Vye, droë vye

Deel op
Daar oorkant die draad waar die gras altyd nie-rassig is, is die Persnasse nou besig om die die vye wat hulle verkoop erg ryp te druk.

Ai, “chaos” het glo by die parlement uitgebreek, lui een opskrif. Dis nou nadat doodgewone reëls nagekom is oor hoe lede hulleself moet gedra en die DA-LP Maynier sukkel daarmee. En wapens aan Libië, sies nee! Amerika en veral Brittanje moes al die wapens aan hulle vriend, die kolonel, verkoop het. Dan sou die DA met ‘n rein gewete kon gaan slaap.

As ‘n mens dié twakkies rook, lees jy gelukkig nie wat in die wêreld aangaan nie, behalwe dat die swartes hulleself nou al weer wangedra in die parlement. Dat die Groot Indoena, hoofswarte en tsjief van die heelal homself soos ‘n mamparra gedra, is nie leesstof wat daardie geduldige Naspapier gaan oplewer nie.

Terwyl hulle nuus druk uit droeë Dewani-vye, eis die wêreld dat tsjief Obama sy vredesprys teruggee. Met regte Franse flair, het sy beste koalisievriend Sarko hom te hulp gesnel om ‘n VN-mandaat na te kom met die woorde: “Dis nie oorlog nie”. OK, goed. Afgehandel. Ses Libiese burgerlikes wat onder Amerikaanse vuur moes deurloop, het ook so gedink.

En die spioene hou Godzille dop. Hulle moet dol op dooie verveling wees, die arme goed. Om van een skoonheidskuur na die ander te jaag. Daardie gesiggie op die lamppale wat mense aanmoedig om te registreer vir die DA, is seker nou al 15 jaar oud, geskat. Amper so oud soos die swanger kinders wat agv statutêre verkragting ‘n toelaag van die staat kan kry om te presteer in die demografiese oorlog wat hier woed.

Nee, reg geraai. Ons gaan nie lees hoe die DA daarteen gaan veg nie. Hulle veg vir die einde van Suid-Afrika se wapennywerheid, privaatheid tydens skoonheidsbehandelings en opheffing van parlementêre reëls. Het jy nie geweet nie? En meer nog, is jy nie bly nie?

Dis nog altyd lekker in Suid-Afrika, want as die Valke jou soek, dan het jy baie tyd om plan te maak. Hulle sal eerste die buurman se huis takel om jou genoeg van ‘n voorsprong te gee as jy vlug. En dan kla die mense oor die Valke!

платье для девочки 1 годФильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.