Onderwys: Die laaste loopgraaf vir Afrikaans

Die onderwys en landbou in Suid-Afrika is onder beleg weens die ANC se beleid van sogenaamde grondhervorming en transformasie.

Dit was die boodskap wat tydens ‘n konferensie vroeër vanjaar aan mnr Gwede Mantashe, Sekretaris generaal van die ANC oorgedra is deur ‘n aantal Afrikanerleiers. Hierdie byeenkoms was in opvolging van ‘n soortgelyke een wat in 2008 plaasgevind het, in aanloop tot die verkiesing van mnr Jacob Zuma as president van die land.

Die feit is dat 75% van die skole in Suid-Afrika disfunksioneel is. Met ander woorde: Daar gaan net mooi niks aan in 75% van die land se skole nie!

Tydens ‘n onlangse byeenkoms in Soweto waar die onderwys onder die vergrootglas gekom het, is dit bekend gemaak dat in hierdie disfunksionele skole, onderwysers dronk by die skool opdaag. Of laat. Of skoolkinders word in skooltyd gestuur om drank te gaan koop vir die onderwysers. Ook het onderwysers in dié skole seksuele verhoudings met skoolkinders.

Elders was daar gerapporteer dat 17 000 skooldogters verlede jaar, net in Natal, swanger geraak het! Vroeër vanjaar het ons kennis geneem van ‘n swart skooldogter wat selfmoord gepleeg het omdat sy gedruip het. Sy het geweier om seks met die skoolhoof te hê en dié het haar toe laat druip! Volgens haar onderwysers was sy een van die meer “skrander” leerlinge….

Afrikaners moet besef dat hierdie toestand nie binnekort gaan verbeter nie.

Die onderwyskenner, Graeme Bloch, skryf in sy boek The Toxic Mix dat die onderwys in Suid-Afrika ontspoor het, en dat dit 30 jaar sal neem om te herstel, op dié voorwaarde dat die regte persone nou aangestel word. Destyds, toe die boek op die rakke verskyn het, was Naledi Pandor die minister van onderwys. Intussen het ons twee ministers vir onderwys gekry: Angie Motshegka vir basiese onderwys (skole) en die kommunis Blade Nzimandi vir hoër onderwys.

Blade het onlangs ‘n skerp verklaring uitgereik. Hy het gesê dat studente op universiteit sal in die toekoms verplig word om ook naas hulle ander vakke, ‘n Afrika taal aan te leer. Talle vrae ontstaan: Word Afrikaans ook as ‘n Afrikataal beskou? en Is dit nie beter om op skoolvlak reeds ‘n Afrikataal aan te leer nie?

Angie weer, is bekend vir die 14 skole in Soweto alleen wat in haar tyd as minister van onderwys in Gauteng gesluit is. Dit was in 2005 deur Alet Rademeyer in ‘n dagblad ontbloot. Dui Angie se optrede op bevoegdheid? Ek laat dit vir die leser om te besluit.

Die ander rede waarom die toestand in Suid-Afrika se skole nie gou aansienlik gaan verbeter nie, is oor die drakoniese invloed van die Swart onderwysvakbonde soos Sadou. Sadou is lid van Cosatu wat ‘n alliansie vennoot is van die regering. Zuma weet, dat indien hy ‘n volgende termyn as staatspresident verkies wil word, hy nie met onderwysers en vakbonde moet sukkel nie.

As 75% van die skole in Suid-Afrika disfunksioneel is, wat is die waarde en standaard van die matrieksertifikaat wat Umalusi uitreik?

Om ‘n matrieksertifikaat te kan verwerf, moet ‘n kandidaat uit sewe vakke, minstens 40% in drie vakke kry en 30% in nog drie. En ons het vanjaar gesien hoe die punte van verlede jaar se matrieks dramaties aangepas is. Met tot 30 persentasie punte op ‘n gly skaal: die heel swakste kry 30% by hulle eksamenpunt en hoe hoër die kandidaat se punt, hoe minder word bygevoeg.

