Afrikaner se geskiedenis leef op Praag!

Deel op

Vele Afrikaners betreur die verdwyning van Afrikanergeskiedenis uit die skoolleerplanne vir geskiedenis wat deesdae grootliks aan die geskiedenis van die ANC en Nelson Mandela gewy word. Die Praag-redaksie ontvang selfs briewe van mense wat kla dat hul kinders en kleinkinders “nie meer weet wie hulle is of waar hulle vandaan kom nie”.

Gereelde lesers van Praag weet egter reeds dat ons oor die afdeling Feuilleton/Geskiedenis beskik waar die vermaarde prof. Jaap Steyn, taalkundige, literator, skrywer, biograaf en historikus weekliks op pakkende wyse ‘n vervolgverhaal oor ons geskiedenis skryf. Hierdie afdeling van Praag het so pas sy eie domeinnaam, geskiedenis.co.cc, ontvang, wat dit nóg makliker vir lesers gaan maak om op die internet te vind.

Benewens al ons ander aktiwiteite, is Praag besig om die Afrikanergeskiedenis op die internet te bewaar en uit te bou. Dis ‘n grootse taak wat ons met geesdrif, toewyding en trots uitvoer.

Al wat ons vra, is dat u ons sal ondersteun deur hier by PRAAG aan te sluit:

Sluit aan

Indien u in die buiteland is of verkies om via PayPal ‘n donasie of subskripsie uit te neem, gaan na enige van hierdie bladsye:

Internasionale en PayPal-aansluitings (Engels)

Internasionale en PayPal-aansluitings (Nederlands)

 

 

мдфтопкарго кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.