Die Kafka-agtige optrede van Afrikaners

Deel op
Franz Kafka was ‘n invloedryke Duitse skrywer. Hy was veral bekend vir sy uitbeeldings van die surrealistiese ervarings wat burgers gehad het in hulle handelinge met die Duitse amptenary. Kafka se tema was dikwels die absurde teenstrydighede wat gewone burgers in hul omgang met die amptenary teëgekom het. In sy boek Der Prozess (Die Hofsaak) vertel Kafka byvoorbeeld die verhaal van ‘n man wat van ‘n onbekende misdaad aangekla word deur ‘n obskure amptenaar. Die probleem wat die hoofkarakter het, is dat hy nie weet hetsy wat die klag teen hom is nie, hetsy wie hom aangekla het nie. Nietemin moet hy homself vergeefs daarteen probeer verdedig. Uiteindelik word hy tereggestel agv ‘n klag wat hy nie verstaan nie, nádat sy laksmanne van hom verwag het om selfmoord te pleeg.

In ‘n ander Kafka-roman, Das Schloss (“Die Kasteel”), daag ‘n man in ‘n dorpie op. Dit lei tot ‘n hele reeks administratiewe misverstande en rompslomp. Die man benodig ‘n amptenaar se toestemming om sy beroep te beoefen, maar kan egter nie die regte amptenaar, ene Klamm, uitkom nie. Die probleem is dat dit taboe is vir die dorp se inwoners om hoegenaamd met Klamm in verbinding te tree. Al die inwoners van die dorpie het egter verskillende verklarings van Klamm en die amptenary se teenstrydige gedrag, en almal respekteer en prys die amptenary.

Dikwels herinner die lot van Suid-Afrika se blankes en veral Afrikaners my aan ‘n Kafka-agtige verhaal. Ons word gekonfronteer deur absurde en teenstrydige standpunte, en daar word dikwels van ons verwag om twee lynreg-teenoorgestelde teenstrydighede te aanvaar en ons eie te maak. Soos die inwoners van Klamm se dorpie, maak baie blankes presies so: Ons internaliseer die mees absurde teenstrydighede, en in die proses tree ons willens en wetens teen ons eie belange op.

Daar is geen beter voorbeeld hiervan as die absurde aanspraak van sogenaamde nie-rassigheid wat dikwels as die waarheid aan ons voorgehou word nie. Enige iemand wat wel in sy hart glo dat Suid-Afrika ‘n nie-rassige samelewing is, kort dringend sielkundige behandeling, want hy het nie al sy varkies op hok nie. Hoe op dees aarde kan daar ooit, onder enige omstandighede, die geringste sprake van sogenaamde nie-rassigheid wees as die ganse ideologie van die heersende ANC, bekend as rassistiese transformasie, op die mees basiese vlak op ras gebaseer is? Transformasie is niks anders as die rassistiese etniese reiniging van blankes uit alle gebiede van die samelewing nie. Nietemin moet blankes transformasie as kwansuis noodsaaklik aanneem, maar terselfdertyd moet ons die teenstrydige siening, dié van ‘n sogenaamde nie-rassige samelewing, internaliseer. Ons moet dus a) die rassisme bekend as transformasie aanvaar, maar b) andersyds links en regs opgee oor hoe baie ons van die sogenaamde reënboognasie hou. Kafka sou hom gate uit geniet het.

En, jou wrintiewaar, baie blankes, insluitende sogenaamde regses, maak so! Solidariteit en Afriforum sal byvoorbeeld die Kafka-agtige standpunt inneem dat regstellende aksie ‘n noodsaaklikheid is en dat hulle die sogenaamde nie-rassige samelewing steun, maar dan hofsake téén regstellende aksie loods, byvoorbeeld die onlangse saak van kaptein Renate Barnard. Jammer, Afriforum, maar dit maak nie sin nie. Julle kan nie hofsake teen hierdie soort rassisme loods, maar dan omdraai en beweer dis glo ‘n noodsaaklikheid nie. Maak julle wel so, kan iemand ewe maklik beweer dat apartheid weliswaar ‘n onding was, maar tog noodsaaklik, en dat dit in der waarheid heringestel moet word.

In ‘n tweede, bisarre voorbeeld van Kafka-agtige gedrag in die praktyk, het die groot meerderheid Afrikaners ‘n broertjie dood aan rassistiese regstellende aksie, aan kommunisme, naamveranderings en die wanbestuur van die ANC. Enige gesprek oor die onteiening van blankes se plase en eiendom word met intense teenkanting en inderdaad woede begroet, omdat dit ongemaklike herinneringe aan Zimbabwe oprakel. Die kommentaarfasiliteite van News24 word blou geswets wanneer iemand die rassisme bekend as rassistiese reg-stelende aksie probeer verdedig. Die betalers van eiendomsbelasting sien rooi as hulle hoor hoe hul belasting verkwis word op naamveranderinge.

Nietemin het blankes klaarblyklik ‘n groot aantal van hierdie teenstrydighede geïnternaliseer. Die groot meerderheid van ons haat kommuniste en sien neer op die gefaalde Sowjet-Unie se belaglike, uitgediende en mislukte ideologie, maar meer as 90% van ons stem vir Helen Zille se party, die DA. Die einste me Zille wat die uitgewiste kommunis, Chris Hani, tydens ‘n toespraak op 30 April 2011 as ‘n held beskryf het. Ons wil slange vang van haat teenoor die terroris Robert McBride, maar dan stem ons in ons massas vir ‘n party wie se leier ook op 30 April 2011 ‘n MK-kameraad van McBride, die moordenaar Solomon Mahlangu, as ‘n rolmodel beskryf het. Die einstes wat sulke skril en negatiewe kommentaar lewer op Facebook en News24 se reaksie-blaaie oor Robert Mugabe se gewelddadige, rassistiese en gefaalde program van grondroof in Zimbabwe, stem vir ‘n party vir wie die sosialistiese Freedom Charter, met sy dreigement dat ook Suid-Afrika se grond genasionaliseer sal word, volgens sy leidster “onsterflike woorde” bevat. (Helen Zille het laasgenoemde absurditeit kwytgeraak tydens ‘n toespraak in Soweto.) Ons hou dus glad nie van wat Mugabe in Zimbabwe doen nie, maar die groot meerderheid blankes stem tog vir ‘n party vir wie ‘n dokument, wat ‘n nat droom van Mugabe verteenwoordig, onsterflike woorde bevat. Ons wil nie sien hoe ons belasting verkwis word op sinnelose naamveranderinge nie, maar ons stem tog vir ‘n party wat presies so gemaak het in Kaapstad, toe die DA Afrikaanse name geteiken het. Ons hou niks van die ANC nie, maar ons stem vir ‘n party wie se ideologie glad nie van die ANC s’n te onderskei is nie. Hoe verklaar mens dit?

Eintlik moet ek vir die hoofstroommedia en linkse politici soos me Zuma, Pienk Frikkie en kie ‘n pluimpie gee. Dis nie maklik om mense te oortuig dat perdevye na soetkoek proe nie. Verskoon my dus as ek soos K., die hoofkarakter van Das Schloss, voel asof die Nuwe Suid-Afrika, en veral die irrasionele optrede van baie Afrikaners, soms sterk aan ‘n Kafka-verhaal herinner nie.

пескоструй купить киевДанильченко Юрий прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.