Michelle Obama, gesant van anti-wit Amerika

Dan Roodt
Deel op

Die besoek van die Amerikaanse eerste dame aan Suid-Afrika het in ‘n week geskied waarin Julius Malema opnuut gedreig het om alle plase wat aan blankes behoort sonder vergoeding te konfiskeer. Dit wil voorkom asof “grondhervorming” of grondgryp na die Zimbabwiese model in die nabye toekoms in Suid-Afrika toegepas gaan word. Binne dié konteks was Michelle Obama se gewerskaf in ‘n groentetuin in Soweto vir ‘n Amerikaanse presidentsvrou voorwaar ‘n vreemde gebaar, asof sy daardeur haar simboliese steun aan die komende konfiskering van blanke landboubates wou verleen.

Ook in dié week het Associated Press berig oor die demografiese kanteling wat in die VSA plaasgevind het, met blanke geboortes wat nou in die minderheid verkeer. Die enorme implikasies hiervan het nog nie eens begin om by ons te registreer nie, want die VSA het sedert die tweede wêreldoorlog triljoene dollar in sy militêre tegnologie belê. Nie net het die VSA hierdeur die wêreld se enigste supermoondheid geword nie, maar ook die eerste wetenskapfiksiemoondheid – vir wie oorlog soos ‘n videospeletjie vanaf rekenaarskerms gevoer word. Nanotegnologie het Amerika in staat gestel om mikroskopiese afstandbeheerde tuie na individue te stuur wat hulle amper soos ‘n insek se byt feitlik ongesiens kan doodmaak.

Die skrikwekkende gevolge indien die VSA se wapenarsenaal en -tegnologie “in die verkeerde hande” sou val, kan elkeen verstaan. Soos ons egter in Suid-Afrika gesien het waar ons weermag en die militêre nywerheidskompleks – die ou Krygkor en sy verwante maatskappye en verskaffers – eensklaps aan die ANC en Suid-Afrikaanse Kommunisteparty oorgedra is, maak rassepolitiek enigiets moontlik. Volkere word nie meer op die slagveld verower nie, maar demografies, sielkundig en met behulp van media en gewetenlose propaganda.

Binne slegs enkele dekades gaan blanke kiesers in Amerika, net soos in Suid-Afrika, in die minderheid verkeer. Radikale regstellende aksie, diskriminerende rassewette en intense propagandaveldtogte oor “die verlede” sal, nes by ons, op die oorblywende Amerikaanse blankes uitgegiet word. In vele opsigte woed die stryd reeds in Amerika en onlangse teendstand teen regstellende aksie en anti-blanke rassevoorkeure sal met die veranderende demografie soos mis voor die son verdwyn. Private en openbare bates in die vorm van aandele in maatskappye, pensioenfondse, skole en universiteite, maar ook landbougrond, sal onder dwang by blankes afgeneem word en aan nydige, “verontregte”, ontevrede en aggressiewe gekleurdes oorhandig word. Hierdie private en openbare bates sluit die Amerikaanse weermag, vloot, lugmag en militêre nywerheidskompleks in. Sportsoorte waarin blankes steeds uitblink, soos gholf, swem, skerm, seiljagvaart, motorsport, ens., sal soos in Suid-Afrika met behulp van rassekwotas “getransformeer” word om die demografie van die land te weerspieël. Natuurlik hoef sportsoorte waarin swartes of gekleurdes uitblink nie demografies verteenwoordigend te wees nie.

Gedurende haar besoek het Michelle Obama geen blanke openbare figure besoek nie. Nie eens diegene wat, soos Bram Fischer, Beyers Naudé, Ronnie Kasrils (en Helen Zille!) aan die kant van die ANC geveg het nie. Vanselfsprekend het sy nie monumente soos die Voortrekkermonumen in Pretoria, die sewentiende-eeuse Kasteel of Afrikaanse taalmonument in die Kaap besoek nie. Inteendeel, sy het slegs swart monumente en figure met haar teenwoordigheid vereer, soos Nelson Mandela, Desmond Tutu, Soweto en die Hector Peterson-monument, asook die linkse Apartheidsmuseum met sy ekstreme, eensydige voorstelling van ons geskiedenis. Haar uitstappie na Robbeneiland waar Nelson Mandela aangehou is, is weens die gure weer gekanselleer.

