‘n Kovsies-eredoktorsgraad wink vir Ronald McDonald

Die proses van transformasie van die UOVS na ‘n Nuwe Suid-Afrikaanse eee-duh-kayshunal inrigting, ná die Reitzhuisvoorval, is volbring. Oprah Winfrey, die Amerikaanse gemors-TV-koningin, het vandag ‘n eredoktorsgraad in die opvoedkunde ontvang by dié eens gerespekteerde instansie. Ek was terloops in erge versoeking om me Winfrey die kakpraatkoningin van Amerikaanse TV te noem, maar Praag is ‘n gesins-georiënteerde werf.

Enige iemand wat al ooit in die VSA TV probeer kyk het, kan getuig van die opperste gedagteloosheid van die meeste daarvan. Dit is nie bloot dat die oormatige, nimmereindigende advertensies dit totaal onkykbaar maak nie, maar ook dat die inhoud daarvan formulaïes en meestal totaal sonder substansie is. McDonald’s vir die oë, met ander woorde. Niemand het ryker geword uit hierdie soliede dieet van gemorskos wat aan Amerikaanse kykers opgedis word as me Winfrey nie.

As jy Oprah is, is jou reseppie vir visuele gemorskos soos volg: Kry ‘n paar gaste op jou program. Rakel emosies by die gehoor op. Word self gereduseer tot ‘n valse snot-en-tranerige staat. Groet jou gehoor. Kameras en ligte skakel af in die ateljee. Jou faux-trane skakel net so vinnig soos die kameras af. Waggel na jou aantrekkamer en gaan stop jou gesig vol roomkoek en hamburgers, ryke stof vir ‘n volgende program waartydens jy opnuut ‘n traan saam met die gehoor gaan wegpink omdat jy so met jou gewig sukkel. Herhaal laasgenoemde male sonder tal en bekom sodoende obsene rykdom, omdat die gekke wat jou program soos die vetterige gemorskos wat dit is, verslind en hul geld gou van mekaar vervreem word.

Met daardie obsene rykdom rig jy ‘n eksklusiewe skool wat slegs swart meisies aanvaar in die sogenaamde nie-rassige Nuwe Suid-Afrika op. Jy noem dit ‘n leierskapsakademie.

Dis ‘n soort luukse, nie-rassige (d.w.s. nie-blanke) konsentrasiekamp vir swart meisies, met ouers wat kla dat hulle hul dogters slegs een keer per maand mag besoek. Leiers was die akademie se leerkragte toe inderdaad, maar ongelukkig vir me Winfrey leiers met die seksuele teistering van die meisies. Die leerlinge het ook hulle kant gebring en getoon welke leiers hulle is in terme van die onsuksesvolle verstekery van fetusse in plastieksakke. Presies hóé iemand swanger raak wat geen kontak met die buitewêreld mag geniet nie, is nie heeltemal duidelik vir my nie, maar daar is seker tuiniers of sjefs op die perseel.

Die skool se eerste leerlinge het nog nie matriek geskryf nie, maar bostaande prestasies van me Winfrey was skynbaar genoeg vir die regstellende-aksie-rektor van Kovsies, professor Jonathan Jansen. Hy ken ‘n mede-getransformeerde opvoedkundige as hy een sien, synde die voormalige dekaan van die Faktulteit Opvoedkunde op Tukkies. Jansen is na Kovsies gestuur ná die Reitzhuis-voorval, om die standaarde van dié inrigting na benede te rem in die naam van transformasie. Ook natuurlik om een of ander punt teenoor blanke studente te maak. Wat daardie punt is, weet ek nie presies nie, maar dit moet iets wees soos dat slegs swart SASCO-studente mag dreig om blanke studentedames te verkrag en dat almal op ‘n nie-rassige wyse die kampus mag verwoes en brande stig, mits hulle nie blankes is nie.

Vandag, met die geleentheid van me Winfrey se eredoktorsgraad in die opvoedkunde, moet ek vir Jansen gelyk gee: Hy het dit vermag. Kovsies is inderdaad na ‘n gemorskoseetplek van die akademie binne slegs ‘n paar jaar onder Jansen se leiding getransformeer. ‘n Meer onwaarskynlike kandidaat vir ‘n doktorsgraad in die opvoedkunde as me Winfrey kan ek kwalik bedink, uitgesonderd miskien Ronald McDonald, die kitskosnar.

As ek tog ‘n voorstel mag maak: Miskien sou ‘n ander soort doktorsgraad veel meer van pas wees vir me Winfrey, een in die proktologie. Proktologie is die mediese spesialisveld wat oor die anus, rektum en dikderm handel, en dus volmaak beskrywend van die inhoud van me Winfrey se program. Ek sou me Winfrey persoonlik, in plaas van met ‘n akademiese pet, met ‘n ligte tikkie van ‘n toiletdeksel op die kop tot doktor in die proktologie gepromoveer het.

 

 

 

free welcome bonustopcargo развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.