Skrikwekkende parallelle tussen ANC-SA en Nazi-Duitsland, deel 1

Deel op

Alle aanwysers toon ons staan op die vooraand van ‘n bloedige volksmoord. Malema se uitsprake, in Zuma se teenswoordigheid en met sy stille maar volle goedkeuring, is ‘n de facto-oorlogsverklaring. Dis nie verniet dat dr Stanton van Genocide Watch Suid-Afrika vandeesweek opgegradeer het na fase 6 van ‘n 8-fasevolksmoord nie.

Die filosoof en skrywer George Santayana se beroemde woorde “Diegene wat nie die verlede onthou nie is verdoem om dit te herhaal” is heel van pas. In dié opsig is die parallelle tussen Suid Afrika 1994-2011 en Nazi-Duitsland 1929-1945 verstommend.

Populistiese, opruiende uitsprake deur Joseph Goebbels (Jimmy Manyi) en Julius Streicher (Malema) wat Hitler (Zuma) soos ‘n redelike, onskuldige lammetjie laat lyk het. Die Jode van die 1930’s het almal gehoop Hitler sal sy luitenante in die bek ruk, nes SA blankes tans wanhopig bid Zuma sal doen. Hitler se uitsprake oor Jode was veel meer gematig as dié van sy onderdane, nes Zuma homself beteuel en liefs vir Malema toelaat om die praatwerk te doen. Die slimmer Jode het deur hierdie “good cop bad cop”-taktiek gesien en in hul massas gevlug, terwyl die naïewe goedgelowiges die vlugtendes vervloek het, geteem het oor “nasiebou” en hul wrange “hoop” op die beskerming van God en buitelandse ingryping gevestig het. Die hoop het beskaam, God het nooit beskerm nie en die buitelandse ingryping was hopeloos te laat om 6 miljoen Joodse lewens te red.

Lukrake aanvalle en ras-gefokusde haatmisdaad teenoor Jode het in 1933 die hoogte ingeskiet. Stedelike moord was egter minimaal. Duitse “Einsatzgruppen” het soos hedendaagse plaasmoordbendes hoofsaaklik in die verowerde gebiede rondgeswerf en mense lukraak tereggestel. Sedert 1994 het ‘n misdaadgolf SA getref. Veral blankes word gemartel en op die wreedste wyses denkbaar vermoor. Kinders, vroue en selfs babas word nie ontsien nie. As statistiese groep is boere en hoewebewoners se sterftesyfer die hoogste ter wêreld maar die regime en verradelike media doen lustig mee om openlike haatmisdaad as “gewone” misdaad te vergoeilik. Dat ons te doene het met ‘n onverklaarde, lae-intensiteit- asimmetriese oorlogvoering is ooglopend. Die fenomeen van geheime militêre ANC-jeugliga-opleidingskampe soos gesien in die Noord-Transvaal en Swaziland, wat vinnig toegesmeer en uit die openbare oog verwyder is, is ongetwyfeld gekoppel aan stedelike en landelike terreur. Dit word gerieflik as misdadigheid vermom.

Gestapo-troepe het snags Jode se deure kom afskop en hulle in selle geprop waar hulle sonder verhoor aangehou en gemartel is. Net so word blanke burgerlikes en veral motoriste geteiken, gearresteer en aangehou deur SAPD- en Metropolisielede. Blankes word deur die SAPD en Metropolisie verpes, verkleineer en mishandel vir die nietigste oortredings, insluitende verkeersboetes terwyl ernstige oortredings deur swart bestuurders (veral taxis) meestal oor die hoof gesien word. Blanke gevangenes word in selle vermoor en verkrag deur geuniformde polisiemanne. Sterftes in aanhouding klim jaarliks met 20%: ongeveer 1 000 sterftes in 2008, vergeleke met 90 sterftes in 1994. Swart polisie skiet op blankes vir die geringste, mees onsinnige rede, soos gesien is by Kempton Park se CR Swart-stasie asook die polisiemoorde op Kobus De Vries en die wit Franse paartjie te Sutherland. Eise van onregmatige arrestasie het ongekende hoogtes bereik (daar is tans 650 hangende sake), in so ‘n mate dat etlike prokureursfirmas hulle nou ekslusief daarop toespits om vergoedingseise teen die minister van polisie te hanteer.

