VSA: Wit geboortes nou in die minderheid

Deel op

Vir die eerste keer in die geskiedenis is die meerderheid babas wat in die VSA gebore word, nie meer wit nie. Dit maak deel uit van ‘n radikale verandering in rassamestelling, ook van ouderdomsgroepe in dié land.

Daar is ‘n groeiende kloof tussen meestal wit, ouer Amerikaners en oorwegend swart jeugdiges wat regeringsbeleid in die toekoms ernstig kan beïnvloed.

Voorlopige sensusramings toon ook dat van Afro-Amerikaanse huishoudings onder leiding van die vroue – wat ​​uit meestal  enkelmoeders bestaan – nou meer is as Afro-Amerikaanse huishoudings met getroude paartjies. Ontleders waarsku dat dit voortgesette uitdagings vir swart jeugdiges sonder betrokke vaders, kan inhou.

Die bevindinge, wat op die jongste regeringsdata gegrond is, bied ‘n oorsig van die finale 2010-sensusresultate.

Demograwe sê die uitslag is die duidelikste bevestiging nog van ‘n veranderende sosiale orde, een waarin rasse-en etniese minderhede Amerika teen die middel van die eeu sal bevolk.

“Ons beweeg na ‘n erkenning dat ons in ‘n ander wêreld as die 1950’s lewe, waar huwelike of twee-ouer- heteroseksuele paartjies nou nie meer die norm is nie, na veral kinders van kleur,” sê Laura Speer , koördineerder van die Kids Tel-projek vir Annie E. Casey Foundation.

“Dit is duidelik dat die jonger geslag baie demografies verskil van die bejaardes, iets om in gedagte te hou as politiek uitspeel,” het sy gesê. “Dit is belangrik dat kinders in staat is om te groei om internasionaal mee te ding.”

William H. Frey, ‘n demograaf by die Brookings Institution wat die data ontleed het, sê swart/bruin geboortes oortref blanke geboortes in die groep onder die ouderdom van 2.

Twaalf deelstate asook DC het tans ‘n wit bevolking onder 50 persent van kinders onder die ouderdom van 5. Dit sluit Hawaïi, Kalifornië, Nieu-Meksiko, Texas, Arizona, Nevada, Florida, Maryland, Georgia, New Jersey, New York en Mississippi in. Dit het van ses state en die Distrik van Columbia in 2000 toegeneem.

Teen die huidige groeikoers, kan nog sewe state binne ‘n dekade draai: Illinois, Noord-Carolina, Virginië, Colorado, Connecticut, Suid-Carolina en Delaware.

In teenstelling hiermee, is die oorgrote meerderheid van die ouer Amerikaners – 80 persent van die seniors 65 en ouer en ongeveer 73 persent van die mense tussen 45 en 64 – wit. 

магазин автоинструментаАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.