Vlaag stakings gaan SA tref

Deel op
Suid-Afrika kan gereed maak vir ‘n vlaag stakings deur duisende werkers in verskeie sektore in die komende week, nadat loononderhandelings met werkgewers in die ingenieursbedryf en verwante sektore misluk het.

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, het besonderhede bekendgemaak oor planne vir voorgenome massa protesoptrede.

Volgens Castro Ngobese, woordvoerder van die vakbond, het hulle by ‘n spesiale nasionale uitvoerende komiteevergadering reëlings afgehandel vir die protesoptrede wat moontlik Maandag reeds kan begin.

Die vakbond Samwu het ook bevestig dat werkers in die ingenieursbedryf Maandag gaan begin staak.

Die mynvakbond NUM dreig ook met stakings by myne landwyd.

Numsa sê samesprekings die afgelope twee maande met die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe van Suid-Afrika, wat werkgewers in die bedryf verteenwoordig, het niks opgelewer nie.

Die bedryf bestaan uit nagenoeg 9 000 maatskappye.

for weddingФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.