Duitse polisie en howe was moedswillig en traag om Joodse slagoffers by te staan. Polisie het geweier om sake te ondersoek, bewyse het verdwyn, howe het sake “verloor”, aanklaers het sake “verbrou”, veral teen Duitse rampokkers wanneer die slagoffer Joods is en sake is stilweg van die rol verwyder. Regters en landdroste was Jode openlik vyandiggesind, terwyl Joodse of gematigde regslui met Nazi-aanstellings vervang is. In SA word beskerming teenoor blankes beperk en in sommige gevallle doen polisie- en weermaglede aktief mee aan misdaad teenoor blankes, insluitende moord, roof, verkragting, ens. Polisie weier gereeld om sake oop te maak, arresteer en rand blankes aan as hulle durf kla of verbrou doelbewus sake in ‘n opmerklike patroon van passiewe vyandigheid – veral in gevalle waar blankes vermoor / beroof is en die moordenaars swart is. Oor ons hoërhofregters, soos Hlope en Motata hoef ek nie eens oor uit te brei nie maar in die landdroshowe gaan dinge veel meer beroerd.

Duitsland het die bevolking en veral Jode ontwapen asook geweier om privaatbesit van wapens toe te laat. In SA staan gretige blankes in lang toue soos skape ter slagting by polisiekantore om hul wapens in te handig, terwyl dieselfde wapens later teen hulle gebruik word. Hersiene wapenwetgewing van 2001 word slu toegepas om te verseker dat niemand wapenlisensies ontvang nie (90% weiering). Wit slagoffers wat uit noodweer hul wapens gebruik se skietgoed word blitsig gekonfiskeer, soms vir jare lank of hul wapens word “verloor”.

Joodse sakeondernemings en winkels is geboikot. In SA word blanke besighede genadeloos geboikot deur SEB-wetgewing. Eienaars word gedwing om swart vennote in te neem of so nie, te krepeer. Joodse studente is universiteite verbied en toelatingsvereistes is vir hulle belaglik hoog gestel. In SA word blanke studente gestrem deur veel hoër toelatingsvereistes as dié vir ander rasse, soos by die Universiteit van Kaapstad (UCT) gesien word. Beurse aan blankes word summier geweier. Blanke skole word gedwing om taalbeleidsveranderings aan te bring, met die doel om die karakter van die skool te ondermyn, blanke kinders te verdryf en rassetransformasie te bewerkstellig. Afrikaanse universiteite soos RAU word heeltemaal hernoem en die tradisioneel Afrikaanssprekende wit studente verdryf deur dalende standaarde, misdadige chaos en ongebreidelde rassehaat waaraan hulle blootgestel word. Wit sportspanne se oorsese reise word summier afgestel omdat hulle nie aan rassekwotas voldoen nie. Die druppende, honende anti-blanke haat word sadisties in elke faset, op elke vlak, en om elke hoek en draai vergestalt. In ‘n resensie oor ‘n boek deur Marion Kaplan, professor van geskiedenis by die Universiteit van New York word die volgende oor die Jode in Nazi-Duitsland gesê:

“Two conclusions stand out. One is about the relentlessly imaginative and varied list of deprivations, humiliations, petty cruelties, and legal torments inflicted by the Nazis on Germany’s Jewish minority — 525,000 people accused of poisoning the Aryan majority. These measures were taken in a discontinuous way — lulls contributed to Jews’ ambivalence about leaving — but their accumulated weight caused Jews’ suicide rates to jump. The second concerns the behavior of ‘ordinary’ Germans. There were those who tried to help and hide Jews, but the evidence of ‘public, gratuitous and unnecessary cruelty’ is overwhelming. The 1930s, Kaplan argues, were ‘highly ambiguous’, giving ‘no clear indication of the genocide to come’, but racism ‘demeaned the perpetrators as it devastated the victims’, so that ‘social death’ could ‘lead to physical death’.