Jared Taylor van American Renaissance het so pas ‘n boek genaamd White Identity – Racial Consciousness in the 21st Century gepubliseer wat binnekort ook in ‘n Suid-Afrikaanse uitgawe beskikbaar sal wees. In die boek toon hy met meedoënlose feite aan hoe elke rassegroep in die VSA oor ‘n sterk eie identiteit beskik: swartes, Spaanssprekende kleurlinge (Hispanics) en Asiërs. Oor die algemeen is Asiërs ekonomies suksesvol, presteer akademies goed en pleeg min misdaad, anders as swartes en Spaanssprekende kleurlinge. Maar selfs hulle staan as groep teen blankes saam. Blankes, daarenteen, staan teen niemand saam nie en beskou ‘n rasseidentiteit as uit die bose. Hier by ons hoef ‘n mens maar net die gesanik van die rubriekskrywers van Beeld, Die Burger en ander Nasperskoerante oor “nie-rassigheid” week ná week te lees om te besef dat daar, waar ras ter sprake is, byna geen verskil tussen die Amerikaanse blanke elite en dié van Suid-Afrika is nie. Mnr. FW de Klerk het ná alles sy hele weermag, lugmag en vloot wat volgens Jane’s Defence Weekly op daardie stadium die vyfde sterkste ter wêreld was, aan die swart ideoloë van die ANC en SAKP oorhandig – sonder om ‘n skoot te skiet. Weliswaar was De Klerk onder druk van die VSA, Brittanje en ander Westerse lande, maar hy hoef nie die oorgawe so ekstreem te gemaak het deur sy eie mense, die Afrikaners, in ‘n posisie van volslae onmag sonder eie grondgebied te geplaas het nie.

Michelle Obama se simboliese besoek aan Suid-Afrika is bedoel om aan die toenemende swart bevolking wêreldwyd, in die VSA, Brittanje, Frankryk, Brasilië, die Karibiese eilande en natuurlik Afrika suid van die Sahara, die boodskap oor te dra dat hulle in Suid-Afrika ‘n belangrike eerste geveg in ‘n globale oorlog gewen het. Vir die eerste keer in die geskiedenis het ‘n swart bevolking ‘n nywerheidstaat tot sy beskikking wat grotendeels deur blanke kundigheid, organisasie en belastingbydraes tot stand gekom het. Insgelyks vandeesweek het die ANC teruggestaan wat groter beheer oor die media betref. Die Suid-Afrikaanse Engelstalige media beskik oor dieselfde toerusting, tegnologie en opleiding as in die meeste Westerse lande, maar verkeer reeds onder swart beheer, met swart redakteurs, uitvoerende beamptes en dies meer. Die Suid-Afrikaanse media beskik reeds oor ‘n duidelike anti-blanke rassevooroordeel, waartoe renegaatblankes soos Max du Preez, Christi van der Westhuizen, Marianne Thamm, Leopold Scholtz, Guy Berger, die spotprentkunstenaar Zapiro en ander mildelik bydra. Maar selfs dít is vir die ANC nie genoeg nie en hy wil ‘n meer radikale, pro-swart boodskap in die media sien.

Nie lank gelede nie, het die SAUK-TV op Sondae-aande ‘n reeks propaganda-uitsendings gebeeldsend waarin die rol van Amerikaanse swartes in die destydse propagandaveldtog teen die sogenaamde “apartheidsbewind” opgehemel is. Die swart koukus van die Amerikaanse kongres het president Reagan ‘n vernederende neerlaag toegedien toe die kongres sy presidensiële veto teen die “Comprehensive Anti-Apartheid Act” van 1986 ongedaan gemaak het. Reagan se eie party, die Republikeine, het saam met die swart koukus teen hom gestem en hy met 78 teen 21 in die Senaat en met 313 teen 83 in die Huis van Verteenwoordigers verloor. Dit was die eerste en enigste keer in die twintigste eeu dat ‘n Amerikaanse president se veto oor ‘n buitelandse kwessie gekanselleer is. Amerikaanse blankes het in 1986 reeds gestem om ‘n radikale, pro-kommunistiese beweging soos die ANC en sy bondgenoot, die SAKP, in Suid-Afrika aan bewind te plaas. Net soos wat die Sweedse blankes oor jare heen die ANC se stedelike en landelike terreurveldtog, waaron die Kerkstraatbom van 20 Mei 1983, met ‘n parlementêre begroting gefinansier het.

