Are you free or are you dom?

Deel op
Toe Skoppensboer ‘n maand gelede die Citizen-koerant optel en lees Zille sien rou riool deur die vloerplanke by eMpophomeni opstoot wat… die meubels verniel, het hy gedink dis ‘n grap. Nie die drinkwater besoedel nie, nie ‘n ernstige gesondheidsgevaar inhou nie, nie sleg ruik nie. Nee! Die meubels verniel! Want dit was ‘n berig wat op 1 April verskyn het, sien. Wat hom heeltemal oortuig het, was toe hy lees die dansende DA-dolla sê daarby dis nou hoogtyd dat Suid-Afrika terugkeer na die Freedom Charter.

Soos daai man in die advertensie ‘n tyd gelede aanhou vra het: Are you free or are you dom? Nee, kêrels, ek is defnitief dom. Dit was toe nooit ‘n Aprilgrap nie. Die DA is doodernstig. Daai kniege wat die swartse witvrou in Suid-Afrika – Max du Preez se vleiende beskrywing – so hoog lig, was toe al die tyd ‘n egte Afrika-riel.

Nou hoor ek al algar vra wat de joos is die Freedom Charter. Die Vryheidsmanifes?

Die Vryheidshandves, as jy nou wil hare kloof. Dit is die dokument wat in 1955 te Kliptown, Soweto, aanvaar is. Daar waar Zille haar verkiesingsveldtog simbolies dié jaar afgeskop het. Dié dokument bekragtig die nasionalisering van banke, myne en swaar industrie asook grondherverdeling. Die 156 mense wat die dokument onderteken het, is in 1956 vir hoogverraad aangekeer. Daaaai Freedom Charter. Die een wat die ANC amper al van vergeet het.

Die een se terroris is die ander se vryheidsvegter. Wie het nou ooit gedink kille Zille en al haar grille gaan vir ons vryheid veg? Nee, ek ook nie.

Die vryheid om te steel, in te palm, oor te neem, enige iemand te vermoor en alles wat staan, te vernietig. Die vryheid van die polisie om landsburgers af te maai, regeerders om nie ‘n enkele reël na te kom nie. En wat belowe Zille: Ons gaan deliver! Ek sien die ding. Sy het ‘n weermag van miljoene swartes wat sal seker maak hulle deliver ons vryheid op ‘n skinkbord.

Free is Skoppensboer beslis nie en nou is hy nog dom ook! Toe hy die Kliptown-sirkus sien, het die liggie eers vir hom opgegaan. En aangesien hy nou so stadig van begrip is, het hy ‘n hele leessessie stadig gaan onderneem om agter die kap van die byl te kom… oeps.

Verkeerde beeld. Die byle van misdadigers is reeds aan die kap om skoon te maak hier waar die Britte met hul volksmoord dit nie kon vermag nie. Ek bedoel, Skoppensboer het gaan oplees om te probeer verstaan of die Botoxnaalde deurgedring het tot binne in die brein om ‘n floute te kon veroorsaak het.

Nee, Janneman. Brille Zille was op Werkersdag by haar volle positiewe toe sy in Port Elizabeth – die standbeeld en die naam van die koloniale moordenaars staan nog – weer belowe het die FC gaan seëvier. (Sy het regtig ‘n nuwe bril nodig as sy nie die dik tannie met die bal se beeld raakgesien het om terstond te verwyder nie)

Karl Marx kon dit nie beter gestel het nie: “Die werkers se stryd is Suid-Afrika se stryd. Ons moet die nasie vergestalt soos in die Vryheidsmanifes vervat.” Aldus mevrou-die-Opposisie, Vat-hulle-vas, Wys-die-swartes-‘n-ding DA. Kort tevore op 15 April, het die Oos-Kaap se DA-leier Bobby Stevenson Zille verdedig omdat sy Mandela se visie soos vervat in die Vryheidsmanifes “omhels” het.

Omhels is die werkwoord. Selfs die DA-despoot het blykbaar ‘n behoefte aan ‘n bietjie aandag soos sy knaend al wat roer en nie roer nie, omhels. Dat sy nou ‘n stowwerige, uitgediende dokument gaan opdiep het van reg onder die omgevalle Berlynse muur om aan haar boesem – die een wat so uithang – te wil koester. Al dansende het die DA-doster nou haar fop gewys.

оборудование для диагностикитопкарго кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.