Selfmoordsyfers onder blanke mans is tans die hoogste ooit. So ook die getalle wit vroue en kinders wat sielkundige berading agv traumatiese misdaadervarings ontvang. Een kinderkliniek in die noorde van Johannesburg behandel soveel soos 15 blanke kinders daagliks, terwyl hul hoof dit as ‘n “absolute epidemie” bestempel. As iemand wat amper twee jaar gelede geëmigreer het, dink ek jy moet ‘n dikvellige masochis in murg en been wees om die daaglikse wreedhede, onbesonne malligheid en kleingeestige sadisme te kan hanteer.

Jode is verbied om te stem. Blanke Suid-Afrikaners word gekniehalter deur vereistes bv die 1998-bepaling dat niemand mag stem sonder groen identiteitsboekies met strepieskodes nie. Blankes word van kiesersrolle verwyder en word lukraak na ander streke waarin hulle nie woon nie, oorgeplaas (Meyerton & Midvaal 2011). Sommige verdwyn eenvoudig. Burgers wat oorsee woon, word stemreg geweier. Stemreg word egter toegestaan aan gevonniste kriminele in tronke (oorweldigend swart) en binnekort, stemreg aan 16-jariges indien Malema sy sin kry. Kiesersdistrikte word slu herafgebaken en ingelyf by swart woongebiede om te verseker dat ANC-kandidate dmv ‘n getalletirannie verkies word.

Jode is uit staatsdepartemente vedryf, waaronder mediese dienste, onderwys, die polisiemag, die howe en weermag. In SA gebeur dieselfde met blankes, in die naam van “regstellende aksie”. Joodse armoede vier hoogty, terwyl welsynsubsidies aan hulle gestaak word. So ook in SA word ‘n verstommende 800 000 blankes deur omstandighede in plakkerskampe ingedwing, terwyl die ANC-regime moedswillig welsynstoelaes aan blankes beperk of in die geheel staak. 12 Miljoen oorwegend swart mense ontvang welsynstoelaes, befonds deur ‘n skrale 3,4 miljoen geregistreerde belastingbetalers waarvan ‘n aansienlike persentasie blankes is.

Jode is verbied om tikmasjiene, elektriese / optiese stelsels of stelsels vir rekordhouding te gebruik. In SA word wetgewing soos FICA en RICA gepromulgeer onder die dekmantel van misdaadbekamping, maar miljoene plakkerskampbewoners wie se identiteite en adresse nie bewys kan word nie, word oor die hoof gesien. Selfs handelsbanke doen lustig en skaamteloos mee, met hul “Mzanzi”-rekeninge wat eksklusief vir swart gebruikers ontwerp is. FICA en RICA se ware doel is om die staat te bemagtig om op burgers te spioeneer sonder om met lastighede soos hofbevele belas te word – burgers wat openlik deur die regerende party as “die vyand” geteiken word. Banke, sellulêre maatskappye en ander firmas word ten spyte van ‘n dawerende gejil oor “nie-rassigheid” gedwing om rekord te hou van kliënte se ras en etnisiteit. Die rasgedrewe boontjietellery word gerieflik agter die sluier van “statistiese demografie” en “swartbemagtigingswetgewingdoeleindes” gekamoefleer.