Swart politici soos Randall Robinson, Andrew Young, Jesse Jackson, asook swart kunstenaars soos Stevie Wonder het hul toegang tot die Amerikaanse media gebruik om tydens 1986 ‘n landwye veldtog teen Suid-Afrikaanse blankes in die VSA te loods. Ander bekende figure wat aan dié demonstrasie van rassesolidariteit met Suid-Afrikaanse swartes deelgeneem het, was Rosa Parks, Coretta Scott-King en die tennisspeler Arthur Ashe. In Januarie 1987 het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, George, Schultz vir Oliver Tambo, die destydse leier van die ANC ontvang, wat deur die swart beweging in die VSA as ‘n “belangrike politieke deurbraak” gesien is. Deur diplomatieke kontak op die hoogste vlak, het die VSA ‘n pro-kommunistiese terroristebende soos die ANC vir die eerste keer as ‘n toekomstige regering van Suid-Afrika gesalf.

Die Suid-Afrikaanse eksperiment in rasseverhoudinge het globale implikasies. Die feit dat Suid-Afrikaanse blankes tans ‘n maatskaplike en politieke stelsel aanvaar wat op hul eie uitwissing gemik is, wil sê dat dit dalk wêreldwyd – veral ook in die VSA – aanvaarbaar mag wees. Daar is insgelyks druk op Europa om die ongebreidelde immigrasie van derdewêreld- en Moslemimmigrante te aanvaar, wat blankes aldaar tot ‘n minderheid in hul eie lande sal reduseer. Vanuit Amerika is ons bekendgestel aan regstellende aksie en daardie reeks pro-swart ekonomiese maatreëls wat hier te lande “swart ekonomiese bemagtiging” (SEB) heet. Die meeste blankes in Suid-Afrika ervaar hierdie stelsel as wesentlik rassisties en onregverdig, gegewe die groot somme geld wat hulle vir dekades lank – ook onder apartheid – aan swart opvoeding, gesondheid en welvaart bestee het. Omdat die Suid-Afrikaanse media egter deur hetsy swartes, hetsy liberale of linkse blankes beheer word, word hierdie gevoel van verontregting egter nooit na behore geartikuleer nie. Behalwe natuurlik op die internet en op webwerwe soos praag.co.za.

Die belang van Suid-Afrika vir die huidige Withuis, is vandeesweek deur verskeie mediaberigte bevestig. AFP berig dat ‘n woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, Elizabeth Trudeau, die volgende verklaar het: “’n Besoek aan Suid-Afrika is vir hulle as ‘n gesin belangrik. Sy sal vele landmerke uit die strydjare besoek, waaronder die Apartheidsmusem (en) die Hector Peterson-gedenkteken.” Volgens AFP het “die Withuis die belangrikheid van Suid-Afrika se anti-apartheidsbeweging vir die eerste gesin belemtoon, wat president Obama sy eerste politieke saak genoem het”.

Blankes in Suid-Afrika het voor ‘n onverbiddelike drievoudige keuse te staan gekom: ondergang en assimilasie deur die swart meerderheid, emigrasie of laastens: weerstand teen rasseverdrukking. In die nabye toekoms gaan die hele Westerse en waarskynlik Europese wêreld voor dieselfde keuse gestel word. Nie so lank gelede nie, het ek teenoor my vrou opgemerk dat as die ergste gebeur en Suid-Afrika in ‘n burgeroorlog verval, ons ten minste nog jagters met jaggewere aan ons kant sal hê, al het FW de Klerk al die outomatiese wapens en pantservoertuie van die weermag aan Umkhonto we Sizwe oorhandig. Die groot aantal goeie skuts onder Afrikaners sou as skerpskutters kon optree en sodoende die ANC op sy baadjie gee soos wat die Finse skerpskutters met die Rooi Leër tydens die tweede wêreldoorlog gedoen het. “Moenie so optimisties wees nie, het sy gesê. Die VSA het nuwe tegnologie teen skerpskutters ontwikkel wat ‘n klankbeeld van die geweer gebruik om die presiese ligging van die skut te bepaal, waarna hy binne ‘n breukdeel van ‘n sekonde met ‘n teenskoot gedood kan word.”

