‘Ekonomie gaan agteruit terwyl elite welvaart beleef’

Deel op
Moeletsi Mbeki, politieke analis en broer van president Thabo Mbeki, het gewaarsku teen Suid-Afrika se industriële agteruitgang en die feit dat daar bloot ryk eilandjies in ’n see van armoede gevorm word. Mbeki het gisteraand die Kamer van Mynwese toegespreek. Hy is ook die adjunk-voorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede. Hy meen die ekonomie is nou in ’n fase van stadige, langtermyn agteruitgang.”
Deel op

Volgens hom is die kern van die probleem die feit dat die sektore van die ekonomie wat die vinnigste groei (finansiële dienste, eiendom, sakedienste, die boubedryf, vervoerwese en kommunikasie) nie uitvoer nie en die minste arbeid verbruik. Aan die ander kant is die uitvoersektor (vervaardiging en mynwese), wat weer oor die grootste arbeidsmag beskik, besig om agteruit te gaan ten opsigte van hulle bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP). Vervaardiging se bydrae tot die BBP het van 25% in die vroeë tagtigerjare gedaal tot 16% in 2007. Hy het die skoenbedryf as voorbeeld genoem. “Twintig jaar gelede is 80% van skoene wat in Suid-Afrika verkoop is, hier vervaardig. Vandag word 80% van skoene egter van Asië ingevoer.”

Die magsverskuiwing van 1994 het baie hiermee te doen, meen Mbeki. “Die treffendste aspek van 1994 is dat aan die swart kant die swakste party – die bevrydingsbewegings – weggestap het met die meeste mag terwyl die sterkste faksie – die massas – grootliks verswak uit die stryd getree het.” Groot besigheid en die Weste het hulle mag onveranderd behou en selfs uitgebrei danksy demokrasie. Dit het tot gevolg gehad dat ’n model tot stand gekom het wat die uitbuiting van Suid-Afrika se minerale rykdom moontlik maak deur die aanwending van goedkoop swart arbeid, gekombineer met oordrewe salarisse vir diegene met vaardighede en wat tegniese of toesighoudende poste beklee. ’n Ekonomie wat stadig agteruitgaan, wat bloot grondstowwe uitvoer, nie genoeg poste kan skep nie en wat buitensporige salarisse aan die nuwe swart elite bied, is onvolhoubaar.

Die boodskap moet duidelik wees, het Mbeki gewaarsku. “As Suid-Afrika in die een-en-twintigste eeu wil ontwikkel en ontslae raak van armoede en hoë werkloosheid, kan die elite in hierdie land nie aanhou om die lewenstandaard van die middelklas in die Weste te handhaaf sonder dienooreenkomstige produktiwiteit nie.”

траверсы Александр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.