Die aantal matrieks wat volpunte vir wiskunde gekry het, het die wenkbroue gelig en ook die groot aantal onderskeidings.

En toe word die tersiêre instellings in die begin van die jaar oorstroom met studente wat wou inskryf vir verdere studies. En ons weet dat aansoeke om by ‘n tersiêre instelling te studeer, sluit al die vorige jaar. So, daar was talle matrieks wat nie verlede jaar gekwalifiseer het om in te skryf vir verdere studies nie, maar na die matriekuitslae bekend gemaak is, wel!

En nou moet ons tog besef dat hierdie swak leerders ‘n invloed het op die standaard van die tersiêre kwalifikasie. Dis ongetwyfeld so. Die geld wat tersiêre inrigtings van die staat ontvang, word ondermeer bepaal deur die aantal studente wat slaag.

Afrikaner Onderwys

Hoe lyk die Afrikaneronderwys en wat is die toekoms vir Afrikaneronderwys?

Ons het die afgelope aantal jare gesien dat openbare skole toenemend verengels het. In Junie 2009 was daar nog net 667 Afrikaans-enkelmediumskole oor teenoor 1 396 in 1993. Minder as die helfte van ons skole het nog suiwer Afrikaans gebly.

Afrikaanse onderwysers in Afrikaanse skole word selfs nou gedwing om hulle verslae in Engels te skryf. Ook hulle voorbereiding moet in Engels gedoen word.

Verder moet ons kennis neem dat onderwys as beroep in die Nuwe Suid-Afrika sy aantreklikheid verloor weens die ongedissiplineerdheid van skoolkinders, swak salarisse en swak vooruitsigte. Al minder Afrikaanse blanke begaafde en intelligente jong studente kies onderwys as ‘n beroep. Dit wil sê as hulle ‘n beurs kan kry om verder te studeer.

Volgens mnr Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) is die Afrikaanse onderwyser ‘n spesie wat kan uitsterf! Jaarliks verlaat tussen 600 en 700 Afrikaanse onderwysers die beroep terwyl slegs sowat 200 Afrikaanse onderwysers afstudeer.

Afrikaneronderwys stuur op ‘n krisis af wat ons volk nadelig sal raak.

Op 8 Junie 2008 berig Rapport dat Naledi Pandor, voormalige minister van onderwys gesê het dat te veel skole te min regstellende aksie doen veral betreffende skole se onderwyserskorps; en dat daar miljoene swart beroepslui is wie se moedertaal Afrikaans is.

Met ander woorde, Naledi wil hê dat die personeelkamer van Afrikaanse skole moet transformeer sodat dit lyk soos die demografie van die land – Swart!. Dis ANC beleid.

En met die uittrede van uiters bekwame onderwyslui in die volgende vyf tot tien jaar. Wat dink u gaan gebeur?

En vriende, u moet aanvaar dat hierdie bedreiging die voorland is nie net van sogenoemde staatskole nie, maar ook van privaatskole soos die BCVO.

Dit is die vyande van die Afrikanervolk se oogmerk om die Afrikaner skaam te maak vir sy verlede, sodat hy sy geskiedenis liewer moet vergeet, identiteitloos word en uiteindelik deel word van die kleurlose massa van die land. Die Afrikaner word in die klaskamer vermoor.

En terwyl ons dankbaar is vir die ongeveer 3500 Afrikanerkinders in CVO-skole wat hierteen gepantser word, is daar tans sowat 480 000 Afrikanerkinders in openbare skole omdat hulle ouers nie van beter weet nie, of nie die geldelike vermoë het nie, of sommer net nie omgee nie.

Wat sê die GHA?