Jode se paspoorte is ingetrek, of daar is moedswillig gesloer met die uitreiking daarvan. In SA gebeur dieselfde, insluitende die uitreiking van ID-boekies. Veral blankes wat openlik om dokumentasie aansoek doen as stawende materiaal vir emigrasie (geboortesertifikate, kwalifikasies, misdaadrekords, ens) word erger gestrem en emigrasiekonsultante raai hul kliënte aan om eerder vals redes te verskaf wanneer aansoek om dokumentasie gedoen word, ten einde diskriminasie en frustrasie te ontduik. Die Nazi’s het Jode gedeporteer, maar paradoksaal het hulle ook dinge graag bemoeilik – nes die moedswillige ANC-amptenare wat hulle verlustig in die idee van ‘n blankevrye samelewing, maar ook terstond besef dat hulle van hul sadistiese plesiere ontneem sal word indien daar nie meer handige wit slagoffers in omloop is nie.

Jode is gedwing om ‘n armband (geel ster van Dawid) te dra wanner hulle in die openbaar verskyn het. Net so dwing SARU-rugbybase in 2008 hoofsaaklik blanke rugbyspelers om ‘n geel en groen ster op hul rugbytruie te dra, om hul ondersteuning vir “anti-rassisme” te toon. Dieselfde vereistes word egter nie aan die nasionale (oorwegend swart) sokkerspan gestel nie, dus kan die afleiding gemaak word dat slegs blanke rugbyspelers as gehate rassiste gebrandmerk kan word. ‘n Blanke vel in die hedendaagse Azaniese distopie is die merk van Kaïn – ‘n eienskap wat verklaar dat die eienaar van daardie vel voëlvry verklaar is en ‘n geredelike slaansak is vir misdadigers, bullebakke in uniform, asook enige lid van die staat en sy parasitiese apparaat.

Boeke wat deur Jode geskryf is, is in die openbaar verbrand. Swart personeellede by die SAUK het ‘n groot aantal argivale videobande vernietig en in ander staatsinstansies is sg. “apartheidsrekords” verwoes. Die ANC-staat was vinnig om befondsing vir biblioteke te beëindig. Boeklees is immers ‘n nare, Eurosentriese gedragspatroon nie eie aan Afrika nie. ‘n Joodse geskiedkundige het geskryf dat die Duitse Jode ‘n tipe “sosiale dood” gesterf het terwyl niemand die komende volksmoord kon eien nie en met nabetraging was dit dus ‘n gegewe dat ‘n sosiale dood onafwendbaar na werklike of fisieke dood moes lei.

Jode het meer vir water en elektrisiteit as ander burgers betaal. In SA ontvang meeste swart dorpsinwoners gratis water en elektrisiteit. Eskom durf nie die toevoer afsny nie, kastig om oproer te vermy. Inwoners van tradisioneel blanke buurte se krag en water word egter soos blits afgesny, soms sonder rede of soms binne slegs 5 dae se laat betaling. Wit rekeningbetalers word telkens met absurde hoë bedrae gefaktureer en het geen keuse as om die wet van Transvaal te volg nie. Jode is ook hoër belas, nes blanke Suid-Afrikaners uitgesuig, gebloei en papgedruk word deur die parasitiese staat en korporatiewe aasvoëls soos Telkom en Eskom.

Duitsers stig die “Ariese Paragraaf” om Jode en ander rasse institusioneel uit te sluit. In die wonderlike nuwe, nie-rassige SA verrys raseksklusiewe instansies soos paddastoele. Voorbeelde soos die Black Lawyers Association, Black Gun Owners Association, Black Management Forum, ens., is legio. Besoek hierdie groepe se webwerwe. Daar lees mens rillende betuigings van stroopsoet sentimentele knop-in-die-keel-nie-rassigheid wat jou skoon hoendervleis gee, terwyl in die volgende asem hulle onbeskaamd en voortvarend aanbabbel oor hoe slegs swartes lidmaatskap mag bekom.

