Is Xhosas kolonialiste van ‘n spesiale tipe?

Deel op

Ek het voorheen al kommentaar gelewer oor Mbeki se tipering van Afrikaners as ‘n "uitlanderheersersklas wat nie vertrek het nie". Hierdie ongelooflik arrogante, kwetsende en eintlik oorlogsugtige verklaring het hy in 2000 tydens die Oliver Tambo-gedenklesing geuiter. Die volledige aanhaling lui soos volg:

"In ons situasie, as gevolg van die kolonialisme van ‘n spesiale tipe, het die oorwinning van die nasionale bevrydingstryd nie gelei tot die vertrek van die uitlanderheersersklas nie."

Deel op

Oorspronklik het ek dit aan die ANC se "nostalgie vir revolusie" toegeskryf. Maar toenemend kom dit voor asof die ANC se rasse-ideologie hom daartoe verlei om alle nie-swart wesens in die land as ongewenste setlaars te sien.

Lede van die swart elite het al male sonder tal aan my tydens debatte of radio-onderhoude gesê dat ek "terug Europa toe behoort te gaan". Blykbaar het Tim du Plessis, die redakteur van Rapport, nou dieselfde behandeling van ‘n ANC-ondersteuner op ‘n radioprogram te beurt geval.

Vandaar dus Du Plessis se reaksie (al kom dit ses jaar later) op Mbeki se gewraakte uitspraak teen Afrikaners in sy mees onlangse rubriek. Hierop het Mbeki se mediawoordvoerder,Mukoni Ratshitanga, teruggekap en met tipiese Afrikalogika verklaar dat die tipering "kolonialiste van ‘n spesiale tipe" nie teen blanke Afrikaners gerig was nie, slegs teen "wit minderheidsregering". Hier is dus fyn nuases ter sprake.

Maar, sê Ratshitanga, die politieke begrip "kolonialisme van ‘n spesiale tipe" wat so vryelik deur die ANC en SAKP gebruik is, beskik oor ‘n trotse intellektuele geskiedenis wat na Lenin en Gramsci terug te voer is. Rapport roem hom deesdae daarop dat hy ‘n linkse koerant is, maar of Du Plessis intussen tot die Leninisme bekeer is, is te betwyfel.

Hierdie woordewisseling – as dit die korrekte term is – tussen Du Plessis en Ratshitanga dui op die toenemende verwydering wat daar besig is om tussen die Afrikaners en die Xhosa-elite wat die land regeer, in te tree.

Trouens, ‘n mens sou ewe maklik die beskuldiging van kolonialisme in Mbeki se gesig kon teruggooi. Want is die Xhosas nie ook "kolonialiste van ‘n spesiale tipe" nie? Eers het hulle die Khoisan uit die Oos-Kaap verdryf en nou koloniseer hulle hul nasate tesame met die Afrikaners in die Wes-Kaap.

Trouens, in dieselfde uitgawe word daar berig oor ‘n Afrikaanse prokureur wat ‘n amptelike hofdokument van die staat in Xhosa ontvang het. Die boodskap is duidelik: Suid-Afrika is nou Xhosaland en ons sal voortaan ook op Xhosa regeer word.

Dat die Xhosas nie ‘n besondere groot sukses van hul eie gebied gemaak het nie, is min of meer algemene kennis. Tewens, selfs Trevor Manuel het al opgemerk dat die Oos-Kaap die provinsie is wat die swakste in die land bestuur word. Anton Barnard het al die uitspraak gemaak dat die Xhosas die enigste volk op aarde is wat wil ontkom aan regering deur hul eie mense, want die Oos-Kaap toon die sterkste uitwaartse emigrasie van alle provinsies in die land.

Nie net het die Xhosas Suid-Afrika oorgeneem om die res van ons wat die land deur harde werk opgebou het as "setlaars" of "kolonialiste" te tipeer nie, maar hulle beplan kennelik om binnekort die hele Afrika te regeer. Waar Cecil John Rhodes opgehou het, het Thabo Mbeki begin. Binnekort gaan die Ivoriane of Keniane ook hofdokumente in Xhosa ontvang.

Die Britte het Afrika gekoloniseer in khaki-safaripakke en sonhelms. As ek so na Tony Yengeni kyk wat in die tronk vakansie hou, dan verpersoonlik hy Xhosa-koloniale styl. Met baie donker sonbrille, bont hemde en viertrek-Mercedesse gaan Kameraad Thabo en sy vriende nog die kontinent verower en verxhosa.

Janee, die spesiale kolonialiste uit die Oos-Kaap hou van vele dinge en mense (soos Afrikaners) nie, maar is wel versot op Duitse motors.

{mos_mb_discuss:13}

лосины для девочки с описаниемданильченко юрій Харків

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.