DA, Afriforum en Solidariteit sink VF+

Deel op
Die VF+ het gekrimp tot kleiner as die ACDP (17 setels), UDM (25 setels) en die PAC (17 setels). Met onafhanklike kandidate wat 37 setels ingepalm het, het die party ‘n uitklophou by die stembus gekry.

Die VF+ kon slegs 15 setels verseker, nadat die enigste wit Afrikaanse party in 2006 79 setels verower het. Dit beteken in wese nou minder as 1% steun landwyd.

Dr. Pieter Mulder, ook adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, se deelname aan die ANC-regering het waarskynlik vir die ineenstorting by die stembus gesorg. Die adjunkminister kon nie daarin slaag om naderende grondhervorming werklik aan te spreek nie.

Mulder het ook verkies om nie die platform te gebruik om etniese politiek te voer nie en was met sy uitsprake al geruime tyd in die skadu van die DA, net soos Solidariteit en Afriforum.

Laasgenoemde twee organisasies het hulle werknemers en ampsdraers in aanloop tot die pas afgelope munisipale verkiesing lidmaatskap van die VF+ verbied, wat waarskynlik dié party die finale nekslag toegedien het. Beide Solidariteit en Afriforum ondersteun die DA.

Die VF+ se doelwit van Afrikaneronafhanklikheid is ook lankal reeds deur die leierskap versaak ter wille van korttermyn poltieke gewin. Onafhanklikheid is ‘n ongewilde boodskap by kiesers wat deur die Afrikaanse hoofstroommedia gestigmatiseer is om Suid-Afrikanerskap en ‘n eenheidstaat te bevorder.

Mulder het aan Media24 gesê Vryheidsfronters het “strategies gestem” en dat hy “geen antwoord gehad het” teen die DA se verkiesingsboodskap nie. “Die DA het baie van ons steun afgeneem.”

Hy het beklemtoon dat kleiner partye steeds bestaansreg het omdat hulle na minderhede se spesifieke belange omsien. Dié boodskap wat veral op munisipale vlak moes inslag vind, is egter grootliks deur Afrikaanse kiesers geïgnoreer.

By partyondersteuners heers daar skok en ongeloof oor die beroerde vertoning, alhoewel dit reeds klaarblyklik vir die bestuur duidelik was dat hulle geen kans teen die DA, wat die ondersteuning van Afriforum, Solidariteit asook die FW de Klerk-Stigting geniet, staan nie.

сколько носят брекетыФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.