1. Die toekoms van die Afrikaner se onderwys lê nie binne die huidige onderwys bedeling nie. Ons sal ons moet beywer vir ‘n onafhanklike onderwys owerheid terwille van die behoud van Afrikaans en die herstel van standaarde. Indien ons wil verseker dat ons kinders en kleinkinders gehalte moedertaal onderrig wil ontvang, moet ons loskom van die Nasionale Onderwys stelsel.

2. Onderwys is nie die plek waar kinders net leer om te lees, te skryf en somme te maak nie. Dit is die plek waar die kind te identiteit vasgelê word: sy taal, sy geskiedenis, sy godsdiens, kultuur en tradisies asook hoë waardes soos dissipline, werkywer, getrouheid en leierskap.

3. Verder het die Afrikaner as volk die reg en verantwoordelikheid om sy eie kinders op te voed en te onderrig. Daardie reg moet ons in die openbaar opeis. Onderwys is ‘n eie saak.

4. Die Afrikanervolk en die Afrikaanse taal word in die klaskamers van die ANC vermoor. Ons is nou in die laaste loopgraaf. Indien ons as volk wil bly voortleef in Afrika, sal ons hierdie uitdaging moet aanvaar.

5. Elke ouer en grootouer moet hulle verantwoordelikheid besef. Daarom stel ons vir onsself die mikpunt om 1 000 000 persone werf wat ‘n deklarasie onderteken wat hulle daartoe sal verbind om hulle te beywer vir ‘n onafhanklike onderwysowerheid. En hierdie DEKLARASIE lees soos volg. Ek, die ondertekenaar, gee hiermee kennis dat ek my sal beywer vir ‘n onafhanklike Afrikaner Onderwysowerheid ten einde te verseker dat my kinders en kleinkinders gehalte moedertaalonderrig sal kry. Die Afrikaner as onderskeibare volk en etniese groep in Suid-Afrika het die reg om sy kinders op te voed en te onderrig ten einde sy taal, kultuur, hoë waardes, godsdiens, tradisies en geskiedenis te kan beskerm. Net so min as wat ons inspraak op ander volke se onderwys wil hê, so min wil ons dat ander inspraak op ons onderwys sal hê. Oor die afgelope 17 jaar het ons ‘n dure les geleer.

6. Hierdie veldtog sal vir ons die vermoë skep om honderde duisende Afrikaners per vonkpos te bereik en inligting aan hulle oor te dra, sodat ons ons organisasies kan uitbrei en dat ons ‘n magsbasis en finansiëlebasis sal hê waarmee die land en die buiteland van kennis sal neem.

7. Afrikaners betaal belasting wat ook gebruik word vir die onderwys. Waarom moet hulle weer betaal vir die onderwys van hulle kinders in privaatskole soos die CVO-skole of tuisonderrig? Wanneer ons ons eie onderwysowerheid het, sal ook die privaatskole se onderwysers se salarisse daaruit befonds word.

8. Die Afrikaner se vryheid loop deur die klaskamer. Die klaskamer van ons kinders en kleinkinders. Ons moet die CVO-skole uitbou tot ‘n bastion vir die volk. Terselfdertyd moet ons ons verantwoordelikheid besef teenoor die 480 000 Afrikanerkinders in die openbare skole. Daardie skole moet ook los kom van die nasionale onderwys stelsel.

My oproep aan alle Afrikaners!

Ons in die GHA; in die BCVO, in die Aksie Vrouekrag en in die Verkenners, en ons in die HNP, die AWB, die VF+, die Transvaalse Landbou Unie, Afrikaner Onderwysdirektoraat, Radio Pretoria, en Praag staan voor hierdie uitdaging. Dis tyd om op te staan om getel te word.

Terwille van dit wat ons van ons ouers geërf het en terwille van ons selfrespek, en terwille van Afrikanerkinders wat nog gebore moet word, sal ons almal hierdie uitdaging moet aanvaar. Hierdie is die laaste loopgraaf vir die Afrikaner, en Afrikaans se voortbestaan in Afrika.

заливающий светильниктопкарго отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.