Bedank, Trollip!

Deel op

Athol Trollip, die parlementêre leier van die DA en Prog-dinousourus, het tydens ‘n onderhoud met ‘n verslaggeefster van Die Burger gebieg dat dit hy was wat sy Afrikanerhaat laat oorkook het in ‘n venynige epos wat hy per abuis vanaf sy selfoon na mnr Jaap Kelder gestuur het.

Dit sou ondenkbaar wees vir enige iemand om soortgelyke haatspraak teenoor veral swart groepe te besig. Sou mnr Trollip ‘n ander etniese groep so erg beledig het deur byvoorbeeld Pedi’s aan Nazi’s gelyk te stel, en om die Pedi,  Julius Malema, ‘n swart Julius Streicher te genoem het, of ‘n soortgelyk hatige epos gestuur het wat gepraat het van die DA se “Xhosa issue”, ly dit geen twyfel dat hy onmiddellik uit die DA ontslaan sou word nie. Hy sou ook ongetwyfeld voor die MRK gedaag word. Waarom oorweeg iemand dit nie om ‘n klag teen Trollip by die MRK in te dien vir die opstoking van Afrikanerhaat nie?

Hiermee doen ek dus ‘n openbare beroep op mnr Trollip om sonder meer die eerbare ding te doen en onmiddelik te bedank as LP. Sy onaanvaarbare, Jingo- en Prog- agtige haat vir Afrikaners walg my en behoort elke ander Afrikaner te walg. Sou hy nie genoeg integriteit hê om vanself te bedank nie, soos ek vermoed hy nie gaan hê nie, kyk ek na die DA om hom sonder verwyl uit sy pos te verwyder. Sulke hatigheid pas veral nie by ‘n senior provinsiale of parlementêre leier nie. Die DA kan nie Afrikanerhaters soos Trollip in sy party verdra sonder om ‘n totale bespotting van sy verbintenis tot sogenaamde nie-rassigheid (wat op dees aarde lg ook al mag beteken) te maak nie.

Helaas moet selfs ek toegee dat ek onder geen illusie verkeer dat hetsy Trollip, hetsy die DA, die eerbare ding sal doen nie. Dit is klaarblyklik aanvaarbaar, indien nie baie modieus nie, om Afrikaners op elke denkbare manier te beswadder, te beledig, te onderdruk en te na te kom. Trollip sal nie bedank nie, en die DA sal hom ook nie afdank nie, want die heersende Prog-faksie binne die DA koester presies dieselfde haat teen Afrikaners as wat Trollip koester, en wat Trollip se intellektuele voorganger, Lord Milner, gekoester het.  Die grap is weer eens ten koste van ons, die Afrikaners, want ons stem onverklaarbaar steeds vir die Lord Milners en die Trollips, wat sukkel om hulle haat vir ons te beteuel.

Ek het al by herhaling my verstomming uitgespreek dat Afrikaners dit eens kan oorweeg om vir hierdie hatige vyande van die Afrikaner te stem. Hopelik plak die VF+ Trollip se gevreetjie op sy plakkate tydens die 2014-verkiesing, as ‘n herinnering aan die kalkoene wat steeds vir Kersfees wil stem van die volslae minagting wat die Prog-faksie van die DA teenoor Afrikaners koester.  Ek is egter oortuig dat, selfs al stel Trollip gaskamers voor om die DA se “Afrikanerfrage” op te los, die einste Afrikaners wat so neersien op die ANC se stemvee, steeds vir Trollip en die DA, sal stem. Laasgenoemdes sluit natuurlik Afrikaner-grondeienaars in, wat sal stem vir ‘n party wat ‘n Zanu-PF-agtige program van grondroof voorstaan by monde van me Lindiwe Mazibuko.

Dít, vriende, is die harde realiteit: Die media was uiters suksesvol daarin om Afrikaners te oortuig om onsself te haat, top op die punt dat ons dit eens sou oorweeg om vir die party van die Afrikaner-hater, Trollip, te stem in 2014. Ons gaan Afrikanerboere sien wat stem vir ‘n Zanu-PF, wat hulle grond wil afneem. Ongelooflik! Dit is niks anders as volksselfmoord nie.  Dit sou nie onvanpas wees om hierdie gebreinspoelde waansin van die Afrikaner te vergelyk met die Xhosa-volksselfmoord agv van die voorspellings van die profeet Nongqawuse tydens die negentiende eeu nie.  Nongqawuse het die Xhosas wysgemaak hulle moet hulle beeste doodmaak en gesaaides vernietig, omdat die voorvaders die Engelse die see sou injaag. Die Xhosas het so gemaak, met rampspoedige gevolge.

Daar is helaas bitter min verskil tussen die nasionale doodsdrang van groot meerderheid Afrikaners, die 90% plus wat vir die DA stem, en die naïewe Xhosas van 1856 nie.

ТепловойДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.