‘n Vinnige soektog op die internet het bevestig dat sy reg is. BBN van die VSA se “Boomerang”-stelsel, asook “WeaponWatch” van Radiance Technologies in Alabama kan inderdaad die tipe wapen en ligging van skerpskutters oombliklik bepaal en ‘n teenreaksie rig. Tydens ‘n Suid-Afrikaanse burgeroorlog sal die VSA, weereens onder invloed van links-liberale en invloedryke swart drukgroepe, kant kies téén blankes en vír die ANC. Amerika se wetenskapfiksie- militêre tegnologie sal waarskynlik tot die beskikking van die huidige SANW, wat bloot Umkhonto we Sizwe in ‘n ander uniform is, gestel word om enige rebelse Afrikaners of blankes uit te wis.

Vanweë die demografiese revolusie in die VSA, gaan hierdie hoogs ontwikkelde militêre tegnologie egter toenemend deur nie-blankes beheer word, wat dit ook teen dissidente Amerikaanse blankes sal aanwend. Die jare lange arbeid van blanke Amerikaanse ingenieurs en wetenskaplikes om gevorderde wapenstelsels vir die wêreld se enigste supermoondheid te ontwikkel, sal binnekort teen hul kinders en kleinkinders gebruik word om hulle tot onderdanigheid voor hul gekleurde heersers te dwing.

In ‘n sekere sin beleef ons tans ‘n tydvak waarin die derde wêreld op Europa en Noord-Amerika wraak neem vir die vooruitgang wat daar in die Weste sedert die Renaissance plaasgevind het. Dieselfde geld vir Suid-Afrika. Die blote feit dat ons gewaag het om ‘n nywerheidsland op die agterlike Afrika-vasteland op te rig, asook die kontras tussen blanke welvaart en swart ellende in ons eie land, het ons aandadig aan ‘n misdaad gemaak. Ons, die nuwe aankomelinge, het Afrika met sy veelgeroemde “eeue oue kultuur” verneder. Pleks van “kultuur” in die vorm van danse, kralewerk en primitiewe landbou en veeteelt, het ons gestruktureerde kennis in verkeie dissiplines, die geskrewe woord, letterkunde, klassieke musiek, Boeremusiek, meubels en klipgeboue van argitektoniese waarde gebring. Binne minder as honderd jaar sedert 1875 het ons ons miskende Nederlandse dialek uit die sewentiende eeu, Kaaps-Hollands, tot die kultuurtaal Afrikaans uitgebou. Ons sukses en vooruitstrewendheid is die inhoud van ons “rassisme” en “historiese skuld”. Omdat ons soveel in hierdie land opgebou het, moet ons nou ten gronde gaan. Met die seën – nee, die aktiewe ondersteuning – van multikulturele Amerika en sy swart “eerste gesin”.

‘n Wetenskapfiksiekonflik in die nabye toekoms wag op ons, waar Amerika se hoëtegnologiewapens waarskynlik vir ‘n reeks kleinerige volksmoorde op blankes gebruik sal word. Soos in die romans en die films, is ons enigste hoop om binne die militêre nywerheidskompleks self ‘n identiteitskonflik te ontketen, waar militêre wetenskaplikes en verskaffers sal begin wonder aan wie se kant hulle eintlik behoort te veg, dié van Athene of die barbare.

In onlangse gesprekke met denkende Amerikaners, Nederlanders, Britte, Israeli’s, Australiërs en ander, was almal dit eens dat die rassegeweld en onreg wat veral Afrikaners tans in Suid-Afrika beleef, binnekort ‘n wêreldwye verskynsel gaan wees. Ons verteenwoordig bloot die voorhoede van globale Westerse ondergang.

Michelle Obama was nie vandeesweek in Suid-Afrika om slegs die oorwinning oor die gehate wit rassiste van Suid-Afrika te vier nie, maar ook om haar rasgenote en alle vyande van die Weste tot groter hoogtes aan te spoor. Die Afrikaner kon teen die Britse Ryk staande bly, maar nie teen die Swart Ryk van die ANC en sy globale ondersteuners nie.

Hoe moeilik kan dit wees om Noord-Amerika en Wes-Europa ook finaal te verower? Anders as ons, die Amerikaners en die Israeli’s, weet die pasifistiese Wes-Europeërs nie eens hoe om te skiet nie.

эжекторные насосные станциилобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.