Vrae rondom Dubula Ibhunu

Deel op
Die “Skiet die boer”-saak hervat vandag weer sy loop.

Twee kwessies steek soos ‘n paal bo water uit: Waarom is die lied so belangrik vir die ANC en waarom wil hulle Julius Malema so heftig ondersteun deur die geskiedenis so blatant te wil verdraai?

Is dit werklik ‘n beginselsaak om hul sogenaamde historiese kultuurgoed te beskerm soos wat die ANC-swaargewigte in die hof beweer het, of is daar ander duistere motiewe daaragter?

Ek het ‘n bietjie navorsing daaroor gedoen en ‘n anonieme blogskrywer het die beste inligting daarvoor aan my verskaf.

Wat is die oorsprong van die Dubula Ibhunu? Is dit werklik deel van die ANC se struggle repertoire?

Die waarheid is blykbaar heel anders. Die woorde is ontleen van die PAC se strydkreet van 1990 wat hulle saam met die woorde “een setlaar een koeël” gesing het en wat deur Peter Mokaba gekaap was na die moord op Chris Hani, die SAKP leier. Nêrens kon iemand nog enige bewyse vind dat die lied ‘n struggle-lied was nie.

Hoewel die lied wat deur Malema gesing word nou as historiese kultuurskat opgeëis word, is dit nie ingesluit in die 2-CD geskiedenisopname van 25 vryheidsliedere wat Ronnie Kasrils, die MK leier en Pallo Jordan, hul kultuurguru in 2002 uitgee het nie.
.
Die CD se inhoud was tydens die vrystelling beskryf as opnames van kampliede en – krete gedurende die vryheidstryd. Die liede word op die CD begelei deur ‘n dokumentêre radioprogram wat die geskiedenis en konteks van die liedjies beskryf het. Hierdie liede was in ANC-kampe vergaderings, saamtrekke, en straat demonstrasies gesing. Die versameling liede was as ‘n geskiedkundige argiefdokument aangebied. Dubula Ibhunu het nêrens gefigureer nie.

Die slagspreuk/lied was tydens die PAC en sy dampkring gebruik, maar na die 1994 verkiesing het hulle hulself daarvan gedistansieer. Peter Mokaba het die vorige jaar, toe die struggle uitgewoed was, begin om sy ‘setlaar’ en ‘skiet die boer’ liede te sing.

In dieselfde jaar het ‘n groot skare van PAC-ondersteuners deur Kaapstad se Kenilworth en Claremont voorstede gemarsjeer en die vrylating geëis van die PAC gevangenes wat verantwoordelik was vir die moord op 11 kerkgangers in die St James Kerk. Tydens hierdie optog het hulle die woorde “skiet die boer”, “een setlaar een koeël” en “een kerk een bom” gedreunsing.

By ‘n groot saamtrek in Tembisa in 1993 het beide Mokaba en die PAC-verteenwoordiger dieselfde liede gesing en die skare aangehits om hul koeëls op De Klerk te rig. Hierop het die PAC-man geskree “oorlog teen die vyand…maak hulle dood!”

In Maart vanjaar skryf ‘n voormalige deelnemer van die Augustus 1993 Operasie Barcelona wat teen verhoogte eksamenfooie gemik was op die internet dat hy
deel was van die optog wat die moord op Amy Biehl voorafgegaan het en waartydens die ‘skiet die boer’ lied gesing was.

Thabo Mbeki, eertydse President asook Kgalema Motlante, wat toe die sekretaris generaal van die ANC was, het hulle egter in 2002 baie sterk gedistansieer van die ‘boer’ lied en verklaar dat dit nooit deel van die ANC was of sal wees nie.

Maar in Maart vanjaar begin Julius Malema om ‘n generiese weergawe van die lied te sing en maak senior ANC-ampsdraers daarop aanspraak dat dit ‘n tradisionele vryheidslied is wat nie teen witmense of boere gemik is nie, maar teen die apartheidstelsel.

En dan probeer Mcebisi Ndletyana, senior navorser van die HSRC die lied in The Sunday Independend te verdedig deur te verklaar dat die lied die weersin en haat versinnebeeld wat swartmense jeens ‘witwees’ koester en gee ‘n wollerige verklaring wat hy met ‘witwees’ bedoel.

Reeds in 2003 het die Menseregtekommissie bevind dat die lied rassehaat aanmoedig, verlede jaar het die hof bevind dat dit haatspraak is en ongrondwetlik is en Maandag het regter Leon Halgryn van die Hoooggeregshof bevind dat dit selfs aanstigting tot moord is. Hy het ‘n vergelyk tussen die woord kaffer en die woord Boer getref en bevind dat swartmense die k-woord as uiters verkleinerend ervaar, hoewel dit nie so deur witmense bedoel word nie en verbied word. Insgelyk word Dubula Ibhunu as uiters negatief deur witmense ervaar en ‘n oortreding van die grondwet is.

Drie howe het die lied reeds verdoem en ‘n vierde moet aanstonds uitspraak daaroor gee. Die ANC het reeds kennis gegee dat dit hulle die lied tot in die Grondwetlike Hof sal verdedig. Letterlik miljoene rande se regskostes word op ‘n oënskynlike nuttelose saak gespandeer.

Waarom doen hulle dit as hulle weet dat byna al die witmense erg daardeur gegrief word?

Die antwoord is dat hulle die geskiedenis wil herskryf. Die verromantisering van die struggle met sy gepaardgaande liedjies sal handig te pas kom om kiesers te mobiliseer om politieke mag te behou. Sonder ‘n gemeenskaplike vyand het die ANC bitter min positiewe gom om die ANC se etniese boustene te heg. Die tradisionele vyand, naamlik die blankes, moet altoos aangebied word as die gemeenskaplike vyand van die mense.

‘n Gemeensskaplike vyand verplig die swart massas om hul oë na ‘n denkbeeldige horison te rig en sodoende ‘n denkbeeldige verlede te probeer verbeter.

Die weersin in die gemeenskaplike vyand transendeer dan die swak dienslewering op aldrie regeringsvlakke en staatsbeheerde instansies en verskaf ‘n platform vir ‘n gekorrupte elite om die land vir nog vyf jaar te plunder.

Hulle stel dus wit teen swart op en handhaaf ‘n denkbeeldige stryd na vryheid sodat hulle die politieke mag kan behou. Daarvoor sal hulle dus baie miljoene rande aan regskoste spandeer.

Solank die swart massas egter vir ‘n beter verlede liewer as vir ‘n beter toekoms stem, sal daar nie hoop vir die land wees nie. Dan sal die westerse beskawing in die land in ‘n spiraal van wanhoop en ellende verdwyn.

logoАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.