Joodse kinders is op skool geboelie, verkleineer en gespot weens hul etnisiteit. Growwe, openlik anti-Semitiese materiaal is verkondig en in die sillabus ingesluit. Blanke kinders word aangerand, beroof, met messe gesteek en wit meisies word seksueel afgeknou deur kwylende swart jeugdiges. Blanke kinders leer ‘n “struggle”-sillabus waarin blanke geskiedenis lustig vertrap word, Boerehelde as gewetenlose slawe-eienaarskurke uitgebeeld word, terwyl ANC-leiers en bloedlustige terroriste soos McBride, Solomon Mhlangu en Andrew Zondo as onaantasbare afgode vereer word. Skynbaar is dit ‘n voorvereiste vir ‘n hedendaagse “struggle hero” om te kan spog dat hy blankes doodgemaak het. Geen wonder die heersende regime het soveel angstige vrywilligers om blanke bloed te stort nie – die kanse dat jou naam verewig sal word in ‘n straatbenoeming is amper 100%!

In die periode voor en gedurende die 1936-Olimpiese Spele in Berlyn is die anti-Joodse veldtog in die geheel opgeskort. Anti-Semitiese propaganda is gestaak terwyl die land gereed gemaak het vir die skouspel wat ‘n tipe debuut- of bekendstellingspartytjie vir die Nasionaal Sosialistiese Arbeidersparty sou wees. Baie Jode was verheug en verlig oor die skielike vars briesie en het entoesiasties meegedoen aan die poets en skoonmaak terwyl hulle uitgesien het na ‘n einde aan die rassistiese malligheid. Sommige het selfs hul emigrasieplanne gestaak terwyl hulle gejubel het oor die skielik meer verdraagsame en uiters welkome trant in die land. Die spele was ‘n reusesukses en ‘n propagandatriomf vir Hitler. Goebbels, wat verantwoordelik was vir die inligtings- en uitsaaidienste, is deur grootbase van die BBC en die Amerikaanse NBC vir sy uitmuntende dienste aan die internasionale pers hoog aangeprys.

Net so het anti-blanke haatspraak en propaganda kort voor die 2010-sokkerwêreldbeker getaan, ten spyte van die skokkende moord op Eugene Terre’Blanche ‘n skrale twee maande voor die afskop. Die media het ‘n hoogs suksesvolle veldtog van “nasiebou” van stapel laat loop en vir ‘n paar maande het ‘n eienaardige solidariteit en nie-rassigheid hoogty gevier. Die Blou Bulle het toetse gespeel in Soweto en Afrikaanse rugbyondersteuners het heerlik hand om die blaas saam met swart drinkebroers in lokasiesjebiens gekuier.

Dit was ‘n propagandameesterstuk vir die ANC-regime en die wêreld het gegons oor hoe wonderlik sake in SA is. President Zuma het ‘n skokkende persoonlike pleidooi aan misdadigers gerig waarin hy hulle gevra het om vir minstens een maand gedurende die skouspel hulself in toom te hou. As die media en staat geglo kan word, is wyd hierop ag geslaan en ‘n beduidende afname in moord, roof en verkragtig was te bespeur, hoewel sommige glo dat dit slegs onder die mat gevee is. Nietemin, indien daar wel ‘n daadwerklike afname was, bewys dit ‘n onteenseglike verband tussen die wense en instruksies van die regerende party, en die misdaadsituasie in die land. Asof dit nie betreurenswaardig genoeg is nie, kom Julius Malema in 2011 en verklaar dat “blankes veel minder aanvalle, moorde en misdaad sal ervaar indien hulle 80% van hul grond aan swartes afstaan”. Nader as dit in ‘n volslae bekentenis van aandadigheid kom mens nie.

Kort ná die Berlynse spele het opnuut ontnugterde Jode verskrik aanskou hoe anti-Semitisme met vuur en vlam hervat het, met hernieude intensiteit en in hoërrat as ooit tevore. ‘n Skrale vier jaar later het die volksmoord in alle erns begin. Kort ná die FIFA-wêreldbeker in SA het anargie en chaos soos blits teruggekeer, met ‘n verstommende 50 plaasmoorde ná die moord op ET, waaronder die barbaarse moord op die onskuldige tweejarige Willemien Potgieter, wat aan die hare opgetel is en toe deur die kop geskiet is nadat haar pa voor haar oë gemartel en doodgekap is.

тумба светильникЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.