Regses, Duitsers en gays

Deel op

Skoppensboer verneem dat daar amper ewe veel faksies in die DA bestaan as in die ANC. Veral in Johannesburg vind raadslede dit etenstye moeilik om ‘n sitplek aan die etenstafel te vind.

Gister by die Johannesburgse raadsvergadering sê een DA-raadslid op Engels, blykbaar van Joodse afkoms: “Ek kan nie daar gaan sit nie, want dis die spul regses in ons party. En daar oorkant sit die Duitsers.”

“Maar hoekom gaan sit u nie daar in die hoek nie?”

“Oe nee, dis die gays!”

Kennelik is dit maar moeilik om ‘n lid van die grootste opposisieparty te wees.

Ook by gister se Johannesburgse raadsvergadering is twee raadslede summier geskors, een van die ANC en een van die DA. Blykbaar heet die DA-lid mnr. John Forbes, raadslid vir wyk 99 wat in die Linden-omgewing val.

Sodra Skoppensboer meer inligting het, sal dit hier uitgelap word.

***

Het u dalk ‘n sappige skinderstorie? Stuur aan skoppensboer@praag.co.za.

 

 

жилет девочке 3 годаФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.