DA, ANC wil Afrikanergeskiedenis vernietig

Deel op

Die geheimsinnige verwydering van ‘n borsbeeld van dr H F Verwoerd voor die biblioteek van Meyerton deur die DA, gedurende die nag van 4 Mei 2011, laat ‘n wrang smaak.

Dit, veral gesien dat die borsbeeld reeds sedert 1970 daar staan en ook daar bly staan het toe die ANC die Midvaalraad van 1995 tot 2000 beheer het en ook die afgelope tyd daar bly staan het toe die DA beheer van die Midvaalraad geneem het.

Nooit gedurende hierdie tydperk, maar veral die afgelope 17 jaar wat die ANC regeer, was daar enige bohaai oor die borsbeeld gemaak nie. Die feit dat dit nou skielik kort voor die 2011 munisipale verkiesings soos ‘n warmpatat tussen die ANC en die DA hanteer word, bevestig maar net weer die kleinlike politieke opportunisme en skynheiligheid waarmee beide partye besig is ten einde ‘n paar stemme te werf.

Die ironie van beide partye se modus operandi’s is dat die pot die ketel nie eintlik kan verwyt nie en dat die hele aangeleentheid soos ‘n tweesnydende swaard op beide partye se stemwerwery kan inwerk. Dit geld veral die DA wat hom op die blanke, maar meer op die Afikanerstem in die gebied, toespits.

Iets wat beide partye uit die hantering van die aangeleentheid kan leer is dat die verwydering van ‘n borsbeeld/standbeeld soos dié van dr H F Verwoerd tydens ‘n vorige bedeling, nie sy aandeel in die verloop van die geskiedenis van ‘n land en volk kan verwyder of uitwis nie. Dit bly staan tot in die verre toekoms.

En dit geld nie net vir die geskiedenis van die Afrikanervolk nie, maar ook vir dié van die sg nuwe-SA-nasie!

детские игрушки одессатопкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.