DA ontbloot homself as ‘ANC Lite’

Zuma en Zille
Deel op

Zuma en ZilleOp die vooraand van plaaslike verkiesings, het die DA homself finaal ontbloot as die “ligte” weergawe van die ANC. Die leier van die party, Helen Zille, het verklaar dat “ons net soos die ANC die Vryheidsmanifes (Freedom Charter) onderskryf”, waarmee sy die ANC se kripto-sosialistiese dokument van 1955 omhels het, ‘n dokument waarvan daar deur kenners vermoed word dat dit deur kommuniste opgestel is.

Die beeld van Zille wat soos ‘n hoogs besoldigde bediende in wit tekkies en belaglike kleding dans om ANC-kiesers te beïndruk, dra by tot die gevoel dat ons tans nog ‘n Afrika-tragikomedie beleef. Wat van dié juweeltjie oor Zille uit die Sowetan: “Op Meidag het sy Atteridgeville in Pretoria besoek, om hulde aan die ontslape uMkhonto weSizwe-held Solomon Mahlangu te bring.”

Mahlangu was ‘n goedkoop terroris wat die doodstraf ontvang het omdat hy twee ongewapende blanke burgerlikes op 13 Junie 1977 gedood het. Zille kon net sowel Osama bin Laden se nagedagtenis vereer het. Maar die ongelooflike van die Suid-Afrikaanse politiek is dat die liberale nog altyd die radikale linkses verdedig en vereer het. Sonder liberale malletjies soos Zille, sou die ANC nooit aan bewind gekom het nie!

As ‘n mens dink aan die reusetriomf van die linkses in dié land met hul liberale skoothondjies wat snuiwend vooruit draf, is dit genoeg om selfmoordgedagtes te ontketen. Dwarsdeur die wêreld, vanaf die Tea Party in die VSA tot die Party vir die Vryheid in Holland, is glansryke, intellektuele konserwatisme besig om op te kom. Dog in Suid-Afrika is selfs die blanke middelklaskiesers besig om hulself soos kalkoene te gedra wat telkens vir Kersfees stem deur ‘n kranksinnig liberale party soos die DA te ondersteun, ‘n DA wat interne regstellende aksie beoefen en oor dooie terroriste soos Solomon Mahlangu trane stort. Ook vandeesweek het die DA die Verwoerdstandbeeld in Meyerton verwyder, in ‘n desperate poging om meer anti-blank en polities korrek as die ANC te wees. Terloops, Verwoerd het in die vyftigerjare die aantal swart skole in die land binne vyf jaar verdubbel, ‘n goeie daad waarvoor hy tans deur die DA gestraf word.

In sulke oomblikke van volslae politieke depressie, dank ek die Here vir ‘n party soos die Vryheidsfront Plus. Toegegee, Pieter Mulder is gans te gaaf en goedgemanierd om ‘n opposisieleier te wees en persoonlik dink ek hy behoort nie as adjunkminister van landbou aan te bly nie. Maar ek het sy boek gelees (Mulder-boek net betyds vir Afrikanervryheidstryd) en is beïndruk met sy begrip van die Afrikapolitiek en -kultuur, sy insigte in ons land se geskiedenis en sy verbintenis tot die Afrikaner- en blanke minderheid. Mulder kon reeds lankal ‘n Marthinus op ons getrek het as hy sou wou; nogtans het hy hom in die leeukuil van ‘n ANC-kabinet begewe en standvastig gebly. Sy byna daaglikse mediaverklarings is almal krities oor die ANC. En hy toitoi ook nie in belaglike uitrustings nie, waardeur hy volpunte vir die behoud van waardigheid – syne en ons s’n – ontvang.

Demografiese projeksies, waarby die konstante emigrasie ingesluit is, plaas die blanke bevolking teen 2060 op 500 000, met dié land wat deur arm swartes vanuit die hele Afrika oorspoel gaan word. Teen daardie tyd sal ons land ‘n wetenskapfiksie-nagmerrie van 200 miljoen mense verteenwoordig. Suid-Afrika soos ons hom ken, is gedoem. Ons kinders en kleinkinders het geen toekoms nie. As u nie teen dié tyd die skrif aan die muur kan lees nie, is u óf op dwelms óf u benodig baie dik brilglase.

