ANC of ANP?

Deel op
Een van die grootste mistastings wat naïewe liberale bly koester, al is dit met toenemende desperasie, is dat Suid-Afrika ‘n normale, funksionerende demokrasie is. Soos nugterdenkendes egter almal al teen dié tyd weet, is dit eenvoudig nie waar nie.

In ‘n normale demokrasie sou Homo Economicus, die mitiese wese wat in rasionele ekonomiese eiebelang optree, lankal die verband tussen swak dienslewering wat hom direk raak, en sy mag by die stembus geëien het, en die ANC sou lankal nie meer die land gekontamineer het met sy destruktiewe teenwoordigheid in die parlement of in stadsrade nie. Hy sou lank reeds verslaan gewees het deur ‘n party wat wel die kapasiteit het om effektief te regeer.

Helaas is hierdie Afrika en dinge werk nie so hier nie. Nog ‘n gunstelingmite waaraan naïewe liberale bly vaskleef, is sogenaamde nie-rassigheid. Ek moet bieg dat ek tot vandag toe op dees aarde geen benul het wat nie-rassigheid binne die huidige Suid-Afrikaanse konteks sou beteken nie. Hoe kan daar ooit in der ewigheid enige sprake van sogenaamde nie-rassigheid wees, as die ANC-regime se ganse ideologie van rassistiese transformasie eksplisiet op die grondslag van rassisme teen blankes en ander nie-Afrikane gebou word? Ten spyte van die belaglike drogredenasie van sogenaamde nie-rassigheid, stem swart kiesers dus bykans eendragtig vir die ANC in die sinnelose rasse-sensusse wat Suid-Afrika se verkiesings telkens verteenwoordig.

Bostaande is egter ou nuus en ons sit al vir sewentien jaar in hierdie situasie. Die groot vraag is: Waarom tree Homo Economicus Africanus nie in rasionele eiebelang op nie? Waarom hou hy aan stem vir ‘n party wie se fundamentele onbekwaamheid hom as swart kieser persoonlik bly benadeel? My teorie hieroor is as volg: Die ANC is nie ‘n politieke party nie. Laasgenoemde is ook nie nuus nie, want baie kommentators meen dat die ANC homself steeds as ‘n bevrydingsbeweging sien. Hierdie siening, meen ek, is ook nie akkuraat nie.

Die ANC is nie hetsy ‘n politieke party, hetsy ‘n bevrydingsbeweging nie. Hy is veel eerder ‘n reusagtige hibriede tussen ‘n personeelagentskap en ‘n werkgewer vir Afrikane – Kelly for Africans, as’t ware. Gewone personeelagentskappe en werkgewers verwag egter bekwaamheid, eerlikheid, kwalifikasies en ervaring van hul kandidate. Die ANC verwag slegs twee dinge: ‘n Swart vel, en blinde lojaliteit aan die ANC. Beskik jy oor beide, kan jy miskien geholpe raak met ‘n lekker joppie in die parlement of in ‘n stadsraad.

Verstaan jy dat die ANC nié die African National Congress is nie, maar eerder die Afrikaan-Nasionalistiese Personeelagentskap (ANP ipv ANC), word baie dinge in die land en binne die ANP eensklaps vir jou duidelik.

· Die klaarblyklike gebrek aan enige saambindende beleid of ideologie (buiten vir rassistiese transformasie met die doel om ander rasse uit te hou) word verklaar deur die feit dat lede van die ANP bloot daar is om ‘n werk iewers los te slaan, en onder mekaar vir poste wedywer. As jy as “African African” nie op ‘n gelyke voet vir ‘n pos op die gewone wyse kan meeding nie, is die ANP jou aangewese agentskap en werkgewer.

· Jimmy Manyi, die voorste lofsanger vir rassistiese suiwering van blankes uit hul poste, is aangestel as woordvoerder omdat hy ‘n verpersoonliking is van dít wat die ANP in wese is, naamlik ‘n reuse personeelagentskap wat ook werk kan uitdeel. Die omstrede nuwe arbeidswetgewing, wat ten doel het om almal behalwe swart ANP-kaders werkloos te laat, is immers Manyi se breinkind en is bloot ‘n logiese uitvloeisel van werkskepping vir kaders.

· Daardie swart klipgooiers en oproermakers in die townships is bloot faksies wat onder mekaar wedywer vir ‘n kans op ‘n ANP-benoeming as kandidaat en derhalwe ‘n pos iewers. Om ‘n klip te gooi of ‘n biblioteek af te brand, is vir hulle dieselfde as werksoekers wat onder mekaar mbv hul CV’s wedywer vir ‘n pos. Omdat die ANP die mag het, het hy ook die mag om werk uit te deel, en sal hulle dus vir die ANP bly stem. Nie omdat hulle dink die ANP kan dienste lewer nie, maar omdat hulle hoop hulle kan ook eendag dmv ANP-lidmaatskap ‘n werk losslaan.

Laastens kan mens dan ook begryp waarom die ANP hom agter Jimmy Manyi geskaar het, en sy liegery oor sogenaamde nie-rassigheid dus finaal nekomgedraai het. Die ANP besef baie goed dat sy gebrek aan vaardighede, indien nie intelligensie nie, werkskeppery op die normale wyse bykans onmoontlik maak, omdat die ANP se onbevoegdheid en baantjies-vir-boeties die ekonomie stelselmatig vernietig. Die enigste oorblywende manier vir die ANP om nog poste vir sy volgelinge te skep, is om ook kleurlinge te teiken, en ook, nes hy al vir 17 jaar lank met blankes maak, kleurlinge etnies uit hul werksplekke te reinig.

yeella.comлобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.