Gedwonge integrasie bevorder segregasie

Deel op
Prof Adam Habib maak in Beeld (2011-03-09) die bekentenis dat wit- en Afrikanerstudente toenemend hulle rug draai op die “kosmopolitiese en rasgeïntegreerde” Universiteit van Johannesburg, na ras-eksklusiewe universiteite.

In sy verdere artikel gee Habib eintlik self die redes:

* Nog net sekere kursusse aan die UJ word nog in Afrikaans aangebied.
* Afrikaanssprekende studente beweeg na “n makliker omgewing”.

Die makliker omgewing is natuurlik ‘n eie Westerse kultuur- en beskawingsomgewing.

Volgens Habib vra SA van ons om buite die grense van Afrikanerskap te beweeg. Neem in ag dat die UJ, die vroeëre RAU, met bitter skaars fondse deur Afrikaners neffens WITS opgerig is, om ‘n Afrikaanse akademiese kultuuromgewing te skep. Afrikaners wat wel buite die eie kultuurgrense wou oorbeweeg, kon dus rustig WITS toe gaan, soos baie inderdaad gedoen het.

Dit sou tog ‘n daad van patriotisme gewees het as nie-Afrikaanse studente op groot skaal buite hulle eie kultuurgrense beweeg het om by ‘n suiwer Afrikaanse universiteit te studeer en by die destydse etos en kultuur van RAU in te val. As hulle so gedoen het, sou hulle ‘n beter begrip van die Afrikaner kon ontwikkel.

Waarom moet dit nou juis weer net Afrikaners wees wat buite hulle grense moet beweeg? Wat by RAU gebeur het is eenvoudig: Afrikaners is van ‘n tersiêre instelling beroof, ja dis gesteel, en sistematies verengels en verafrikaniseer. Daar is nie rekening gehou met die feit dat gedwonge afrikanisering tot afskeiding aanleiding gee nie. Inmiddels waarborg die grondwet [art 31(1)(b)] dat persone wat aan ‘n kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort, nie die reg ontsê mag word om saam met ander lede van daardie gemeenskap kultuur-, godsdiens- en taalorgane van die burgerlike te vorm, in stand te hou en daarby aan ter sluit nie.

Volgens Habib was hulle (“ons”) mandaat om presies die teenoorgestelde aan die RAU te doen as wat die grondwet blykbaar sinloos bepaal. Wie is die “ons”? Is dit die ANC?

casino sites noФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.