Valke sal moet inklim na SAAB se bekendmaking

Deel op
“Die feit dat SAAB nou erken dat daar omkoopgeld betaal was in die wapenaankope-transaksie met Suid-Afrika en dat name genoem word, moet die gevolg hê dat die Valke onmiddellik ondersoek instel. Ander ondersoeke soos die van die Ouditeur-Generaal en Openbare Beskermer het wel vroeër bevind dat daar nie ongerymdhede was nie, maar dat daar baie bewerings gemaak is van omkopery wat nie bewys kon word nie.
Nou dat daar wel bewyse na vore tree kan die Valke nie anders as om die saak te ondersoek nie. Die wapenaankope-program was nog altyd omstrede as gevolg van bewerings van korrupsie en omkopery en hier is nou ‘n geleentheid dat hierdie saak ondersoek kan word en tot ‘n einde gebring kan word wat tot voordeel nie net van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal wees nie, maar ook tot voordeel van die hele Suid-Afrika,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder oor Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.

светильник светодиодный промышленныйДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.