Die Blu-Ray revolusie

Ons almal ken van DVD kyk, daardie blink 12cm skyf wat soveel kykgenot bring omdat daar honderde TV-kanale is maar niks om te kyk nie.

Wat mens egter in ag moet neem is dat DVD slegs die evolusie van die standaard kompakskyf was. DVD is oorspronklik in die laat 90s vrygestel as die opvolger op VHS en Betamax.

Vir die wat nie weet nie, Betamax word tot vandag toe gebruik deur seker uitsaaiers as gevolg van die beeld- en klankkwaliteit maar dit was nooit die eindgebruiker se keuse gewees nie en VHS het toe eindelik die stryd gewen net soos wat Blu-Ray teenoor HD-DVD gewen het.

Blu-Ray is ontwikkel met korter golflengte bloulasers (Light Amplification through Simulated Emmission of Radiation) wat meegebring het dat meer data op dié manier per skyf geberg kon word. Dit laat nou toe dat ons volle hoëdefinisie beeld kan kry teenoor DVD se standaarddefinisie.

Hoëdefinisie se beeld is 1920 x 1080 groot teenoor standaarddefinisie se PAL-standaard wat maar 768 x 520 groot is. Soos jy self kan sien is daar wêrelde se verskil tussen die twee standaarde. Een groot verskil is dat HD glad nie oor standaard RF of komponent kan loop nie as gevolg van die kodering wat gebruik word om kopieë te voorkom.

Om volle HD te kan geniet het jy ‘n skerm en speler, hetsy ‘n rekenaar met ‘n Blu-Ray Rom of ‘n alleenstaande Blu-Ray speler nodig. Die twee word dan gekonnekteer d.m.v HDMI of “High Definition Media Interface”. Hierdie koppeling dra die beeld en klank digitaal na die televisie sodat die televisie vir deel van die kodering verantwoordelik is. Dit wil dus sê dat jy glad nie HD op ‘n gewone buis televisie sal kan kyk nie.

Ek het aanvanglik na die aankoop van my Blu-Ray Rom uit Engeland (SA is eenvoudig net te duur), drie flieks gaan koop. Mr & Mrs Smith, StarTrek en 2001 a Space Odysey. Ek moet wel sê dat Mr & Mrs Smith se beeld nie veel beter as die DVD weergawe is nie. Die Blu-Ray weergawe van StarTrek (2009 weergawe) is natuurlik fantasties maar kom nie by die kwaliteit van die 1968 meesterstuk, 2001 a Space Odysey nie. Die Blu-Ray weergawe is baie beter as die DVD-weergawe.

Die eerste paar minute van die fliek is dit duidelik sigbaar dat die beeldkwaliteit beter is. Alle buitelyne en detail is fantasties helder, skerper as die DVD-weergawe wat dowwe buitelyne en gesmeerde detail bevat. Daar is natuurlik die nadele en dit is dat die fynste bewegings van die kamera baie duidelik is en dat fyn detail wat verberg word deur die laë kwaliteit van DVD, natuurlik baie sigbaar is. Dit moet natuurlik gesê word dat indien jy verder as drie meter van die skerm af sit dan begin die probleme minder duidelik raak en kan jy die fliek in elk geval geniet.

Aanvanklik was Blu-Ray flieks onbekostigbaar. Gelukkig het die pryse die laaste paar maande baie gedaal. Jy kan nou al baie van die ou flieks teen ‘n appel en ‘n ei optel en plekke soos Makro en Game verkoop baie uit teen minder as R100. Ongelukkig is die fliekmaatskappye bietjie traag om die ou Afrikaanse treffers soos Fiela se Kind en Die Storie van Klara Viljee na Blu-Ray oor te sit. Hopelik gebeur dit gou want ek kyk graag ou Afrikaanse flieks en dit lyk nie asof MultiChoice gou KykNet gaan opgradeer na HD nie.

установка брекетов стоимостьлобановский александр дочь

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.