Heidelbergse egpaar sterf wreed in plaasmoord

Deel op
‘n Bejaarde paartjie is Saterdagoggend op hul plaas naby Heidelberg vermoor, het die polisie in Gauteng bekendgemaak

‘n Insleepdiens het glo die paartjie se seun gebel nadat hul motor op die R42 naby Vereeniging gevind is, het konst. Tikoane Sonopo gesê.

Die seun het daarna omstreeks 05:30 hom na sy ouers se Houtpoort-plaas gehaas. Hy het sy 60-jarige ma in die sitkamer gevind waar hy haar vasgebind met verskeie steekwonde aangetref het. Sy was reeds dood.

Hy het sy pa se lyk, ook met verskeie steekwonde op die kamervloer gevind.

Volgens Sonopo was die binnekant van die huis geplunder. ‘n Geweer en elektriese toestelle is gesteel.

Die polisie ondersoek die saak.

справку дляФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.