te gaan boer saam met nuut gevestigde regstellende boere. Alles ter wille van “versoening”, natuurlik. Antjie Krog sal ‘n Kreoolse gediggie of twee oor luidsprekers resiteer terwyl ons in die heropvoedingskampe swoeg en sweet.

Ewenwel, Skoppensboer klim toe op sy e-pos Nederland toe en vind allerlei interessanthede uit. Hoe meer dae, hoe meer dinge, lui die gesegde mos. Reguit soos die Hollanders is, vertel iemand hom toe dat die Koninkryk der Nederlanden eintlik reeds ‘n konfederasie is, wat deur die Statuut voor het Koninkrijk der Nederlanden van 1954 opgerig is. Trouens, dié koninklike konfederasie bestaan uit vier onafhanklike lande: Nederland, Aruba, Curaçao en Sint Maarten. Laasgenoemde synde drie eilande in die Karibbiese see wat neffens Nederland taamlik goed met Orania vergelyk, ten minste wat oppervlak en bevolking betref.

Skoppensboer se Nederlandse politieke adviseur wys hom toe verder op die bestaan van “plan N” wat deur die Baarle Werkgroep voorgestel is. Dié werkgroep beywer hom vir ‘n “verenigde Nederlande” wat Vlaandere in die teenswoordige België sal insluit. Daar word algemeen voorspel dat België mag ineenstort, of ten minste uiteenval in die Nederlandssprekende Vlaandere en die Franssprekende Wallonië. Vlaandere sou dan as onafhanklike land by die Nederlandse konfederale koninkryk kon aansluit. Soos hy dit stel: “Daar kan straks de Afrikanerrepubliek gewoon bij.” As ‘n klompie Kreole in die Nederlandse Antille duisende kilometer van Nederland af deel van die Nederlandse koninkryk kan wees, waarom nie ook Afrikaners nie?

Mnr. Jaap Kelder het ‘n vergadering van ‘n groepie invloedryke Afrikanerintellektuele en -aktiviste belê wat binnekort die gedagte van ‘n kantonstelse vir Suid-Afrika gaan bespreek. Kelder deel links en regs eksemplare van ‘n boek uit wat in 1986 deur Leon Louw en Frances Kendall geskryf is, met die veelseggende titel: Suid-Afrika – die oplossing. Daarin word die Switserse kantonstelsel vir Suid-Afrika bepleit. Professor Marinus Wiechers het die voorwoord geskryf. Kelder is die afgelope jare baie aktief in die alternatiewe munisipale politiek en was die eintlike brein agter mev. Carin Visser se belastingweerhoudingsaksie op Sannieshof. Tot dusver is Sannieshof die enigste dorp in die land, benewens Orania, wat sy eie munisipaliteit buite die ANC-orde bedryf, ‘n soort onafhanklike kanton in eie reg.

Met behulp van artikel 235 van die SA Grondwet wat vir selfbeskikking voorsiening maak, meen Kelder dat dit moontlik is om volgens die Switserse stelsel gewoon af te stig en jou eie onafhanklike kanton uit te roep, nie in die Noord-Kaapse woestyn waar Orania geleë is nie, maar sommer in Sandton of Centurion. Soveel gholflandgoedere en veiligheidsbuurte het reeds hul instandhouding van paaie, sypaadjies en veiligheid geprivatiseer dat dit maar ‘n klein treetjie na volle kantonale outonomie gaan wees! Party van hulle spog selfs met hul eie vlae en Italiaanse of Provençaalse name, dus het hulle as’t ware reeds deel van die eurosone geword. 

Diegene wat nie kantons wil hê nie, kan steeds onder die Zoeloe- en Xhosa-koninkryke van die ANC staan en demokratiese sentralisme à la Wladimir Lenin geniet. Soos Kelder dit stel: “Niemand dwing jou om jou eie kanton te hê nie; as jy die ANC se stelsel verkies, is dit jóú saak. Dan wens ons jou alle voorspoed en sterkte toe.”

Die ontstaan van sulke territoriale “eilande” oftewel kantons oral in Afrikanermeerderheidsgebiede het Skoppensboer nou aan die dink gesit. Waarom nie sommer die Prinsevlag hys en by Nederland konfedereer soos die onafhanklike eilande van Aruba, Curaçao en Sint Maarten nie? Dan het ons sommer dadelik ‘n weermag wat deel is van NAVO wat ons teen Julius Malema kan kom beskerm, indien nodig.

Die enigste probleem mag wees dat die Nederlanders sou vereis dat ons pro rata tot die koste van hul – of dan “ons” – koningshuis sal moet bydra. Hoogs bekommerd het Skoppensboer alles wat hy kon oor koningin Beatrix gaan oplees. Tot sy verligting het hy gekonstateer dat haar Calvinistiese hoogheid se jaarlikse uitgawes, wat al haar veiligheidsmaatreëls en instandhouding van paleise insluit, slegs 100 miljoen euro beloop, ongeveer een miljard rand. ‘n Bakatel! Veral as ons net ‘n tiende of ‘n vyfde daarvan hoef by te dra. Die Bantoe-aristokrasie wat verby u en my met blou ligte op die snelweë jaag, kos per jaar ten minste ‘n paar honderd keer soveel en hulle het geen kunswerke of antieke meubels in hul paleise om namens die volk te onderhou nie.

Dit mag nou ‘n teenstrydigheid vir republikeinse Afrikaners wees om na ‘n monargie te aspireer. Maar dan het die Vrystaatse Republiek mos in die negentiende eeu toestemming by die Nederlandse koningshuis gevra om wit en oranje strepe op hul vlag te mag gebruik. Aan die ander kant, was Suid-Afrika al ooit werklik onafhanklik, behalwe nou in die dae van die Boererepublieke? Sinici sou sê dat ons in elk geval tans onder Elizabeth II staan, met haar Nguni-satrape wat ons so uitspattiglik regeer. Alles in Engels, natuurlik. Behalwe nou die vertalings van Britse ideologie wat u in Beeld of Die Burger kan lees en wat veronderstel is om ons onderdanig aan die Kroon en haar satrape te hou.

Gaan Griekeland se finansiële probleme die EU kelder? Skoppensboer se Nederlandse penvriend meen van wel. Soos hy dit stel:

“Qua geopolitiek. De EUSSR staat op instorten. België ook. Dat geeft ruimte voor nieuwe ideeën. Dan wordt in ieder geval de Hereniging met Vlaanderen actueel.

“Nu jullie nog.”

Hopelik gaan die Volksrepubliek van Suid-Afrika dieselfde gang as die EUSSR! En word ons almal binnekort inwoners van kantons en onderdane van Beatrix, koningin der Nederlande. Die Kaap mag onder mev. Zille, die epitoom van ‘n Engelse liberalis, wel Brits bly, maar dan is die betere dele van die Vrystaat en Transvaal weer Hollands!

Intussen oefen Skoppensboer solank aan “Kent gij dat volk”. Hy hou van Langenhoven, maar daardie frase “Ons vir jou Suid-Afrika” steek hom deesdae dwars in die krop. Binnekort is Malema president van Suid-Afrika en dan gaan dit amper wees soos om te sing: “Ons vir jou Julius.” 

En ons aanstaande vorstin sal sekerlik gevlei voel as ons volkslied darem ook in haar dialek oor ons Toskaanse villas weerklink.

комплектующие к погружному насосутопкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.