Wil Kapenaars vlug uit DA-paradys?

Deel op

Die Nasperspublikasie, Die Burger, is die grootste Afrikaanse koerant reg in die middel van die hartland van die DA. Sy lesers is per definisie Afrikaanssprekend, en dus wit Afrikaners en Naspers se Afrikaanses. Die steun vir die DA in die Weskaap onder wittes en bruines was oorweldigend. Sowat 20% van die Weskaap se bevolking is swart, wat grootliks ANC sou gestem het, maar die DA het 57% van die stemme behaal. Haal mens die swart kiesers uit, is die steun vir die DA in die orde van 70% of meer, waarvan die wit persentasie stemme vir die DA sekerlik 95% moes oortref.

Naspers se blydskap hieroor ken geen perke nie. Die dood van rassepolitiek word links en regs aan ons voorgehou en dit was glo ‘n geweldige herskikking van die politieke landskap. Nou vir 2014 en daarna, word die hoop geskep.

Dis tog jammer iemand het nie Die Burger se lesers vertel dat die DA hulle groot redder sou wees nie, en dat daar nou hoop is vir hulle nie. Volgens ‘n peiling op Die Burger werf lyk dit of ‘n volstrekte meerderheid, amper 60% van sy internet-lesers, sal emigreer as hulle net die geleentheid sou kry. Slegs 41% (teen omstreeks 14h00 op Maandag 23 Mei) wil nie emigreer nie. Die monstergrootte is reeds sowat 1500, wat meer as genoeg is om statisties-beduidend te wees. Hoe strook die meerderheid wat sou emigreer as hulle kon, met die ongebreidelde opgewondenheid oor die DA se oorwinning in die Weskaap?

Besef Die Burger se lesers instinktief, sonder dat hulle dit noodwendig goed deurdink het dat ‘n oorwinning in een uit nege provinsies, en slegs in een groot stad, nie juis veel verskil aan hulle lot gaan maak nie? Daar is immers geen stem en mosie van wantroue so finaal en oortuigend as om met jou voete te stem deur te emigreer nie.

диагностический сканер для автоФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.