Terwyl daar reeds meer as 3000 boere deur swart moordbendes vermoor is, ondersteun die ANC Julius Malema in die saak wat Afriforum en TLU SA teen die ANC-jeugleier in die Gelykheidshof voer. In weerwil van die hofsaak wat in sitting is, sing beide Malema en Shivambu (ook lid van die jeugliga se bestuur) die gewraakte anti-Afrikanermoordliedere buite die hof. Die regering ondersteun hierdie liedere as hul kultuurbesit. Dus, die regering ondersteun liedere wat die massas tot volksmoord teen Afrikaners oproep.
Natuurlik word dit alles as onskuldige kultuurbedrywigheid afgemaak en word Afriforum, en dus by implikasie die Afrikaner, as die skurke uitgemaak. Ons is die “onderdrukkers” wat “swart kultuurgoedere” wil ondermyn. Howel ANC-regeringslede klaarblyklik nie self die moordliedere sing nie ondersteun hulle Malema in sy opsweping van die massas. Blanke kommentators beweer dat dit juis Malema se gewildheid is wat maak dat die ANC hom nie teengaan nie, maar ek glo dit behels meer. Immers ondersteun hulle sy hofsaak. Laat ons nou maar aanvaar dat dieselfde volksmoordbegeerte onder die senior ANC-leierskap heers.
Jare gelede, kort na Suid-Afrika deur die ANC oorgeneem is, het ‘n familielid van ‘n welbekende ANC-lid aan my gese: “My brother-in-law says that the only volkstaat Afrikaners will ever get is a volkstaat of graves.” My swart kennis se swaer was op daardie stadium ‘n lid van die sg “National Council of Provinces” en sou daarna nog verder in die openbare diens vorder. Mens sou kon se dat dit maar een vooraanstaande senior ANC-lid se persoonlike begeerte vir blanke volksmoord is. Tog, gegewe die huidige gebeurde en die ANC se ondersteuning daarvan, is dit duidelik dat hierdie sinistere begeerte die oorhand in die organisasie het.
Die vraag is: wat doen ons aan die situasie? Is blote hofsake genoeg? Selfs al wen Afriforum en TLU SA die saak, sal dit ons enigsins beveilig teen die ANC se moordlus? Dit lyk nie of Afrikaners ‘n sinvolle beweging ter wille van hul oorlewing op die been kan bring nie. Volgende maand is die VVK-verkiesing. Dis veronderstel om die beweging te wees wat hom sal beywer vir ons eie staat vry van die ANC-skrikbewind. Tog, hoeveel Afrikaners weet hiervan? Wie is die kandidate in hierdie verkiesing? Waarvoor staan hulle? Waar bevorder hulle hierdie saak? Intussen word ons mense in dorpe, stede en veral op die platteland uitgemoor. Die vrye volkstaat bly ‘n hersenskim, maar die burgery van die “volkstaat van grafte” neem vinnig toe.