Slegs ‘n wonderwerk sal ons red en dié land, of ten minste ‘n gedeelte daarvan, tot sy vorige glorie as ‘n funksionerende nywerheidsmaatskappy met baie min misdaad, asook onderwys en mediese dienste van ‘n hoë standaard, herstel. Wonderwerke gebeur, soos die Berlynse muur wat afgebreek is en ‘n paar honderd Oos-Europeërs van kommunisme bevry het. Suid-Afrika het egter nie hul voorbeeld gevolg nie, maar het toenemend radikale idees omhels wat juis uit klassieke kommunisme spruit, in so ‘n mate dat die byna konstante verskyning van die Kommunistiese Partybaas Blade Nzimande in sy rooi T-hemp op ons TV niemand meer skok nie.

Die enigste ding wat ons kan red, is etniese en minderheidspolitiek. As Swart Amerika wat slegs 12% van die Amerikaanse bevolking uitmaak daarin kon slaag om een van hulle as president verkies te kry, kan ons tog beter doen as om ons geregverdigde hoop vir ‘n beter toekoms en, die Here weet, regte – ja, ons het óók regte, nie net die ewig “benadeeldes” in hul blink Mercedesse en Jaguars nie – in die DA se multikulturele fantasie te laat verdwyn?

Terwyl Zille die ANC oor gierigheid en korrupsie kasty, is sy blykbaar die grootste dubbelsalarisverdiener van almal. Volgens Tony Ehrenreich van Cosatu in die Wes-Kaap, ontvang sy twee inkomstes: R1 mijoen as premier van daardie provinsie en ‘n allamintige R1,5 miljoen as baas van die DA.

Konserwatiewes in dié land sal hulself moet regmaak vir ‘n lang, harde stryd as ons nie ook op die ashoop van mislukte Afrikastate gaan beland nie. Die erosie van wet en orde geskied net so vinnig soos op plase wat van ons boere afgeneem en aan ANC-boeties oorhandig word – met die seën van die kranksinnig liberale DA.

Ons sal baie harder moet begin baklei, oor beginsels en vir die soort gedesentraliseerde, federale en realistiese stelsel wat dié land nodig het. Ons moet ‘n einde aan die skaduboks – of moet ek dit skadudans noem – tussen Zuma en sy vroulike alter ego, Zille, maak.

Die DA loop oor van selfvertroue dat hy die ANC se kiesers kan afvat. Dus het hy nie langer ons minderheidstemme nodig nie. Om nog ‘n persent of twee by die DA se 16 persent te voeg – heelwat minder as De Klerk se 24 persent opposisiestem in 1994 – gaan niks aan die toekoms van dié land verander nie.

‘n Verdubbeling of verdriedubbeling van die aantal Vryheidsfront Plus-raadslede sal egter ‘n “versetstem” of ‘n gevreesde “swaai na regs” beteken wat ‘n duidelike boodskap aan die ANC, asook wêreldleiers sal stuur dat ons genoeg van dié sirkus gehad het, ‘n sirkus wat deur die internasionale liberalisme met sy misplaaste geloof in “een soort demokrasie wat almal sal pas” op ons afgedwing is.

Ons moet vir werklike verandering stem, nie net om die spreekwoordelike dekstoele op die Titanic rond te skuif nie. Die Vryheidsfront Plus beskik oor die nodige intellektuele en vasbeslote aktiviste wat vir sulke verandering kan agiteer, om te verseker dat ons as minderheid nie langer vertrap en deur geweld en regstellende aksie uit ons land vedryf word nie.

Maar om so iets te laat gebeur, het ons baie meer stemme vir die VF+ nodig. Soms kry ek die indruk dat Zille en die res van die oud-Black-Sash-liberale in die DA met hul simpatie vir ANC-terroriste die blanke middelklaskiesers verafsku wie se stemme hulle as so vanselfsprekend beskou.

Hulle gaan ons stemme nie mis nie. Kom ons gee ons stemme aan Pieter Mulder en sy ywerige manne en vroue wat met ‘n honderdste van die ANC en DA se begrotings ‘n moedige stryd stry.

Ons moet vir ‘n verrassing in dié verkiesing sorg. Dis ons enigste hoop.

Al doen u niks anders ooit weer in u lewe nie, stem asseblief vir die Vryheidsfront Plus in hierdie verkiesing.

Versoek: versprei hierdie artikel so wyd as moontlik onder vriende, familie en kollegas. Plaas ook asb. die skakel op u Facebook of Twitter. Klik op “Bookmark”, onder onmiddellik regs vir bystand om dit met u Facebook- of Twitter-vriende, asook ander sosiale netwerke, te deel.

bananasЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.