Nuwe Grand Cherokee is baie meer Grand

Jeep Grand Cherokee
Deel op

Jeep Grand CherokeeJeep Suid-Afrika het ‘n groot waarskuwing gerig aan al die vernaamste spelers in die groot sportnutsvoertuigmark. As julle nie weet waar presies dit is nie, wel dit is nou in alfabetiese volgorde: die Audi Q7, BMW X5, Land Rover Discovery,Mercedes ML, Mitsubishi Pajero, Toyota Prado, VW Touareg en Volvo XC90. Nogal ‘n mond vol swaargewigte wat Jeep hier aanvat. Die splinternuwe Jeep Grand Cherokee is nie net groter, breër en hoër nie,maar nog luukser en heelwat meer vaardig in die veld.

Jeep van agterNuwe tegnologie wat ingespan word, is dinge soos ‘n geslotelugveringstelsel (Quadra Lift) wat die voertuig vanaf ‘n normale ryhoogte van 205mm tot by ‘n baie hoë 270mm kan laat oplig. Daar is ook nou soos in die Discovery en Prado ‘n stelsel wat maklik met die draai van ‘n knoppie die onderstel en aandrywing aanpas by die omliggende gebied. Jeep noem dit die Selec Terain-stelsel. Die stelsel bied vyf verstellings naamlik “Park Mode” waar die voertuig 40mm laer as die ryhoogte is om maklike toegang tot die voertuig te verseker, asook “Aero Mode” wat 15 mm laer as die 205mm “Normal Ride Height”-hoogte is. Die “Off Road I” is 33 mm hoër as die normale ryhoogte en die “Off Road II” is ‘n volle 65mm hoër as ryhoogte. Die knop wat jy draai om die verstelling te maak is maklik gemerk met “Sport”, “Snow”, “Auto”, “Sand/Mud” en “Rock”. Elkeen van die verstellings sal die voertuig aanpas namate die oppervlakte en gebied waar die voertuig beweeg; die bestuurder moet net kyk hoe lyk die pad en die knop draai tot waar hy dink dit sal werk.

Daar is ook elektroniese stabaliteitsbeheer wat sorg dat die Jeep altyd stabiel is en dan ook die ryhoogte aanpas by die omstandighede en spoed waarteen die voertuig ry. Die stelsel sluit ook goed in soos sleepwaswaaibeheer en hulp wanneer daar teen ‘n helling weggetrek moet word en die padoppervlakte glad is. Dit alles is stelsels onder die vel van die nuwe Jeep Grand Cherokee.

Die binneruim bevat veranderings wat ook met ‘n handomkeer van die vorige model verskil. Die tipiese Amerikaanse stilering met lelike plastiek en harde oppervlaktes het plek gemaak vir regte hout en leerafwerking. Luukses soos ‘n 30 Gg-hardeskyf met ‘n 9-luidsprekerradio en raakskerm vir die navigasiestelsel is nou standaard. Inteendeel, daar is niks wat nie standaard is nie. Jy sal nie nodig hê om enige opsionele toerusting te bestel nie, in teenstelling met sommige ander vervaardigers.

Jeep Grand Cherokee sy-aansigDaar is twee afwerkings beskikbaar, die Limited en die Overland. Die Overland is die luukser model met geventileerde sitplekke wat nie bekikbaar is in die Limited nie. Daar is ook twee enjins bekikbaar in die Grand Chrokee-reeks. Die eerste is die 3,6 liter V6-petrol wat 210 Kw en 347 Nm se wringkrag ontwikkel. Hierdie syfers is 38% hoer as in die vorige model. Met meer krag sou ‘n mens dink die Jeep sou minder ekonomies wees, maar Jeep sê daar is ‘n 10%-verbetering in brandstofverbruik. Die ander enjin in die reeks is die 5,7 liter V8-petroleenheid. Die enjin ontwikkel 259 Kw en 520 Nm wringkrag. Jeep reken die voertuig sal gemaklik 3500 kg kan sleep. Die ongelooflike tegnologie wat hier ingespan word noem Jeep “MDS” (Multi Displacement System). Hierdie stelsel verander die monster-V8 in ‘n heel skaflike 4-silinder wat suinig met die voggies werk wanneer daar getoer word. Wanneer jy die krag nodig het, trap jy eenvoudig net die vesneller en al 8 silinders skop behoorlik in om die situasie aan te spreek.

Die nuwe Grand Cherokee het ook sleutellose toegang en net ‘n knop wat gedruk kan word om die enjin aan te skakel, dit is nou te sê as jy die sleutel in jou broeksak het. Veiligheid is ook nou aangespreek en die nuwe Grand spog met SMARTBEAM-hoofligte wat self na die dompverstelling skakel indien daar verkeer van voor kom en jou ligte hulle moontlik kan veblind. Die hoofligte verstel ook outomaties om by die ryhoogte van die voertuig aan te pas. Daar is vyf sitplekke in die Jeep met die agterste drie wat gelyk plat kan vou om die laairuim nog ruimer te maak.

Die nuwe Jeep Grand Cherokee is beslis baie goeie waarde vir geld, veral as ‘n mens in ag neem dat niks opsioneel is nie en dat jy baie meer moet uithaal vir enige van die ander voertuie in die klas. Dan het jy ook nog nie al die toerusting wat die Jeep bied nie. Pryse wissel vanaf R531 990 vir die intree-V6 Limited tot R637 990 vir die grootboet-Hemi 5,7 V8 Overland.

оформить справкуФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.