Pasop vir kruipende onteiening

Deel op

In sy rubriek, Grond? Wat bedoel julle, vra Charl-Pierre Naudé interessante vrae in Beeld van die 26ste April. Ongelukkig maak hy dan aannames en stellings wat op morele of goedklinkende wensdenkery, gebrek aan insig asook absolute naïewiteit getuig.

Hy is reg met sy stelling dat die Malemahaatspraaksaak een van die belangrikste hofsake in ‘n lang tyd is, veral oor die randsake – wat nie sommer gaan weggaan nie. Een van daardie randsake is die kwessie van grondhervorming.

Hy het klaarblyklik nog nooit van kruipende onteiening gehoor nie, oftewel creeping disappropriation soos prof Hercules Booysen dit noem.

Grondhervorming geskied op baie maniere, maar dit wil voorkom dat dit in Suider-Afrika óf op die Mugabe manier of die Kubaanse of Oos Europese manier plaasvind. Onteiening wat bloot op ‘n rassegrondslag berus en in belang van een of ander groep is (die sg algemene belang) kan op ernstige internasionale regsimplikasies afstuur. Dit is niks anders as etniese suiwering nie en ‘n baie kru vorm van apartheid. Deur kruipende onteiening kan daardie regsimplikasies egter stilswyend omseil word. Dit is waarop Afrikaners bedag moet wees.

Kruipende onteiening berus op ‘n stel wette wat ten doel het om boere finansiëel te knak tot ‘n punt waar dit onekonomies word om langer te boer. Dan moet hulle noodgedwonge boedel oorgee. Hul plase word dan teen belaglike lae pryse opgekoop en volgens gewone regspraktyk aan nuwe eienaars toegeken.

‘n Tipiese program nuwe maatreëls word sodoende gebruik. Enkele daarvan is reeds herkenbaar in Suid-Afrika.

Eerstens word ‘n algemene vreespsigose geskep, sodat boerdery nie meer ‘n gesogte beroepsopsie word nie. Dit is in hierdie kategorie waarin die plaasmoorde, veediefstal en gebrek aan owerheidsbeskerming gesien moet word. Die hele beleidsraamwerk asook uitsprake van politici, dra alles daartoe by dat die boeregemeenskap moet afskaal. Malema se aandrang dat die boere niks te vrese sal hê as hulle hul grond vrywillig sou afstaan nie is alles deel van hierdie stelsel.

Boere se mineraalregte word sonder vergoeding onteien. Die implikasie is dat nuwe konsessiehouers vrye toegang vir ontginning en ontwikkeling van hul minerale verkry. Dan is ‘n boer nie meer baas op sy plaas nie.

Dan word die plaas se waterregte deur die staat beheer as synde ‘n ‘nasionale bate’ te wees. Boere betaal mettertyd dan vir die gebruik van hul eie grond- of damwater en mag selfs beperk word in die gebruik daarvan omdat dit in ‘openbare belang’ geag sal word.

Hierop volg grondbelasting, waarvoor geen dienste ontvang word nie, wat aan die plaaslike munisipaliteit betaal sal word.

Daarna word arbeid as tema gebruik om die lewe op plase prakties onhoudbaar te maak. So word minimum woongeriewe met lopende water en sanitasie mettertyd voorgeskryf, minimuim lone moet met lone in die stede vergelyk, mediese en opvoedingsgeriewe word voorgeskryf, ensovoorts.

Lisensies word ook op ‘n listige wyse aangewend. ‘n Jaarlikse lisensie om soveel beeste, skape volstruise, ens., te mag besit sal waarskynlik eersdaags van die staat beding en gekoop moet word. Daarna volg ‘n toesigbelasting om te sorg dat die boerderypraktyke volgens voorgeskrewe gesondheidsregulasies geskied. Jaarliks word die lisensies en belasting dan duurder, of word lisensies vir die geringste rede opgeskort.

Die finale nekslag kom wanneer die helfte van plase se eienaarskap deur ekwiteits – en BEE-wetgewing aan swart mede eienaars moet behoort, hetsy as trusts, BK’s of maatskappye. Malema het juis hierop gesinspeel dat ‘…the land should be shared equally…”

Bogenoemde maatreëls is die vrugbaarste moontlike teelaarde vir korrupsie of magsmisbruik deur gewetenlose amptenare, en is terselfdertyd doeltreffende manier om grond met die minimum bloedvergieting te herverdeel. As ‘n man sy grond vrywillig afstaan omdat dit onekonomies geword het om te boer, kan hy nie agterna in ‘n internasionale hof gaan kla dat die uitvoerprodukte vanaf sy eertydse plaas in werklikheid nog sy eiendom is nie. Op die Mugabe manier kon hy nog vir ‘n hofbevel aangevra het om beslag op die produkte te lê as dit by ‘n hawe aankom.

Honderde Suid-Afrikaanse boere het die tekens reeds gelees en boer tans baie voordelig in lande soos Zambië, Mosambiek, Malawi, ens. Daar word hulle as beleggers beskou en nie as die regmatige prooi van die struggle nie.

Ken jou vyand. As mens weet van hierdie goed, dan moet elke nuwe maatreël, hoe onskuldig of polities welmenend ookal, sonder uitsondering met hart en tand beveg word. Die hele stelsel is absoluut deursigtig en almal moet bedag wees op die kruipende onteiening wat reeds besig is om te gebeur.

mobile casinoданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.